The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Stormers verrys uit as |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 24-Feb-2019 at 7:50am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/stormers-verrys-uit-ys-20190223
Presies ’n week gelede is die Stormers reeds deur hul kritici afgeskryf, maar die Kapenaars het Saterdag op Nuweland met pure veggees terug in die harte van hul ondersteuners ingekruip. Herschel Jantjies se drie onder die pale ná genadelose druk van etlike minute het aan die Stormers ’n sege van 19-17 (rustyd 6-14) oor die Leeus in hul Superrugby-wedstryd besorg. Die skare was vir lank op hul voete met die hoogdrama wat voor hulle afgespeel het. Die besoekers het met mannemoed verdedig, maar is op die verkeerde voet betrap toe die bal by ’n skrum uitspring en Jantjies opportunisties toegeslaan het. Op grond van hoe swak die Stormers in die eerste helfte was, sou jy jou dié gebeure nie kon indink nie. Inteendeel, ’n swakker eerste helfte deur die Stormers was daar lanklaas op Nuweland. Die passie was daar, maar intelligensie het die Kapenaars ontglip en hul dissipline was om die minste te sê skokkend. SP Marais het die bal afgeklap voordat Bongi Mbonambi twee keer in soveel minute gestraf is met ’n skouerloop op Nic Groom en ’n duikslag op ’n man in die lug. Daarna was dit Sergeal Petersen se beurt om ’n teenstander van die afskop af in die lug te speel voordat Ali Vermaak twee keer van die kant van ’n losskrum af ingevlieg het. Vermaak is ná sy tweede stukkie geniepsige spel – in die doodsnikke van die eerste helfte – met ’n geelkaart gestraf. Die Stormers was op die aanval en kon maklik ’n drie gedruk het om die gaping tot ’n punt te verklein. Boonop het die besoekers ’n minuut voor daardie voorval hul besielende kaptein, Warren Whiteley, aan ’n skouerbesering afgestaan. Die Leeus het met minder inspirasie op die aanval gespeel as wat gewoonlik die geval is, maar het in die eerste kwart van die wedstryd in die Stormers se gebied geboer. Terwyl die Kapenaars goed gedoen het om die Leeus se rolmale te stuit, kon Damian Willemse en SP Marais saam nie vir Kwagga Smith op pad doellyn toe stuit nie. Whiteley het ook afgerond nadat die Leeus wéér die geleentheid gehad het om die bal in die Stormers se kwartgebied uit te skop. Vermaak se geelkaart moes eintlik die weg vir die Leeus gebaan het om weer beheer oor die wedstryd te kry nadat hulle dit in die laaste 10 minute van die eerste helfte prysgegee het. Die verlies van Whiteley kon egter ’n groot faktor gewees het. Tot hul krediet het die Stormers kliphard baklei en het twee strafdoele deur Marais hulle binne twee punte van die Leeus gekry.Die Stormers het nietemin aangehou om ongedwonge foute te maak met JD Schickerling en Ruhan Nel wat hanteerfoute gemaak het om die Kapenaars weer op die agtervoet te dwing. Die Leeus het egter nie hul gewone byt met die bal in die hand gehad nie en wat die Stormers betref, was dit hoe later hoe kwater. Hulle het aanhou klop aan die deur en die Leeus het met elke greintjie van hul wese baklei om die Kapenaars van hul doellyn weg te hou. Die damwal het ná etlike minute se hoogdrama uiteindelik gebreek om vir die Stormers ’n kosbare sege te gee. Ja, hulle was merendeels swak, maar dié was onder die omstandighede ’n yslike sege. Puntemakers:Stormers 19 (6): Drie: Herschel Jantjies. Doelskop: SP Marais. Strafdoele: Marais (4). Leeus 17 (14): Drieë: Kwagga Smith, Warren Whiteley. Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoel: Jantjies.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |