Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bly maar aan in Parys, sê Bulle aan Stassen
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Bly maar aan in Parys, sê Bulle aan Stassen

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39123
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bly maar aan in Parys, sê Bulle aan Stassen
    Posted: 08-Mar-2019 at 5:27pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bly-maar-aan-in-parys-se-bulle-aan-stassen-20190308

Die belowende jong Bul-voorspeler Hendré Stassen gaan nie terugkeer Loftus Versfeld toe nie.

Daar is op goeie gesag verneem die Franse klub Stade Français het die Bulle ’n ruim bedrag aangebied om Stassen se dienste permanent te bekom.

Die besluitnemers by Loftus het Stassen, wat tot 2021 ’n Bulle-kontrak gehad het, reeds in kennis gestel hy hoef nie meer aan die einde van die maand vir Superrugby-diens in Pretoria aan te meld nie.

Die 21-jarige Stassen, wat ewe tuis op slot en flank is, het die afgelope paar maande groot opgang gemaak in Franse rugbykringe.

Hy is aanvanklik net aan Heyneke Meyer se span in Parys geleen, maar sy impak in Stade se agttal was sedertdien so invloedryk dat die voormalige Springbok-afrigter hom nou by die Bulle afgerokkel het.

Sy markwaarde het die hoogte in geskiet en die vooruitsig om by die Bulle met Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jenkins mee te ding, het Stassen se loopbaanbesluit vergemaklik.

Die besluit kom op ’n tyd wat die Bulle sou kon doen met die Boksburg-bielie se fisieke spel.

De Jager en Snyman, dié franchise se twee voorste slotte, is albei beseer en ook Eli Snyman, wat hom verlede week uitstekend van sy taak gekwyt het teen die Leeus, kan nie môre teen die Haaie speel nie.

Die Bulle pak die besoekers nou met ’n saamgeflanste slotpaar van Jenkins en Hanro Liebenberg.

Stassen het verlede maand by Sun City by die groep aangesluit toe die Bulle ’n spanbousessie gehou het.

Dit was glo toe reeds duidelik dat sy kop Frankryk toe staan.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het kort daarna by navraag voet by stuk gehou dat Stassen ’n Bul bly.

“Hy het ’n kontrak met die Bulle en dit moet eerbiedig word. Ons het ’n leningsooreenkoms (met Stade) en dit is niks meer as dit nie,” het die BBM gesê.

Afgesien van die kans om Meyer as ’n mentor te hê, vind Stassen glo aanklank by die voormalige Ierse slot en kaptein, Paul O’Connell, wat Stade Français se voorspelers afrig.

* Die Bulle het verlede seisoen ook afskeid geneem van die belowende slot Ruben van Heerden.

Van Heerden, wat soos Stassen ’n Junior Bok is, het ’n kontrak van drie jaar met die Haaie gesluit en is môre ’n plaasvervanger teen sy ou span.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.120 seconds.