The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Haaie nie bekommerd oor ‘onbekende’ Sunwolves |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Feb-2019 at 8:49am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/haaie-nie-bekommerd-oor-onbekende-sunwolves-20190211
Die Haaie boks so half in die donker wat hul voorbereiding vir hul eerste Superrugby-wedstryd Saterdag teen die Sunwolves in Singapoer betref. Want van dié Japanse span weet die Durbaniete vanjaar maar bra min, erken die skrumskakel en kaptein, Louis Schreuder. “Ons weet niks van die Sunwolves af nie, want hulle het nie regtig opwarmwedstryde gespeel nie,” het Schreuder Maandag in Durban gesê. “Ons weet nie wie in hul span gaan wees nie, maar ons sien uit om teen hulle in Singapoer te gaan speel. “Ek ken baie van die internasionale spelers wat vir hulle speel en hulle sal ’n sterk span kan kies.” Gelukkig het die span ’n bedekte seën ontvang, wat so effens sal help wanneer hulle in die onbekende aanland. Vir beter voorbereiding as hul opwarmwedstryd in versengende humiditeit teen die Bulle die naweek in Ballito, kon die Haaie beswaarlik vra voordat hulle na ’n warm Singapoer reis. Dié wedstryd het met 7-7 gelykop geëindig en Schreuder erken die span wou graag meer drieë druk. Ons het nie ons hoogste rat bereik in die opwarmwedstryde nie, maar dit is nie waar jy op jou beste wil wees nie. “Ons wou graag meer drieë in die opwarmwedstryde gedruk het, maar ons het stewige vertonings teen twee sterk spanne (die Bulle en Leeus) gelewer,” sê hy. “Ons skep baie geleenthede, maar ons rond nie af nie. Ons haal die positiewe aspekte daaruit, maar nou moet ons net afrond. “Ek is opgewonde om te sien wat ons kan doen. Ons het nie ons hoogste rat bereik in die opwarmwedstryde nie, maar dit is nie waar jy op jou beste wil wees nie. “Baie van die jong ouens het goed vertoon in die opwarmwedstryde, ouens soos Pepsi Buthelezi en JJ van der Mescht het goed gevaar en ons sal hulle iewers deur die seisoen sien.” Die Sunwolves kan hulle ook gerus staal vir ’n fisieke aanslag. “Ons wil fisiek wees en ons eie planne op hulle afdwing en nie te veel op hulle fokus nie, want ons weet nie regtig veel van hulle af nie. “Elke span wil goed begin en dit is vir ons belangrik om ons veldtog met ’n sege te begin.” |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |