Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Zondagh voltooi kringloop by Bulle
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Zondagh voltooi kringloop by Bulle

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39089
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Zondagh voltooi kringloop by Bulle
    Posted: 12-Jan-2019 at 7:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/zondagh-voltooi-kringloop-by-bulle-20190111

Daar is lekker in Pretoria gebrom toe die Bulle aan die einde van verlede jaar besluit het om ’n Kapenaar “in te voer” om die direkteur van rugby by Loftus Versfeld te word.

Die meeste ondersteuners in dié geweste het al vergeet van Alan Zondagh.

Min mense sal egter weet dat dié oudbreier van die Westelike Provinsie en Oostelike Provinsie se rugbylewe, soos Zondagh dit stel, 42 jaar gelede in die hoofstad begin het.

“Die kringloop word nou voltooi en dit is eintlik ongelooflik. “My eerste jaar as ’n getroude man was hier in Pretoria.”

Hy is in 1977 as die weermag se eerste voltydse rugbyadministrateur aangestel nadat hy by die Maties klaargemaak het.

“Dr. (Danie) Craven het my eendag ingeroep en gesê hy hoor ek moet nog weermag toe gaan.

“Hy het gevra of ek nie sommer ’n werk in die weermag wil hê nie.

“Ek het Pretoria toe gekom en Frik du Preez het die volgende jaar (1978) saam met my die weermag se rugbykantoor kom bestuur. Dit was wonderlike tye.”

Zondagh het sy debuut vir die destydse Noord-Transvaal gemaak en het op die bank gesit toe die Ligbloues in 1977 op Loftus teen die Vrystaat in die Curriebeker-eindstryd gespeel het.

“Tommy du Plessis het daardie dag in Barry Wolmarans vasgehardloop en ek was so amper op die veld.

“Ek sal nooit vergeet hoe ek angstig saam met Buurman van Zyl (die legendariese Noord-Transvaal-afrigter) by die tonnel gestaan en wag het vir my kans wat nooit gekom het nie.”

Sy rugbydae in Pretoria is die volgende seisoen beëindig toe hy in Potchefstroom vir die Ligbloues se o.25’s teen Wes-Transvaal se B-span gespeel het.

“Een van hul spelers het my met sy voorarms geloop en toe ek wakker word was ek terug in Pretoria. My kakebeen was op twee plekke gebreek.

“Ek het van my beste rugby hier gespeel.”

Terug na sy nuwe uitdaging by Loftus.

Zondagh sê hy het min geweet hy is op pad terug toe die Bulle hom verlede jaar gevra het om op ’n komitee te dien wat moes help om ’n nuwe hoofafrigter in John Mitchell se plek te kry.

“Ek is daarna ook gevra om ’n oudit van die unie se strukture te doen.

“Toe kom die vraag of ek daarin sou belangstel om die direkteur van afrigting te word.

“Ek het amper nie eens my vrou gevra nie. Dit is ’n helse uitdaging, maar ’n lekker een.

“Niks sal my groter bevrediging gee as om te sien dat die Bulle weer bekers wen nie.”

Zondagh skud sy kop wanneer jy hom uitvra oor hedendaagse rugby.

“Daar word wêreldwyd copy en paste-rugby gespeel.

“Hier kan twee spanne op Loftus speel, met onderskeidelik blou en rooi truie.

“Jy ondersteun die blou span. As hulle halftyd in die kleedkamer truie ruil, sal jy diep in die tweede helfte eers besef jou span speel nou met rooi truie.

“Ons moet wegbreek daarvan en iemand gáán dit doen. “Dan sal almal seker weer daardie rigting inslaan.”

Hy was al geskok om te sien tot hoe ’n mate spelers voorgeskryf word, sê Zondagh

“Ons rig op die oomblik robotte af, wat vasgevang is in strukture.

“Daar is mense wat dink dat ek net fokus op aanval en fairy-rugby wil speel. Dit is nie so nie. Ons spanne kan goeie besit kry, maar kan ons dit dan doeltreffend gebruik?”

As ons Januarie (as studente) teruggekeer het Stellenbosch toe, het ons altyd gewonder met watter nuwe nonsens Dok vorendag gaan kom.

Zondagh sê dr. Craven was ’n merkwaardige denker.

“As ons Januarie (as studente) teruggekeer het Stellenbosch toe, het ons altyd gewonder met watter nuwe nonsens Dok vorendag gaan kom.

“En hy was slim. Dít wat nie gewerk het nie, het hy stilletjies uitfaseer sonder om te erken dit was ’n slegte idee.

“Selfs in die tyd toe ek die OP afgerig het, het ek deurgery Stellenbosch toe om by hom te gaan kuier.

“Hy was toe al baie oud, maar het steeds ure se aantekeninge gemaak. Hy wou enduit iets nuut op die rugbyveld probeer het.”

“Ek wil hê ons moet hier by die Bulle nie bang wees om te waag nie.”

Zondagh wil die spelers verder bemagtig nadat Mitchell verlede seisoen die bal aan die rol gesit het.

“Ons moet die spelers, of dit nou Handré Pollard is of ’n outjie wat verlede jaar op die skoolbanke gesit het, afgeronde spelers maak wat in enige spelpatroon kan inpas.

“En besluitneming. Heng, dit is swak, swak, swák. Dit is nie uniek aan Suid-Afrikaanse rugby nie, maar dit is waar die All Blacks die groot voordeel het.”
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jan-2019 at 8:10am
Dis darem een ding van die Leeus.. niemand kan sê ons spelers speel soos robotte in 'n bepaalde patroon nie. Ons manne mag speel wat voor hulle is en back hulself en mekaar om die regte besluite neem.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.172 seconds.