The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus het Chiefs ‘doelbewus’ om bos gelei |
Post Reply ![]() |
Author | ||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 22-Apr-2019 at 2:28pm |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-het-chiefs-doelbewus-om-bos-gelei-20190422
Die Leeus het die Chiefs verlede Vrydag met ’n slap riem gevang in hul Superrugby-oorwinning van 23-17 in Hamilton. Dit was die tweede keer in twee kragmetings dat die Leeus met die Chiefs op hul tuisveld kon afreken. Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, het die naweek onthul dat dit bloot ’n taktiese skuif was om die span aan te kondig met die twee Springbokke, Malcolm Marx en Elton Jantjies, op die plaasvervangersbank. Dit was glo die heeltyd die plan dat hulle wel in die beginspan sou wees. “Dit was ’n taktiese skuif om die span so aan te kondig, want ons wou die Chiefs laat glo hulle gaan nie speel nie. Veral met Malcolm op die plaasvervangersbank het die Chiefs toe van hul stewige voorspelers laat rus en met hom in die beginspan kon ons hulle die stryd aansê in die skrums en dit het uitstekend gewerk. “Die grondslag vir ons oorwinning is voorlangs gelê,” het Straeuli gesê. Volgens hom wou die Leeus ook nie die kat vooraf uit die sak laat deur aan te dui dat Jantjies as binnesenter sou begin nie, met Gianni Lombard op losskakel. Dit was ook ’n skuif wat baie goed vir die Leeus gewerk het en hulle het baie vloeiendheid agterlangs gehad met goeie besit van die agttal. Dit was ’n taktiese skuif om die span so aan te kondig, want ons wou die Chiefs laat glo hulle gaan nie speel nie. Tog sal die Leeus nie Vrydag in hul laaste kragmeting op hul oorsese toer, teen die Crusaders in Christchurch, die kampioenspan ook so kan vang nie. Lombard en Marx is albei terug in Suid-Afrika. Die lenige en skraal 21-jarige losskakel het ’n kniebesering opgedoen, wat hom die laaste deel van die wedstryd van die veld gedwing het, terwyl Marx hierdie week gewis as deel van die Springbokke se Wêreldbeker-beplanning ’n ruskans sal kry. Robbie Coetzee sal nou die haker in die beginspan wees, met Jan-Henning Campher wat oorgevlieg het om op die plaasvervangersbank te sit. Sou Jantjies weer hierdie week speelkans kry, sal hy op losskakel begin, anders kan Sean Reynolds, wat saam met Campher oorgevlieg het, dalk die nr. 10-trui dra. Die Crusaders gaan ook sonder drie van hul All Black-voorspelers vir hierdie wedstryd wees. Die flank Matt Todd en die slot Scott Barrett moet rus volgens die All Black-protokol, terwyl die stut Owen Franks las van ’n besering het. |
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek dink nie ek hou daarvan as my span begin "mind games" speel nie....
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Hoe so, Transvaal?
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Attie Karate ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1544 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Win at any and all costs, within the rules and welfare.
|
||
Up the Vaal!
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
As hulle dit wel aspris gedoen het, moet dit nie na die tyd erken nie! Nou weet spanne mos ons doen sulke goed en ons sal nie enigiemand weer so uitvang nie..
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
En dit is dan wanneer n mens kan begin met n "double bluff"...
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
vdwestjo ![]() Welpie ![]() Joined: 25-Mar-2019 Location: Midrand Status: Offline Points: 162 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Meester skuif van Swys gewees!!! All Blacks en Australie kom altyd met mind games voor games hoekom kan ons dit nie doen nie. Dink was baie slim gewees! Chiefs het gedink dit gaan 'n maklike game wees teen Lions toe kry hulle groot verassing :)
|
||
Lions4life
|
||
![]() |
||
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Wat dit wel wys is dat WEN vir Swys belangrik is... nie net drieë druk nie. Mens poep teen donderweer daar in NZ.. Swys het besluit hy gaan 'n kans vat en kyk of die Chiefs daarvoor val. Dit het gewerk. Hulle het ons sleg onderskat. Strategie is deel van sport.
|
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
As dit Swys se plan van die begin af was, het dit goed uitgewerk. Maar ek kan nie help om te dink dat daar meer in steek nie. Iewers het iemand genoem dat Altman en Swys 'n uitval gehad het en dat daat inmenging in die spankeuses was, ek weet die Leeus ontken dit ten sterkste, maar waar daar 'n rokie trek is daar gewoonlik 'n vuurtjie...
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Maar soms met sulke gevalle waar daar geen informasie is nie, sit mense net dinge bymekaar en kom tot gevolgtrekkinhgs om sin te probeer maak van n situasie wat gebaseer is op geen feite nie. En in hierdie geval dink ek dit is wat gebeur het.
Edited by TunaLion - 23-Apr-2019 at 7:13am |
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
vdwestjo ![]() Welpie ![]() Joined: 25-Mar-2019 Location: Midrand Status: Offline Points: 162 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Dit is net mense wat graag Lions wil sien sleg doen wat sulke rumours versprei. Daar is baie SA ondersteuners insluitend baie v media wat baie jaloers is op Lions se sukses. Die Lions se bestuur het bewys v Straueli oorgeneem het dit is nie hoe hulle besigheid doen. Lions het tans mees profesioneel en beste bestuur en beste afrigter in land. Snaaks as daar iets by Lions gebeur verwag sekere mense altyd ergste terwyl ondervinding die teendeel bewys
|
||
Lions4life
|
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek persoonlik dink dat selfs as was daar ingemeng met die spankeuses, dit die regte besluit was.
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek is geneig om te glo soos Witboer gese het, waar daar rook is is daar vuur.. Maar kom ons hoop enige sulke issues is nou uitgesorteer en sal nie weer gebeur nie. En dat Swys 'n manier kan vind om druk situasies te kan hanteer. Want as hy enige aspirasies het om eendag die bokke af te rig of oorsee te gaan lyk hierdie nie baie goed op sy CV nie..
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek gaan niemand n prys gee oor die span keuses nie, die beste span was op die veld, dit is iets wat elke week moet gebeur.
|
||
![]() |
||
vdwestjo ![]() Welpie ![]() Joined: 25-Mar-2019 Location: Midrand Status: Offline Points: 162 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ongelukkig by Leeus lyk vir my daar is altyd rook wat deur n suur rugby ondersteuner opgemaak word en elke keer kom die waarheid uit. Kom ons glo in ons uitstekende Leeu bestuur wat altyd die beste vir Unie sal doen!!
|
||
Lions4life
|
||
![]() |
||
Attie Karate ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1544 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Jip
|
||
Up the Vaal!
|
||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |