Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Dié keer ‘geen verskonings’ vir Stormers
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Dié keer ‘geen verskonings’ vir Stormers

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Dié keer ‘geen verskonings’ vir Stormers
    Posted: 15-Feb-2019 at 9:55am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/die-keer-geen-verskonings-vir-stormers-20190214

Steven Kitshoff gaan vir tussen vier en ses weke afwesig wees, maar dit gaan nie ’n demper plaas op die hoë verwagtinge wat die Stormers in vanjaar se Superrugby-reeks koester nie. En dit begin in Saterdag se kragmeting met hul tradisionele aartsvyand, die Bulle, op Loftus.

“Ons het as ’n groep vier jaar gelede besluit dat hierdie ons jaar gaan wees. Ons is nie skaam om dit te sê nie. Die prosesse is nou verby en ons moet nou resultate lewer,” sê die Stormers se afrigter, Robbie Fleck.

“Van hierdie spelers was saam by die WP se Rugbyinstituut, het saam vir die o.21-span gespeel en daarna vir die Curriebeker-span. Hulle stap al ’n ver pad saam. Ons gaan alles insit. Daar sal nie verskonings wees nie.”

Twee ysters wat die pad saam met Kitshoff gestap het – die vaskopstut Frans Malherbe en slot Eben Etzebeth – is vandeesweek weens beserings ook nie beskikbaar nie.

Dit beteken dat die Stormers aansienlik verswak is in die area waar hul sterkpunt gesetel is – die vaste vyf.

Wilco Louw bly egter ’n stewige skrumanker en Ali Vermaak was al genoeg kere om die blok om die fort in Kitshoff se afwesigheid te kan hou.

Die skrumstryd kan dalk bepaal word deur hoe Corné Fourie en Neethling Fouché later as plaasvervangers vaar.

Die belowende Salmaan Moerat dra in Etzebeth se afwesigheid die nr. 4-trui, nadat hy Fleck beïndruk het in die onlangse voorseisoense wedstryd teen die Bulle in die Kaapstad-stadion.

Op Loftus gaan Moerat se taak natuurlik aansienlik moeiliker wees, maar Fleck het vir hom ’n groot mosie van vertroue gegee deur hom bo die Westelike Provinsie se Curriebeker-kaptein, Chris van Zyl, te kies.

Die vleuel Sergeal Petersen is nie oorweeg nie nadat hy vroeër vandeesweek eers van ’n voetbesering herstel het, terwyl die flank Cobus Wiese verlede naweek in die vriendskaplike wedstryd teen die Boland-Kavaliers ’n hou teen sy nek gekry het.

Damian Willemse is op losskakel eerder as heelagter gekies, maar volgens Fleck sal hy waarskynlik laaste vesting toe skuif wanneer Jean-Luc du Plessis opgestuur word. Dillyn Leyds is die heelagter in die beginspan.

Terwyl die Stormers selfvertroue put uit hul sege oor die Bulle in die Kaapstad-stadion, besef hulle ook dat dit nie noodwendig ’n rigtingwyser vir Saterdag se stryd is nie.

“Ons het vooraf gesê dat nie een van die twee spanne als sal wys wat hulle in die mou voer nie,” sê Fleck.

“Saterdag is dit ’n ander storie en vir enige Stormers-ondersteuners en ons spelers is daar nie ’n groter wedstryd as een teen die Bulle nie. Die Bulle het verlede jaar ná ’n goeie begin uitgesak, maar het nou meer ervaring met Duane Vermeulen en Schalk Brits wat bygekom het.”

Dillyn Leyds, JJ Engelbrecht, Ruhan Nel, Damian de Allende, SP Marais, Damian Willemse, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Salmaan Moerat, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Neethling Fouché, Chris van Zyl, Kobus van Dyk, Herschel Jantjies, Jean-Luc du Plessis, Dan du Plessis.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.