Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Rob wou kegel by seun wegvat
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Rob wou kegel by seun wegvat

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39168
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rob wou kegel by seun wegvat
    Posted: 01-Apr-2019 at 9:37am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/rob-wou-kegel-by-seun-wegvat-20190331

Die Haaie se afrigters het dit oorweeg om die skopkegel by Robert du Preez jr. weg te vat tydens Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Bulle op Kingspark.

“Ek het dit oorweeg om ’n verandering te maak,” het Robert du Preez sr., die span se breier en die losskakel se pa, ná die nederlaag van 16-19 erken.

“Maar Rob het die hele seisoen nog goed geskop,” sê Du Preez.

Die losskakel het slegs met twee van sy vyf stelskoppe geslaag, terwyl sy eweknie van die Bulle, Handré Pollard, nie ’n enkele skop verbrou het nie.

Du Preez het boonop die duikslag verbrou wat tot Jesse Kriel se drie gelei het. Curwin Bosch was op die plaasvervangersbank, maar is eers later as heelagter opgestuur. Du Preez was deurentyd op die veld.

Die breier het ná die wedstryd gesê individuele foute het sy span gekelder.

“Ons statistieke wat balbesit en gebiedsvoordeel betref, was uitstaande. Ons het baie kanse geskep, maar dit was individuele foute wat ons duur te staan gekom het.

“Die individue moet dit regstel,” sê hy.

Dissipline het die span ook in die steek gelaat. Du Preez was boonop suur oor die wyse waarop die Bulle die Haaie met minagting van hul bal gestoot het in die laaste skrum van die wedstryd. Die strafskop wat die Pretoriase span daar afgedwing het, het die wedstryd vir hulle beklink.

“Op kritieke tye het ons foute gemaak, waaruit die Bulle munt geslaan het. In die eerste helfte het die Bulle hul punte aangeteken omdat ons nie uit ons gebied kon ontsnap nie.

“Wanneer ons fases saamgeslaan het, het ons goed gelyk. Ons het oorheers, maar kon nie daarop voortbou nie.

“Ons weet dat hierdie derbies altyd naelbytwedstryde gaan wees, die uitslag kon weer eens enige kant toe gegaan het.

“Ons het goed gespeel in die eerste 20 minute, buiten die ses punte wat ons afgestaan het. In die tweede helfte het ons ook goed begin. Ons het alles gedoen om die wedstryd te wen, behalwe om die wedstryd te wen.”

Die twee groot gesprekspunte uit die wedstryd, is die rooikaarte wat die hakers, Schalk Brits en Akker van der Merwe, gekry het nadat hulle appels geswaai het, en ’n “drie” van Dan du Preez wat nie toegeken is nie nadat die TV-skeidsregter beslis het die bal het uitgewip voordat dit in Du Preez se hande beland het.

Die breier sê die TV-skeidsregter het die regte beslissing gemaak oor laasgenoemde voorval. Oor die hakers se bakleiery het hy die volgende te sê gehad: “Dit is ’n taai ding, in die hitte van die stryd gebeur sulke dinge, maar ons kan dit nie goedkeur nie. Ons moet onsself beter in toom hou.”

Die Haaie gaan ook ’n paar veranderinge aanbring vir hul wedstryd volgende week teen die Leeus in Johannesburg.

“Ons sal beslis veranderinge aanbring in die volgende paar weke. Ons sal kyk en dan ’n besluit neem oor die span wat Johannesburg toe sal reis.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.