The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Kan Ruhan Bulle se spiertier tem? |
Post Reply ![]() |
Author | ||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 13-Feb-2019 at 9:01am |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kan-ruhan-bulle-se-spiertier-tem-20190212
Die definisie van ’n vuurdoop vir ’n buitesenter in sy Superrugby-buiging? ’n Tweestryd met Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes, in ’n Noord-Suid-derby op Loftus. Maar as die Stormers se Ruhan Nel senuagtig is oor die vooruitsig om Saterdag die Bulle se middelveld-spiertier, Jesse Kriel, in die oë te kyk, steek hy dit verbasend goed agter ’n breë glimlag weg. “Ek het op die Springbok-jaareindtoer teen Jesse geoefen. Hy’s ’n baie talentvolle speler, wat sy taak werklik goed verstaan. Ek besef dit gaan taai wees. Jesse put baie trots uit sy werk,” sê Nel. “Dis ons eerste Superrugby-wedstryd van die seisoen en ek maak my buiging teen die Springbok-buitesenter, so ja, dit gaan ’n goeie uitdaging wees.” Vir Nel, ’n voormalige Blitsbok, gaan dit sy grootste uitdaging in vyftienmanrugby wees. Hy het die afgelope twee seisoene vir die Westelike Provinsie in Curriebeker-eindstryde gespeel, maar die standaard is aansienlik hoër in die Superreeks. Dan weer het Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, al genoeg van Nel gesien om hom op 2018 se toer Noordelike Halfrond toe te neem. Terwyl Nel se spiere nie soveel bult soos Kriel s’n nie, beteken dit allermins dat hy nie taai is nie. Inteendeel, soos ander Blitsbokke kan hy meer as sy man staan en oefen hy kliphard. Nel meen dit kan hom baie baat om die Bok-binnesenter Damian de Allende aan sy binnekant te hê. “Ek is baie opgewonde daaroor om saam met Damian te speel. Dis vir enige buitesenter ’n droom om die Bokke se binnesenter langs hom te hê. Sy ervaring gee my ook baie rustigheid. Ons het ’n paar wedstryde saam in die Curriebeker-reeks gespeel en mekaar ook ’n bietjie leer ken op die jaareindtoer,” sê Nel. De Allende en Kriel is as die Bokke se voorkeur-senterpaar ook goeie maats, maar 80 minute se intense vyandskap is die onmiddellike vooruitsig. Gegewe die feit dat Erasmus hom hoog aanslaan, kan Nel ’n aanspraakmaker vir ’n plek in die Wêreldbeker-groep wees indien hy ewe gemaklik by Super- as Curriebeker-rugby aanpas. “Dit sal die verkeerde benadering wees om dinge te probeer forseer, veral omdat dit maar my eerste jaar van Superrugby is. Coach Rassie het ’n plan en jy sal nie vooraf weet of jy deel daarvan is nie. Enige speler wat die WB-groep wil haal, móét eenvoudig net die beste moontlike rugby speel,” sê Nel. Saterdag se derby het ook ’n bietjie meer van ’n angel danksy 2018 se Curriebeker-halfeindstryd tussen die WP en Blou Bulle op Nuweland. Die Bulle het byna vir ’n yslike opskudding gesorg, maar uiteindelik die knie voor die Streeptruie ná ’n strafdoel in bykomende tyd gebuig. “Ek onthou daardie wedstryd soos gister,” sê Nel. “Ons was net bly om dit in die 100ste minuut te kon deurtrek. Of dit nou Curriebeker- of Superrugby is, bly ’n Noord-Suid-derby iets om na uit te sien.” |
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
EK het nogal gewonder van wie praat die skrywer (Bulle se spiertier), nie gedink dis Jesse Kriel nie. LOL!
>>>Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes okay.....
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
hahahahahahahahahahaha
breath hahahahahahahahahahaha |
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek het nou net weer op die kalender gaan kyk en dis ook nie 1 April nie
|
||
![]() |
||
LeeuBrul ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Boksburg Status: Offline Points: 2260 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
SA se eie Captain Underpants....
|
||
Once a Lion always a lion
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Gelukkig vir ons speel hy vir hulle, hoef nooit te worry oor die vleuels nie, hulle sien nooit n bal nie
|
||
![]() |
||
Zibbie ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
dit maak my bekommered vir SA rugby oor die algemeen da ons so tekere gaan oor spelers wat nie noodwendig eers bo gemiddled is nie . Mens moet jouself af vra of Jesse gekies sou word vir bv die all back span ....
|
||
![]() |
||
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Sssshhhh, netnou maak hulle hom ook bedank...
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Of pretty much enige ander van die Top 10 internasionale spanne
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |