Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys draai sy maanhare in watte toe
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Swys draai sy maanhare in watte toe

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39123
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys draai sy maanhare in watte toe
    Posted: 29-Jan-2019 at 6:59pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-draai-sy-maanhare-in-watte-toe-20190129

Swys de Bruin gee toe dat die Leeus die Superreeks “koud” aanpak, met die span se topspelers wat nie veel meer as ’n helfte se rugby sou gespeel het wanneer die kompetisie volgende maand afskop nie.

Maar, eerder dít as te veel rugby in ’n reeks wat eers in Julie ten einde loop.

De Bruin is van plan om Sondag in Kaapstad sy sterkste beginspan te kies vir die superheld-losmaker teen die Haaie.

Dit is die Leeus se laaste kans om verstellings te maak voordat hulle hul veldtog op 16 Februarie in Buenos Aires teen die Jaguares begin.

Die kans is skraal dat die span se topspelers Sondag veel meer as ’n helfte sal speel.

“Ja, ’n ou sou seker vir al die spelers in ons groep meer tyd op die veld wou gee voordat die kompetisie begin, maar ons is terselfdertyd versigtig vir te veel rugby.

“Dit is ’n lang kompetisie en onthou daar is nie vanjaar ’n maand se onderbreking (vir die Junie-toetse) nie.”

De Bruin sê hy “hoop en bid” dat die Leeus nie te veel deur beserings ontwrig sal word nie.

“Ons het verlede seisoen hier teen die vierde ronde reeds spelers soos Malcolm Marx, Warren Whiteley, Marvin Orie, Andries Coetzee en Ross Cronjé verloor.

“Die meeste van die spelers het die Junie-tydperk gebruik om vir oulaas van hul beserings te herstel en was beskikbaar toe die kompetisie in Julie hervat is.

“Al die spanne sal hul beplanning moet aanpas en die spelers baie versigtig bestuur.”

Hy hoop sy span sal Sondag teen die Haaie “met groot intensiteit en onder druk” getoets word.

“Ons sal daarop uit wees om die bal lekker rond te gooi. “Daar sal beslis nie vanjaar afgewyk word van die Leeus-resep nie.”

De Bruin sê vyf van die jong manne wat Saterdag in Pretoria teen die Bulle gespeel het, sal in die groep van 26 spelers ingesluit word vir die tog Kaap toe.

“Ons sal vanjaar op die jong ouens staatmaak. Die uitdaging is om in die agttal die leemtes van Franco Mostert, Jaco Kriel, Ruan Ackermann, Jacques van Rooyen en Ruan Dreyer te vul.

“Ek hou baie van sulke uitdagings en ek het regtig vertroue in die talent wat by die Leeus op die voorgrond tree.”

Whiteley het intussen van sy kuitbesering herstel en sal in die Kaapstad-stadion voor draf in die Leeus se Spider-Man-trui.

Volgens De Bruin is dit uit ’n nasionale oogpunt belangrik dat een of twee Suid-Afrikaanse franchises vanjaar onder die voorste ses spanne in die reeks eindig.

“Ons het dit nodig as ’n grondslag vir die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar. Glo my, dit sal Rassie (Erasmus, die Bok-afrigter) se taak baie makliker maak.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.105 seconds.