Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Geluk Bulle, maar sjoe, Stormers, julle was sleg
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Geluk Bulle, maar sjoe, Stormers, julle was sleg

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Geluk Bulle, maar sjoe, Stormers, julle was sleg
    Posted: 19-Feb-2019 at 8:09am
https://www.netwerk24.com/Sport/Menings/geluk-bulle-maar-sjoe-stormers-julle-was-sleg-20190218

’n Week is ’n baie kort tyd in sport, so diegene wat die Stormers ondersteun, sal hoop dat hulle Saterdag op Nuweland teen die Leeus nie wéér hul naam krater maak nie.

Die afgelope naweek se vertoning op Loftus was sekerlik een van die swakste vertonings in die geskiedenis van dié Kaapse franchise. Dít in dieselfde week as wat die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, gesê het dat “hierdie die Stormers se jaar gaan wees”.

Vir eers moet elke Stormers-ondersteuner egter die Bulle krediet gee vir ’n uitstekende vertoning in hul sege van 40-3 op Loftus. Die Stormers is uitoorlê deur ’n beter span wat hulle in die lynstane verneder het, takties puik geskop en ook geleenthede op die aanval geskep en puik uitgebuit het.

Voorts het die Bulle se afrigtingspan ook ’n kishou teen hul eweknieë van die Stormers geslaan.

Ongeag die omstandighede, begin en eindig die aanspreeklikheid vir die Stormers se vertonings by Fleck, wie se kontrak vanjaar ten einde loop.

Die enigste manier waarop hy afgedank kan word, is indien dit só sleg begin gaan dat die Westelike Provinsie se rugbybase reeds voor dán besluit om hom van sy pligte te onthef.

Tog het ons die afgelope paar weke ook gesien dat rugbybase deel van die probleem is.

Daar is raadslede van die WP se amateurvleuel wat van klein klubs af kom en hul invloed op die unie se sake skep ’n wesenlike gevaar van die stert wat die hond kan swaai.

Nietemin kan die blaam vir patetiese vertoning nie sommer net na iemand anders verskuif word nie.

As spelers met rugbybase wil vergader op grond van bespiegelinge oor wie vorentoe die unie se direkteur van rugby gaan wees of span gaan afrig, moet hulle ook die soort vertonings lewer wat hul insette relevant maak.

Natuurlik is daar geen belangriker rolspelers as die spelers nie, maar daardie status kom ook met verantwoordelikhede.

Hulle het met hul kleitrappery op Loftus vir Nuweland waarskynlik twee derdes leeg gespeel vir die kragmeting met die Leeus. Selfs al wen die Stormers Saterdag, is daar blywende skade berokken met betrekking tot die unie se grootste inkomstestroom buite die uitsaaigeld wat aan hom oorbetaal word.

As daar ’n herlewing gaan wees, sal dit op die oefenveld moet begin. Die gevaarligte oor die Stormers se lynstaanspel het reeds in die voorseisoense wedstryd teen die Bulle geflikker en daar is nie op die oefenveld ’n oplossing gevind nie.

Natuurlik is jy net so goed as wat jou teenstander jou toelaat om te wees en daarom moet geen ontleding oor die Stormers aan die Bulle se vertoning afbreuk doen nie.

Maar die Kapenaars behoort selfs sonder hul eerstelinie-spelers beter te wees as wat hulle Saterdag op Loftus gewys het.

Hierdie week, teen die Leeus, speel hulle teen ’n klassieke span waar die betrokkenes eienaarskap en aanspreeklikheid omarm.

Die Stormers kan seker net beter vaar as die afgelope naweek, maar die vele leë losies en ’n keelvol ondersteunersbasis kan dit vir hulle bitter eensaam laat voel as dit Saterdag begin lyk asof die wiele gaan afkom.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.