The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Kings se huursoldaat terug na Haaie |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40235 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 04-Dec-2019 at 8:50am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-se-huursoldaat-terug-na-haaie-20191203
Net nadat die Southern Kings een van hul beste skrumvertonings sover hierdie seisoen gelewer het, moet hulle een van hul ankers groet. Die loskopstut Juan Schoeman was Saterdag ’n uitblinker met sy skrumwerk teen Connacht in die Kings se Pro14-wedstryd in Galway, Ierland. Ofskoon die Kings die kragmeting met 12-24 verloor het, was die Oos-Kapenaars se agttal indrukwekkend met ’n fisieke vertoning. Die span sal voortaan egter sonder Schoeman wees, want die 28-jarige voorryman keer terug na die Haaie om aan die KwaZulu-Natallers se voorseisoense oefeninge deel te neem. Die Haaie het Schoeman vir ’n paar weke aan die Kings geleen omdat die Oos-Kapenaars soveel beseerde stutte het. Een van die beseerdes, Ig Prinsloo, behoort reg te wees vir die span se volgende wedstryd. Die Kings het nou ’n blaaskans en speel op 4 Januarie teen Edinburgh in Skotland. Dis onseker of ander voorrymanne soos Schalk Ferreira, Alulutho Tshakweni, Rossouw de Klerk, Lupumlo Mguca en Cameron Dawson reg sal wees om dan te speel. In hierdie stadium probeer die Kings nog ’n voorryman iewers leen. Dit sal nie ’n verrassing wees as dit Nic Oosthuizen van Griekwas is nie. Hy het die Kings verlede seisoen uitgehelp toe die beseringspook ook onder die Oos-Kapenaars se voorrymanne gemaai het. Dit klink intussen of die veteraan DeJay Terblanche, wat die Kings by die Pumas leen, nog vir die stryd teen Edinburgh gekies kan word. Terblanche kan los- of vaskopstut speel, wat hom ’n bate maak. Die ander stutte in die Kings se kamp is Pieter Scholtz en Xandré Vos. Ná die wedstryd op 4 Januarie teen Edinburgh het die Kings weer ’n blaaskans tot 25 Januarie, wanneer hulle in ’n tuisderby teen die Cheetahs te staan kom. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |