The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Valke in 2019 deel van nuwe rugbyreeks |
Post Reply ![]() |
Author | ||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 17-Dec-2018 at 4:21pm |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/valke-in-2019-deel-van-nuwe-internasionale-rugbyreeks-20181215
Die Valke gaan volgende jaar aan ’n blinknuwe internasionale rugbyreeks deelneem. Die Valke gaan een van sewe of agt spanne wees wat aan die Global Rapid Rugby-toernooi, ’n breinkind van die Australiese miljoenêr Andrew Forrest, gaan deelneem. Die toernooi het ontstaan nadat daar gesoek is na ’n mededingende kompetisie waarin die Western Force kan speel nadat hulle verlede jaar uit die Superrugby-reeks geboender is. Benewens die Force en Valke, sal spanne van Fidji, Hongkong, Japan, Maleisië, Samoa en Singapoer ook aan dié toernooi deelneem, wat van Februarie tot middel Junie sal plaasvind. Rudy Joubert, die Valke se direkteur van rugby, sê die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die nodige goedkeuring gegee. Wêreldrugby het ook sy goedkeuring vir Global Rapid Rugby gegee sodat die Valke aan dié toernooi kan deelneem. Joubert sê die Valke sal aan dié toernooi en aan die SuperSport-uitdaagtoernooi deelneem. Volgens hom sal die Valke se deelname aan dié kompetisie ’n welkome finansiële inspuiting bied. Nog ’n pluspunt is die ervaring wat die spelers gaan opdoen. Rapid Rugby eksperimenteer met ’n paar gewaagde reëls, soos onder meer “kragdrieë” wat nege punte tel as die beweging in die teenstander se kwartgebied begin is. Robbie McRobbie, Hongkong Rugby se uitvoerende hoof, het glo ’n groot rol gespeel in die Valke se deelname in die toernooi. McRobbie en Mal Thompson, ’n voormalige voorsitter van die Valke Rugbymaatskappy, is goed bevriend. Die wedstryde sal in al die deelnemende lande, behalwe Suid-Afrika, gespeel word. |
||
![]() |
||
GoLions ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 14-Jan-2019 Status: Offline Points: 357 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Enige verdere nuus hieroor? Ek sien daar's 'n artikel op gister se Netwerk24 maar ek het nie toegang nie
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Valke sprei vlerke en maak nes in MaleisiëDie Valke gaan die Maleisiese hoofstad Kuala Lumpur as sy oorsese tuiste gebruik wanneer hulle binnekort hul buiging maak in die splinternuwe rugbyreeks Rapid Rugby. Die nuwe rugbyreeks – die idee van die Australiese miljoenêr Andrew Forrest – bestaan hoofsaaklik uit spanne van Asië. Die Western Force, wat in 2017 sy Superrugby-status verloor het, en die Valke is albei deel van die deelnemende spanne. Rudy Joubert, ’n direkteur van Valke Rugby, het aan Rapport gesê hulle is “opgewonde” oor die kans om hul staal teen internasionale spanne te wys. En hy glo ook die Valke sal mededingend wees nadat hulle verlede jaar in die eindstryd van die Eerste Liga teen die SWD-Arende gespeel het, al het hulle in die eindstryd verloor. Die kompetisie sal tussen ses en agt spanne huisves, waarvan die Western Force, Fidji, Samoa, Singapoer en Hongkong al bevestig is. “Ons is ver gevorder. Wêreldrugby het hulle goedkeuring vir die toernooi gegee en SA Rugby het nou ook vir ons toestemming gegee om in die toernooi te speel. Ons is nog besig om die ooreenkomste te finaliseer, maar dit is in ’n baie ver gevorderde stadium. Dit is werklik net ’n kwessie van dae voordat dit gefinaliseer sal wees,” het Joubert aan Rapport gesê. Dit is opwindend en iets nuuts. Die neiging is al meer en meer om sulke kompetisies met ’n internasionale geur aan te bied. “Ons is letterlik besig om al die papierwerk af te handel en dan hoop ons om so teen middel volgende maand oorsee te gaan. Ons gaan ons voorseisoense voorbereiding op die eiland Borneo in Sandakan doen. “Ons gaan vir eers daar akklimatiseer en ons hoop ook om ’n opwarmwedstryd teen die Maleisiese nasionale span te speel – die hele idee is om te help om die rugby in Maleisië op te hef. “Daar gaan afrigtingsklinieke gehou word en die idee is om hulle op te lei en hul rugby te verbeter. Hulle wil uiteindelik kwalifiseer vir die Wêreldbeker. Daar is ontsettend baie rugbyondersteuners in daardie lande.” Die Rapid Rugby-reeks gaan op 29 Maart begin en Joubert sê sy span sal minstens tien wedstryde speel, en betyds terug wees in Suid-Afrika vir die begin van vanjaar se Curriebeker. “Dit is opwindend en nuut. Die neiging is al hoe meer om sulke kompetisies met ’n internasionale geur aan te bied. Jy kan nie net staatmaak op die plaaslike mark om jou rugby te ondersteun nie. Ons was eintlik verplig om iets vir onsself te vind en gelukkig het ons dit nou reggekry. Vir ons kon dit nie op ’n beter tyd gebeur nie.” Hy glo ook die veranderings aan die Suid-Afrikaanse kontrakteringsmodel – met die Super-franchises wat net 40 tot 45 spelers mag kontrakteer – gaan spanne soos die Valke help om talent te werf. “Daar is ouens wat belang stel om by ons aan te sluit, dis ’n lekker geleentheid vir hulle, en dis iets nuuts. Dit gaan ouens wys hulle kan op ’n hoër vlak presteer as net op Curriebeker-vlak.” Joubert glo dit gaan ’n goeie toets vir sy spelers wees om vier maande van die huis af weg te wees. |
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek neem aan die Valke gaan dan ook nie aan die SuperSport Challenge deelneem nie
|
||
![]() |
||
GoLions ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 14-Jan-2019 Status: Offline Points: 357 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Dankie
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Joubert sê die Valke sal aan dié toernooi en aan die SuperSport-uitdaagtoernooi deelneem.
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Het daai een gemis, maar dit maak nie sin nie, hy se dan sy span gaan 4 maande weg van die huis af wees, gaan hulle dan 2 squads kontrakteer? Van wanneer af het die Valke geld vir 2 squads?
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
O ek sien dis in die 1ste artikel waar hy se hulle gaan in die SuperSport Challenge speel, hy noem dit nie in die 2de artikel nie. Ek dink dinge het seker verander tussen die 2 artikels, want die 2de een se hulle gaan 4 maande weg van die huis af wees.
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek het gister vir Rudy Joubert by Loftus raakgeloop en bietjie met hom hieroor gesels. Hy en sy CEO vlieg more om die reelings te gaan finaliseer. Maar ja, hulle gaan 4 maande in Maleisie gebasseer wees en beslis aan die kompetisie deelneem. Hulle is baie opgewonde en hulle word ook oorvalk deur navrae van spelers, en soos Rudy gese het, dis nou die "regte" spelers
|
||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |