The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Swys: Laaste skrum was ’n wonderwerk |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 18-Mar-2019 at 5:22am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-laaste-skrum-was-n-wonderwerk-20190317
Toe die skeidsregter, Egon Seconds, Saterdagmiddag met minder as ’n halfminuut speeltyd oor sy hand in die lug druk om nog ’n strafskop vir die Leeus teen die Rebels aan te dui, het ’n massiewe brul rondom Ellispark opgeklink. Hier was die oomblik, het elke Leeus-ondersteuner gedink, waarin hul span een van sy onwaarskynlikste seges tot nog toe kon beklink. Maar daar was tog ook ’n huiwering. Sou die 21-jarige Gianni Lombard (in net die tweede Superrugby-wedstryd van sy loopbaan) koelkop genoeg wees om die bal deur die pale te kry? Op die veld was dit geen kwessie nie. “Toe ons daai strafskop kry het ek by Gianni verbygestap en pale toe gewys. Hy het baie rustig gesê, ‘Ek het jou,’ en ek het gedink, ‘wel, goed dan’,” het Malcolm Marx, die tuisspan se kaptein, Saterdagmiddag gesê nadat sy span die Australiërs met 36-33 verslaan het. Die telling was 33-33 toe die strafskop gegee is, nadat die Leeus binne ’n halfuur vier verdoelde drieë sonder antwoord ingeryg het. Nadat Wandisile Simelane op pad doellyn toe aangeslaan het, het die Rebels ’n skrum in hul 22 gekry en die kans gehad om ’n gelykop-uitslag te red, maar Marx en sy stutte, Dylan Smith en Carlu Sadie, wou niks hiervan weet nie. Hulle het die Rebels-voorry opgefrommel om hul vierde skrum-strafskop van die middag af te dwing. “Daardie skrum-strafskop was ’n wonderwerk,” het die Leeus-afrigter, Swys de Bruin, gesê. Die manier wat die ouens ingegaan het was perfek. Dit was ’n deurslaggewende skrum en net perfek. “Philip Lemmer en Julian (Redelinghuys) werk so hard daaraan, en die manier wat die ouens ingegaan het was perfek. Dit was ’n deurslaggewende skrum en net perfek.” Uiteindelik was daar egter veel meer helde op Ellispark as Lombard en die voorry. Met ’n agterstand van 33-5 ná 43 minute was elke speler se heel beste nodig en geeneen het daarna minder as presies dit gegee nie. Andries Coetzee en Lionel Mapoe is van die bank af opgejaag in die plekke van onderskeidelik Ruan Combrinck en Franco Naudé, en het ’n yslike invloed gehad. Coetzee het in sy 40 minute op die veld meer meters (98) gewen as enigiemand anders en Mapoe het die derde drie van die terugvegpoging gedruk toe hy ’n aan-die-slaap Quade Cooper in die hoekie van die doelgebied na die bal geklop het. Die skoppie wat daartoe aanleiding gegee het, is deur die 20-jarige Tyrone Green geloods, wat in sy Super-buiging van so-so in die eerste helfte tot vuurwarm in die tweede verbeter het. Coetzee se vyfpunter kort voor dit was danksy ’n oorslaan-aangee van Jantjies. Die agterlyn se ander kwiksilwer-veteraan, Courtnall Skosan, het die tellinghouers gepla nadat Marx ’n bal op die grond gesteel het. “Ons praat baie oor hoe goed die jong outjies vaar in die druk van Superrugby, maar dan kom die ou honde uit en speel só,” het De Bruin geborrel oor die senior spelers se vertoning. Die afrigter het daarna op die mediakonferensie erken daar het harde woorde in die kleedkamer geval ná die Rebels vier drieë ingeryg het vir ’n halftyd-voorsprong van 26-5. Hy het selfs so ver gegaan om Marx om verskoning te vra. Maar die kaptein was nie geaffronteer nie. “Daar is hard en reguit gepraat tydens rustyd, maar die span het dit nodig gehad,” het die kaptein gesê. “Ons moes weer besef ons is goed genoeg en kan terugveg. Ek kan die ouens nie genoeg bedank nie.” Terwyl die Leeus se sege ná hul yskoue eerste helfte op sigself ’n verrassing was, is die grootste skok die verskil tussen die aantal strafskoppe wat die twee spanne afgestaan het. Die Leeus het in die hele wedstryd net een strafskop afgestaan, met hul doodsteek eerder lusteloosheid op die verdediging en dom aangeë as swak dissipline. Die Rebels, daarenteen, het 20 strafskoppe en twee geelkaarte afgestaan. Hul afrigter, Dave Wessels, en kaptein, Dane Haylett-Petty, het die blaam hiervoor voor hul eie deur gelê en gesê Seconds was deurgaans duidelik in sy verduideliking van die strafskoppe. Puntemakers: Leeus 36 (5): Drieë: Malcolm Marx, Marnus Schoeman, Andries Coetzee, Lionel Mapoe, Courtnall Skosan. Doelskoppe: Elton Jantjies (4). Strafdoel: Gianni Lombard. Rebels 33 (26): Drieë: Reece Hodge, Quade Cooper, Billy Meakes, Isi Naisarani, Tom English. Doelskoppe: Cooper (4). |
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Was mos van Wyk en Sithole in die laaste skrum..
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Rebels het ook net 7 manne in daai laaste scrum gehad as ek dit nie mis het nie?
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek reken van Wyk was baie lucky om nie n paar keer gestraf te word nie. Knieg op die grond stories..
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |