Forum Home Forum Home > Lions Section > Lions Players News
  New Posts New Posts RSS Feed - Jannie en Carlu kan Leeus se skrums spierkrag gee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Jannie en Carlu kan Leeus se skrums spierkrag gee

 Post Reply Post Reply Page  <12
Author
Message Reverse Sort Order
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39144
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 9:40am
Kort boodskappie van die Leeus nou net op twitter

The Lions Rugby Company can confirm that they are in talks with prop Jannie du Plessis.

Hoekom wag hulle altyd dat die goed uitlek voordat hulle iets se?
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 8:24am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Solank Jannie sy kak houding oorsee los. Het nog nooit van hom gehou nie, hy en sy boetie het nog altyd gedink die son skyn jul weet waar uit.. Maar ja, in terme van ervaring kry mens seker nie beter nie, so ek hoop maar hy voeg waarde by.

Sadie sal natuurlik n moerse aanwins wees! Goed om te hoor die unie kyk darem na stutte en nie nog 'n 10de losskakel of vleuel nie
Stem. Hy en Bismarck is twee regte moangatte op die veld, wat heeltyd vir die skeidsregter probeer vertel hoe om die game te blaas.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 8:21am
Solank Jannie sy kak houding oorsee los. Het nog nooit van hom gehou nie, hy en sy boetie het nog altyd gedink die son skyn jul weet waar uit.. Maar ja, in terme van ervaring kry mens seker nie beter nie, so ek hoop maar hy voeg waarde by.

Sadie sal natuurlik n moerse aanwins wees! Goed om te hoor die unie kyk darem na stutte en nie nog 'n 10de losskakel of vleuel nie
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1506
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Nov-2019 at 7:55am
Enige diepte op stut en slot word verwelkom. Hoop net nie Jannie kos 'n plaas se prys nie.
Up the Vaal!
Back to Top
Niela View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 29-Apr-2019
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 515
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Niela Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 1:56pm
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

I like. Ons het genoeg vinnige spelers, kort n paar diesels...

This is awesome news. We desperately need tight heads . I am really happy with this !

Jannie won’t bring much on field, but will bring huge experience. I don’t have an issue with this signing at all
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 11:31am
I like. Ons het genoeg vinnige spelers, kort n paar diesels...
Back to Top
vdwestjo View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 25-Mar-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 161
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote vdwestjo Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 11:23am
Dink nou weer sal great wees as Jannie en Sadie na Lions toe kom Jannie se ervaring sal baie beteken vir alle jong spelers!!!! 
Lions4life
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 8:55am
Lyk my Doc Jannie was by Montpellier as mediese dekking vir die wereldbeker maar is ook betrokke by afrigting

29 Julie 2019:

"French club Montpellier have signed a deal with former Springbok prop Jannie du Plessis as a medical joker.

"Jannie du Plessis, an international Springbok at the club since 2015, will be hired as a World Cup joker. In parallel, he will continue to carry out his missions within the training centre," Montpellier said via a press statement."

https://www.sport24.co.za/Rugby/ex-bok-to-stay-as-medical-joker-at-montpellier-20190729

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39144
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 8:40am
>>Die 37-jarige mediese dokter van Montpellier, 

Nee hel, ek weet nie of dit 'n goeie ding is nie. Hy skrum seker nog sterk, maar wat anders gaan hy ons bied. Onthou Super Rugby is vinnig, en hy het nou so 4 jaar op stadige velde gespeel, en as ek reg onthou was hy 4 jaar terug in Super Rugby al baie stadig
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39144
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Nov-2019 at 8:37am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/jannie-en-carlu-kan-leeus-se-skrums-spierkrag-gee-20191116

Jannie du Plessis kan ná ’n afwesigheid van vyf jaar na Suid-Afrika terugkeer om vir die Leeus in die Superreeks te speel. 

Die 37-jarige mediese dokter van Montpellier, asook die Westelike Provinsie se Carlü Sadie, is in gevorderde gesprekke met die Leeus om hul vaskopspens ná Jacobie Adriaanse se uittrede aan te vul. 

Du Plessis het in 2015 laas vir die Haaie in die Superreeks gespeel, waarna hy hom ná dieselfde jaar se Wêreldbekertoernooi by Montpellier aangesluit het.

Hy wag vir die nodige goedkeuring van Montpellier om hom later by die Leeus se Supergroep vir 2020 se reeks aan te sluit. Die boerseun van Bethlehem moet ook nog mediese toetse slaag, wat nie as ’n probleem beskou word nie. 

Voor die Wêreldbeker in Japan was daar sprake dat Du Plessis voortaan eerder meer by afrigting betrokke sal raak, maar hy het die laaste tyd ’n tweede asem gekry. 

Hy sit vandag saam met sy broer Bismarck du Plessis op die bank wanneer hul Franse klubspan in Galway teen die Ierse span Connacht in ’n Kampioenebeker-kragmeting speel. 

Jan Serfontein, wat weens ’n besering nie vir die Wêreldbeker in Japan beskikbaar was nie, is saam met Paul Willemse, Nicolaas Janse van Rensburg, Jacques du Plessis en Henry Immelman die ander Suid-Afrikaners wat saam met die Du Plessis-broers na Galway gereis het. 

Jannie se fiksheid en sy fisieke kondisie is dié week deur ’n ingeligte as goed aan Rapport beskryf. 

Met drie Wêreldbekers, 2007, 2011 en 2015 s’n, op sy kerfstok kan hy volgende jaar net soveel van die veld af as daar op vir die Leeus werd wees as sy onderhandelinge wel suksesvol afgehandel word. 

Die 22-jarige Sadie kan met sy skuif waardevolle ervaring saam met Du Plessis opdoen. Sadie was verlede jaar as ’n leenspeler van die WP een van die Leeus se staatmakers in die Superreeks.

Die WP het hom daarna versoek om vir die Curriebekerreeks na die Kaap terug te keer, maar dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat hy nou ’n permanente skuif na Johannesburg sal maak.

Met vaskoppe soos Frans Malherbe, Wilco Louw en Michael Kumbirai sal Sadie in 2020 nie soveel speelkans by die Stormers as in die Leeus-trui kry nie. 

Afgesien van Sadie en Jannie, sal die Leeus se nuwe Superhoofafrigter, Cash van Rooyen, ook uit vaskoppe soos Johannes Jonker en Frans van Wyk kan kies. 

Van Rooyen het sy Supergroep reeds met spelers soos die Bulle se skrumskakel André Warner, die Westelike Provinsie se senter Dan Kriel en Junior Bok-losskakel James Mollentze ná die Curriebeker versterk. Mollentze kan ook senter speel.
Back to Top
 Post Reply Post Reply Page  <12
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.188 seconds.