The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
‘Private beleggers sal SA rugby nie red’ |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 06-Feb-2019 at 8:06am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/private-beleggers-sal-sa-rugby-nie-red-20190205
Private beleggers kan ’n reddingsboei vir Suid-Afrikaanse rugby wees, maar dit sal allermins ’n outomatiese oplossing wees, sê Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) en voorsitter van die Bulle-direksie. Die moontlike privatisering van franchises en unies is ’n warm besprekingspunt in Suid-Afrikaanse rugby en Jannie Durand, uitvoerende hoof van die beleggingsmaatskappy Remgro, meen dié stap is onafwendbaar in die stryd om die sport se oorlewing. Strauss sê in reaksie hierop daar is in teorie niks fout met die voorstel nie, maar dit sal in die praktyk nie noodwendig die rugbylandskap se uitdagings oplos nie. “ ’n Belegger wat 100%-eienaarskap neem, is omvangryk en dit is van groot belang dat hy rugby – en nié eie belang nie – eerste stel. “Ons (die Bulle) is gelukkig om ’n belegger soos Remgro te hê, want dit is van groot belang dat jy die regte eienaar kry. “Wat gaan daardie belegger se verwagtinge wees en hoe wil hy byvoorbeeld by die afrigting betrokke wees?” “Dit is nie ’n nuwe verskynsel nie, maar ek dink daar is ’n wanopvatting dat ’n belegger wat eienaarskap van ’n klub neem, finansiële vooruitgang verseker.” Hy sê private eienaarskap van Franse klubs is een van die redes waarom die Hane so agteruit geboer het in wêreldrugby. “By Franse klubs word die klub se belange in die geheel bo die nasionale span gestel. “Ek kan jou waarborg dat daar druk op die Fidjiaan Nemani Nadolo (wat vir Montpellier speel) was om ter wille van sy klub uit internasionale rugby te tree. “Dié benadering sal Suid-Afrikaanse rugby duur te staan kom.” Nadolo en Timoci Nagusa, ook ’n Fidjiaanse vleuel wat by Montpellier gekontrakteer is, het verlede week verras met hul besluit om in ’n Wêreldbeker-jaar toetsrugby te groet. Strauss sê enige voornemende belegger moet besef selfs ’n Superrugby-franchise gaan nie ’n goudmyn wees nie. “Dit sal ook ononderhandelbaar wees dat die span se tradisie en verlede gerespekteer word. “Daar moet ook ’n finansiële waarborg wees dat geld bewillig sal word om die toekoms van amateurrugby te verseker. “Daar sal in die voorgestelde nuwe bedeling boonop nie sentiment betrokke kan wees nie. “As ’n klein unie met die hulp van ’n belegger beter as die Bulle vaar, moet daar met ’n promosie/relegasie-stelsel bepaal word watter span Superrugby moet speel. “Is ons in Suid-Afrika al gereed hiervoor?” Barend van Graan, wat verlede maand as die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof die tuig neergelê het, het in sy laaste jaarverslag gewaarsku amateur- en beroepsrugby sukkel om te groei in Suid-Afrika “weens die feit dat sommige beamptes en beleggers nie dieselfde visie vir die toekoms van rugby deel nie”. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |