Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Onthoring, ontnugter
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Onthoring, ontnugter

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39123
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Onthoring, ontnugter
    Posted: 24-Mar-2019 at 7:28am

‘Dit was rêrig ’n vernedering,” het die Bulle-afrigter, Pote Human, gister op Loftus gesê nadat die Chiefs sy span met 56-20 van die vloer af laat vreet het.

Hy meen sy span was “pap” en “af”.

Human het waarskynlik ’n hele paar kragtiger dinge ook gesê, maar dit het hy moontlik elders geuiter, weg van die media se ore.

En Human en die Bulle moet hulle maar staal vir hewige kritiek, want ná al die lof wat in die laaste weke uitgedeel is, gaan die ondersteuners ná gister vra of die Bulle se opstanding onder Human werklik of net skyn is.

“Ons het nie opgedaag nie. Ons dink ons is nog in die afweek. Ek sal dit op my neem – ek het die ouens verlede week afgegee, en hulle het vandag nog gelyk asof hulle nog af was,” het Human gesê.

“Ons sal moet diep grawe en volgende week sterker terugkom.”

Human het toegegee die Bulle was “pap”.

“Van die afskop af het dit gelyk asof hulle (Chiefs) dit meer as ons geniet het om op Loftus te speel. Ons was pap en die energie was nie daar nie.

“Ons was nie op ons beste nie. Gee hulle krediet, hulle was baie goed en ons het hulle toegelaat om goed te lyk.

“Ek hoop dis net een wedstryd. Ek weet ons is beter as dit – ons het dit in ons ander wedstryde gewys, maar dié is sleg. Ons moet dit maar op die ken vat.”

So sleg as wat die Bulle die meeste van die tyd was, so briljant was die Chiefs se spelskepper Damian McKenzie.

Steve Hansen sê hy is soos ’n vlieg in ’n bottel. Gister het hy uit daardie spreekwoordelike bottel gebars, die Bulle na lug laat gryp en toe kaplaks in die Ligbloues se Superrugby-salf beland.

Met dié All Black-heelagter aan die spits, het die vrotste Kiwi-span die voormalige voorste Suid-Afrikaanse span verneder.

Dit was die Chiefs se eerste sege in vanjaar se Superrugby-reeks. Dit was die Bulle se eerste nederlaag in Suid-Afrika.

En hoe skouspelagtig was hul inploffing nie.

Ek sal dit op my neem – ek het die ouens verlede week afgegee.

McKenzie se energie het sy spanmaats aangesteek. Hy het klokslag by sy agterlyn aangesluit, gapings geslaan, slim skoppies deurgestuur en drieë soos ’n towenaar uit die niet geskep.

Die Chiefs het teen ’n blitsige tempo gespeel en die Bulle van enige balbesit en gebiedsvoordeel ontneem. Sodoende is die tuisspan se swaar pak gevra om duikslag op duikslag uit te voer en boonop vinnig te skuif.

Dít in trurat – iets wat nie baie natuurlik kom vir ’n klomp swaargewigte van tussen 110 en 120 kg nie.

Dit is van dié platform af dat McKenzie baljaar het.

Terwyl dit die Chiefs se beste vertoning tot dusver vanjaar was, was die Bulle op hul heel powerste.

Die kere wat die tuisspan wél die bal gehad het, het hulle oordeels- of hanteerfoute begaan.

Van die ondernemingsgees waarmee hulle so gereeld vanjaar vorendag gekom het, was daar maar min te sien.

Dit was ook verbasend om die Bulle se agttal, wat tot dusver vanjaar ’n reusekrag was, geboelie te sien word.

In die eerste helfte het dit gelyk asof die Bulle steeds in loslootjie-luim is en die Chiefs het drie drieë gedruk om teen rustyd met 24-6 voor te loop.

’n Mens het vermoed die Bulle kan onmoontlik vrotter wees in die tweede helfte en hoewel hulle tot ’n mate tog wakker geskrik het, was dit eenvoudig nie vroeg genoeg nie.

Die Bulle se beste speler van die wedstryd, die buitesenter, Jesse Kriel, het ’n troosdrie gedruk ná ’n slim skoppie deur Handré Pollard. Sy sentermaat, Burger Odendaal, is ook laat in die wedstryd oor vir ’n drie, maar verder was daar geen rede om te glimlag nie. Onthou – dié Chiefs-span het tuis teen die Sunwolves verloor.

* Kommer oor die besering van Duane Vermeulen is deur Human besweer wat sê hy glo die Springbok-agsteman sal reg wees. “Duane het met sy knie gesukkel. Maar hy sal reg wees. Ek is meer oor Dayan van der Westhuizen bekommerd, hy het iets sleg aan sy knie gedoen,” het Human bygevoeg. Die Chiefs-afrigter Colin Cooper was in sy noppies. “Ons het tot nou nie goed gespeel nie, maar vandag was ’n baie goeie vertoning deur die spelers,” het hy gesê.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 24-Mar-2019 at 7:34am
Leer hieruit Swys! Die manne moet aangeskakel en skerp wees wanneer ons terugkom na die af naweek.
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 867
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 25-Mar-2019 at 7:38am
Ek dink wel ons kon `n karakter verskil hier sien tussen ons en hulle. Teen die Rebels het ons nooit opgegee nie en het goed terug baklei. 

Toe die Chiefs score net na halftyd toe gaan lê daai Bulle heeltemal.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.124 seconds.