Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Kiwi’s kla hulle speel te veel teen mekaar
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Kiwi’s kla hulle speel te veel teen mekaar

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39127
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kiwi’s kla hulle speel te veel teen mekaar
    Posted: 13-Mar-2019 at 2:21pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kiwis-kla-hulle-speel-te-veel-teen-mekaar-20190313

Meer en meer All Black-sterre doen ’n beroep op Sanzaar om die formaat van Superrugby aan te pas.

Een van die Kiwi’s se grootste kwelpunte is die hoë aantal fisieke, intense Nieu-Seelandse derby-wedstryde.

Ben Smith, heelagter van die All Blacks en Highlanders, is die nuutste speler om sy misnoeë met die huidige stand van sake uit te spreek.

Stuff berig Smith meen Sanzaar moet die formaat van die reeks verander, met die span van Dunedin wat hul Kiwi-teenstanders tans in ’n reeks taai derby-wedstryde aandurf.

Die Highlanders is verlede week met 22-25 deur die Hurricanes geklop en speel in die volgende ses weke in vyf Nieu-Seelandse derby-wedstryde. Dit sluit in twee kragmetings elk teen die Crusaders en die Blues, asook ’n herontmoeting met die ‘Canes.

“Die huidige formaat is eenvoudig iets waarmee ons moet saamleef, want dit is waarmee ons opgesaal is vir hierdie seisoen,” sê Smith.

“Maar, met ’n oog op die toekoms, glo ek daar moet waarskynlik veranderinge gemaak word.

“Miskien is dit die rondomtalie-scenario, maar ek dink dinge moet verander van hoe dit tans werk.”

Smith word ondersteun deur sy All Black-kaptein, Kieran Read, wat aan RadioLIVE gesê het die konferensie-stelsel is nie volhoubaar nie.

“Ek hou van die idee van ’n volle rondomtalie waar almal mekaar een keer pak, maar ons kan nie in die toekoms met hierdie konferensie-stelsel voortgaan nie,” sê Read.

Sam Cane, losvoorspeler van die Chiefs wat in ’n stryd teen tyd gewikkel is om fiks te wees vir die All Blacks se Wêreldbekerveldtog, het ook onlangs die eise wat Superrugby aan spelers stel, betreur.

Sanzaar vergader eersdaags in die Verenigde Koninkryk om die toekoms van die reeks te bespreek en daar word bespiegel dat die Sunwolves die trekpas kan kry sodat daar teruggekeer word na 14 spanne.

Dit sou nie die eerste keer wees wat Sanzaar die reeks verklein nie, met die Southern Kings, Cheetahs en Western Force wat in 2016 onder die valbyl beland het.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Mar-2019 at 7:30am
Dit sal sin maak. Skop die wolves uit want hulle is oor die algemeen maar swak, en bestaan elkgeval uit n klomp Aus, nz en Sa spelers. Dink da was in hul laaste game 8/23 Japanse spelers? 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.105 seconds.