Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys: Dit was s贸 amper 鈥檔 honderdtal
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Swys: Dit was s贸 amper 鈥檔 honderdtal

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys: Dit was s贸 amper 鈥檔 honderdtal
    Posted: 11-Mar-2019 at 5:43am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-dit-was-so-amper-n-honderdtal-20190310

Dis soos 鈥檔 krieketspeler wat reeds 鈥檔 honderdtal in sy visier het, maar dan sy paaltjie in die negentigs verloor.

Dit was die vergelyking wat die Leeus se afrigter, Swys de Bruin, gebruik het om sy emosies oor die Leeus se Superrugby-sege Saterdag op Ellispark oor die Jaguares te verduidelik.

Die Johannesburgers was met 47-39 baas, maar het in die laaste 25 minute 26 onbeantwoorde punte gelek om 鈥檔 bonuspunt vir drie毛 deur hul vingers te laat glip.

N谩 drie drie毛 in die eerste 10 minute n谩 rustyd het die Leeus met sewe drie毛 teenoor twee gespog en was die Argentyne se doodsvonnis geteken. Maar die besoekers het die teendeel bewys dat die lugdruk en hul lang vlug oor die Atlantiese Oseaan hul bene vol lood sou maak. Die laaste kwart van die wedstryd was hul beste.

鈥淓k is dankbaar vir die wen, maar ek is nie tevrede met die drie毛 wat ons aan die einde deurgelaat het nie. Die Jaguares het goed gespeel vir daardie drie毛, maar ons moes wakkerder gewees het,鈥 het De Bruin ges锚.

鈥淰ir ons gaan dit nie net oor wen of verloor nie en hoewel hierdie uitslag 鈥檔 groot las van ons skouers haal, kan ons nie wegpraat dat hierdie vir lank gelyk het na een van ons gr贸贸t dae, en dit uiteindelik nie so groot was nie.鈥

Waaroor De Bruin wel bre毛bors was, is dat sy vertroue in 鈥檔 groot groep jongelinge beloon is.

Die 20-jarige buitesenter Wandisile Simelane is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys n谩 hy 鈥檔 drie gedruk, sewe verdedigers geklop en 121 meter met die bal gehardloop het.

Die flank Vincent Tshituka was 鈥檔 derduiwel op die aanval 茅n die verdediging, Gianni Lombard het die Jaguares op hul tone gehou nadat hy in die tweede helfte opgestuur is en Nathan McBeth het sy span se oorheersing in die skrums help voortduur n谩 hy by Dylan Smith oorgeneem het.

鈥淛y weet, ons het ses o.21-spelers betrek en die moed wat hierdie outjies gewys het . . . Niemand het vooraf gevra hoekom ons hulle vertrou teen wat in eintlik maar 鈥檔 internasionale span is nie, maar die enigste manier hoe jy 鈥檔 ou regtig toets is teen werklike top-teenstand.

鈥淗ulle het hulself bewys en nou het ons 鈥檔 gesonde situasie waar die ander spelers regtig hard sal moet druk om terug in die span te kom.

鈥淢cBeth was briljant aan die loskop-kant, Wandi was uitmuntend, Gianni het goed gevaar en Vincent was amper my Speler van die Wedstryd. Sy werketiek was s贸 hoog.

鈥淢aar ons moet ook nie van die senior spelers vergeet nie. Malcolm (Marx) het 鈥檔 ware kapteinsbeurt gespeel, Dylan, Kwagga (Smith), Ross (Cronj茅) 鈥 almal het vir 60 minute gehou by ons plan en uitstekend gespeel.鈥

Die Leeus speel Saterdag gasheer vir die Rebels, wat n谩 drie wedstryde nog onoorwonne is en Australi毛 se voorste span is. De Bruin is lugtig vir hulle.

鈥淗ulle het 鈥檔 baie goeie ruggraat en is steeds onoorwonne, so ons sal nie teen hulle kan slaap nie. Ons sal baie foute moet regstel voor Saterdag,鈥 het hy ges锚.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.141 seconds.