Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Marnus se driekuns help Leeus se droogte breek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Marnus se driekuns help Leeus se droogte breek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Marnus se driekuns help Leeus se droogte breek
    Posted: 17-Feb-2019 at 7:48am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/marnus-se-driekuns-help-leeus-se-droogte-breek-20190217

’n Driekuns aan drieë deur hul oopkantflank, Marnus Schoeman, het die Leeus Saterdagaand in Buenos Aires gehelp om hul Superrugby-veldtog op ’n wennoot af te skop.

Die Leeus het die Jaguares met 25 – 16 geklop in dié spanne se eerste Superrugby-kragmeting van die seisoen.

Dit was die eerste keer in vier probeerslae dat die Leeus die Argentynse span in sy agterplaas kon klop.

Benewens Schoeman se drie drieë, het ’n skitterende vertoning op die verdediging die Leeus gehelp om dié stryd te wen.

Die Jaguares se dissipline het af en toe gelol en hulle het ver van ’n goed geoliede masjien gelyk.

Die Leeus kon egter nie strykdeur die vloeiende hardlooprugby speel waaraan ondersteuners gewoond geraak het nie. Daarom moes hulle op rotsvaste verdediging en goeie vaste fasette staatmaak om dié wedstryd te wen.

Al drie Schoeman se drieë het juis ná goeie vaste fasette gevolg. Sy eerste en derde het hy gedruk ná goeie rolmaalbewegings, terwyl die tweede een op ’n verwoestende Leeu-skrum gevolg het.

* Puntemakers

Leeus 25: Drieë: Marnus Schoeman (3). Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2).

Jaguares 16: Drie: Santiago Medrano. Doelskop: Joaquin Diaz Bonilla. Strafdoele: Bonilla (3).
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Feb-2019 at 8:00am
Almal het gewonder of hierdie agttal van ons hul man sal kan staan teen groter, meer fisieke agttalle. Wel ek haal my hoed af.. die manne het soos ysters gespeel en al agt het die harde, vuil werk gedoen van begin tot einde. Ons verdediging was ongelooflik en Joey verdien beslis 'n pluimpie daarvoor. Aan die negatiewe kant verloor ons steeds te veel balle in kontak en ons agterlyn het erg gejaagd gelyk... die Jaguares het wel die hele tyd weggekom met 'n gesteelde meter op die verdediging en is net twee keer daarvoor gestraf. Ons lynstane moet beter wees. Boeboes lyk stadig op die oomblik.. ek sal graag vir Combrinck op 15 wil sien vir 'n paar wedstryde.. ons mors hom op die bank.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.