The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Van Zyl soek steeds Bul- én Bok-glorie |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40235 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 03-Dec-2019 at 8:04am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/van-zyl-soek-steeds-bul-en-bok-glorie-20191202
Die Blou Bulle het in 2019 die beste van Suid-Afrika se Superrugby-spanne gevaar, maar nou is die uitdaging om daarop voort te bou ná ’n yslike uittog by die Pretoria-franchise. So het die skrumskakel Ivan van Zyl onlangs by die bekendstelling van volgende jaar se Superreeks gesê. Die Bulle het vanjaar die kwarteindronde van die reeks gehaal, voordat die Hurricanes hulle met 35-28 in Wellington omgedop het. Dié span bevind hom egter opnuut in ’n herboufase nadat sterre soos Handré Pollard (Montpellier), Duane Vermeulen (Kubota Spears), Jesse Kriel (Canon Eagles), Lood de Jager (Sale Sharks), RG Snyman (Honda Heat), Jason Jenkins (Canon Eagles), Hanro Liebenberg (Leicester Tigers), Eli Snyman (Treviso) en Schalk Brits (uitgetree) almal Pretoria verlaat het. “Ons het baie ouens verloor, maar ons het steeds in van die kernposisies sterk spelers beskikbaar, wat uiteindelik die belangrikste is,” meen Van Zyl. “Ons het vir Morné (Steyn) en Josh (Strauss) wat weer by die span aansluit en dan in Warrick (Galant) ’n Wêreldbeker-wenner. Spelers soos Duane (Vermeulen) is natuurlik onvervangbaar. Hulle is daai eens-in-’n-leeftyd-tipe spelers.” Volgens Van Zyl is die Bulle al lank op die oefenveld aan die sweet vir volgende seisoen. “Ons is reeds in ons agtste week van voorseisoense voorbereiding en ek is baie opgewonde oor wat ons jong agterlyn kan doen. “Spelers soos Marnus Potgieter wat op buitesenter inkom is baie talentvol. Dis maklik om te stres oor ’n jong groep, maar almal wat die Wêreldbeker gewen het, was self eens op ’n tyd spelers wat hul buiging moes maak.” Vir dié oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria is die afrigtingspan, met Pote Human as hoofafrigter, wat behoue gebly het ’n groot pluspunt. “Ons het drie jaar in ’n ry drie verskillende afrigters gehad en dis lekker om die eerste keer in ’n lang tyd ’n mate van bestendigheid te hê. Dit skep bietjie rustigheid.” Van Zyl het sy Springbok-buiging in 2018 gemaak teen Wallis in Washington en daarna nog vyf keer in die Groen-en-goud uitgedraf. Ofskoon hy en sy Blou Bul-spanmaat Embrose Papier gereeld vir Rassie Erasmus se span uitgedraf het verlede jaar, was nie een van hulle vanjaar in die Springbok-breier se planne vir die Rugbykampioenskap of Wêreldbeker-rugbytoernooi nie. Herschel Jantjies het sy neus voor hulle gekry, terwyl Faf de Klerk en Cobus Reinach die ander nr. 9’s in die groep was. En selfs al het die span van Loftus Versfeld vanjaar bevredigend op Superrugby-vlak presteer met agt uit 16 oorwinnings, was Van Zyl en Papier se peil deurlopend ’n besprekingspunt. Human se besluit om deurlopend te torring aan wie die oond moet skoonmaak, het nie gehelp nie. Van Zyl en Papier het albei ses keer die regmerkie gekry in die beginspan, terwyl André Warner ook nader aan die einde van die reeks vyf keer ingespan is. Nie een van hulle het meer as drie agtereenvolgende wedstryde begin nie. Van Zyl weet egter dat hy skouer aan die wiel sal moet sit. “Dis definitief ’n doelwit om nog deel van ’n seëvierende Wêreldbeker-span te wees. Dis nooit lekker om nie deel van so iets te wees nie, veral as ’n mens reeds jou eerste proesel van toetsrugby gehad het,” sê hy. “Vir my is dit ’n kwessie van eenvoudig so hard werk as wat ek kan. Ek wil vanjaar weer die peil lewer wat my in die Springbok-prentjie sal plaas. “Ek weet hoe groot en spesiaal dit is om by die Bokke te wees en ek weet ook hoe maklik dit van jou af weggevat kan word. Daarom werp ek tans alles in die stryd.” Die Bulle skop hul Superrugby-veldtog op 31 Januarie teen die Haaie in Durban af. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |