The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Saru gee base ’n Swart Kersfees |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 23-Dec-2018 at 7:39pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/saru-gee-base-n-swart-kersfees-20181222
Dis ’n swart Kersfees vir Suid-Afrika se rugbybase. Dit blyk dat sommige van die land se uniepresidente die toelae as hul salarisse beskou en daar is sommige van hulle wat ook salarisse in hul unies trek, omdat hulle by die dag-tot-dag-bestuur betrokke is en meen hulle moet daarvoor vergoed word. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die land se verkose uniepresidente se geldkraantjie aansienlik stywer toegedraai en besluit om hul toelaes vir die volgende jaar met 50% te verminder. Dié besluit is geneem ten einde koste te bespaar – en dit sal Saru luidens Rapport se inligting inderdaad ongeveer R4 miljoen per jaar bespaar. Die verkose amptenare se toelae is besnoei van R30 000 tot R15 000. Rapport het dié bedrae verkry van ingeligtes bronne in Saru wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het. Dit blyk dat sommige van die land se uniepresidente die toelae as hul salarisse beskou en daar is sommige van hulle wat ook salarisse in hul unies trek, omdat hulle by die dag-tot-dag-bestuur betrokke is en meen hulle moet daarvoor vergoed word. Rapport het net verlede maand berig oor Ivan Pekeur, die Boland Rugbyunie se president, wat byna R100 000 ’n maand by sy unie skep. Pekeur het die bedrag verwerp. Saru het op die drastiese gordel-intrekkery besluit om ’n voorbeeld te stel vir sukkelende rugbyunies wat sukkel om hul geldsake onder beheer te kry. “Ons kan nie verwag rugbyunies moet verander as ons by Saru nie die voorbeeld stel nie,” het ’n bron gesê. Saru beplan ook om die land se professionele spelerbasis van net minder as 1 000 spelers na sowat 450 te verminder, omdat salarisse by elke rugbyunie steeds die hoogste uitgawe is. Die nuwe kontrakteringsmodel – wat unies beperk tot die kontraktering van tussen 40 en 45 spelers – sal in 2019 in alle erns afskop. Sommige unies het reeds praktiese stappe gedoen om daarby aan te pas. Die Leeus het verlede maand afleggingsbriewe aan 26 junior spelers gegee, terwyl die Vrystaat Rugbyunie verlede week briewe aan agente gestuur het om hulle mee te deel dat hul Pro14-spelersgroep verklein gaan word. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>Rapport het net verlede maand berig oor Ivan Pekeur, die Boland Rugbyunie se president, wat byna R100 000 ’n maand by sy unie skep.
Dis mos belaglik
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |