The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Haaie maak 4 veranderings vir Bulle-stryd |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 07-Mar-2019 at 10:31am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/haaie-maak-4-veranderings-vir-bulle-stryd-20190307
Robert du Preez, die Haaie se breier, het daad by woord gevoeg en vier veranderinge aan sy beginspan vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Bulle op Loftus Versfeld aangebring. Du Preez het dieselfde beginspan vir die eerste drie wedstryde van die seisoen gekies, maar ná die nederlaag van 11-16 teen die Stormers verlede week in Durban gesê hy gaan ’n paar rotasieskuiwe maak. In die agterlyn vervang Rhyno Smith die beseerde Aphelele Fassi op heelagter, terwyl die Springbok André Esterhuizen vir Jeremy Ward op binnesenter plek maak. Esterhuizen skuif na die plaasvervangersbank. Voorlangs kry die flank Wian Vosloo ’n kans in Tyler Paul se plek, terwyl Gideon Koegelenberg op slot in Ruan Botha se plek sak. Die jong slot wat hom verlede jaar van die Bulle by die Haaie aangesluit het, Ruben van Heerden, kan sy Superrugby-buiging vir die Haaie van die plaasvervangersbank af maak. Die jong haker Fez Mbatha is ook op die bank gekies. * Haaie: Rhyno Smith, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Jeremy Ward, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Jacques Vermeulen, Wian Vosloo, Hyron Andrews, Gideon Koegelenberg, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Fezokhule “Fez” Mbatha, Juan Schoeman Thomas du Toit, Ruben van Heerden, Phepsi Buthelezi, Grant Williams, André Esterhuizen en Curwin Bosch. |
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Drop Rob vir Ruan Botha.. haha
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ruan Botha en Esterhuizen...2 "groot" name wat hy gedrop het
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
En AE is die bokke se 2de keuse 12. Na Duh Duh. Ooooh ons het probleme in die wereldbeker!
Daar is huidiglik nie een 12 in SA wat goeie rugby speel nie.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |