Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys: Bokke kom 1ste in WB-jaar
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Swys: Bokke kom 1ste in WB-jaar

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys: Bokke kom 1ste in WB-jaar
    Posted: 19-Jan-2019 at 6:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-bokke-kom-1ste-in-wb-jaar-20190118

Die All Blacks is steeds die span wat geklop moet word in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Swys de Bruin, die Leeus se hoofafrigter wat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, verlede jaar bygestaan het as sy aanvalskonsultant, het Vrydag in die Johannesburg-stadion gesê daar moet nie ’n vals beeld van veiligheid geskep word net omdat die Bokke verlede jaar goeie rekenskap van hulself teen die Nieu-Seelanders gegee het nie.

“Ons het wel goed gedoen teen hulle, maar die All Blacks is steeds die voorste span ter wêreld en ek glo ook van hul spanne sal die gunstelinge wees in die Superrugby-reeks,” sê De Bruin.

Erasmus het Donderdag besoek afgelê by die span van die Goudstad en sy planne vir die jaar aan hulle uitgestippel.

“Hy het vir ons gesê hoe hy wil hê die spelers moet rus sodat hulle behoorlik slaggereed kan wees vir die Wêreldbeker. In ’n Wêreldbeker-jaar soos hierdie kom die Springbokke eerste,” het De Bruin gesê.

Volgens De Bruin is dit egter ook vir hulle by die Leeus belangrik dat hulle ’n goeie kans gegun word om hul beste in die Superreeks te lewer.

“Ons sal moet slim boks en toesien dat ons Springbokke goed afgewissel word en nie oorspeel word nie, sodat hulle genoeg rus- en herstelkans tydens die Superreeks kry. Daar is ’n fyn balans wat gehandhaaf moet word, maar ons is oorgehaal om dinge korrek te doen,” sê hy.

“Ek is realisties oor die situasie waarin ons is en besef daar moet aan die groter prentjie gedink word.”

Die Leeus se breier het ook bevestig dat die Bulle-stut, Frans van Wyk, ’n eertydse leerling aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp, hom by die Leeus aangesluit het.

“Frans is ’n vaskopstut wat ook aan die loskopkant kan sak. Hy kom hier uit ons wêreld en ken van die spelers wat hier is aangesien hulle saam by Monnas gespeel het.

"Hy sal sommer maklik inskakel en ons stut-geledere help versterk,” vertel De Bruin.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.