The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Gary Teichmann |
Post Reply ![]() |
Author | |
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 07-Apr-2019 at 7:17am |
Weet iemand iets van die rumour dat Teichmann gaan waai by Sharks?
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/haaie-se-baas-waai-20190406
Haaie se baas waai Gary Teichmann, die Haaie se uitvoerende hoof, gaan in September die tuig neerlê. Die voormalige Springbok-kaptein, wat in 2016 tot die administrasie van rugby toegetree het toe hy die beleërde John Smit as uitvoerende hoof op Kingspark vervang het, sal egter voor sy vertrek eers ’n nuwe hoofborg vir die Haaie wil vind. Teichmann se kontrak van drie jaar verstryk in September en die aanduidings is dat hy nie langer in sy pos sal aanbly nie. Rapport het by drie ingeligtes verneem die 52-jarige Teichmann wil nie langer in een van die warmste stoele in Suid-Afrikaanse rugby sit nie. Teichmann, ’n suksesvolle sakeman, is gefrustreerd omdat die finansiële stand van Suid-Afrikaanse rugby en die swak waarde van die rand dit vir hom onmoontlik maak om span te bou. Die Haaie wou nie enige amptelike inligting oor Teichmann se toekoms bekend maak nie. “Ons reageer nie op bespiegelinge nie. As daar nuus oor enige moontlike skuiwe vorentoe is, sal ons die veranderinge dienooreenkomstig aankondig,” het Novashni Chetty, kommunikasiebestuurder van die Haaie, aan Rapport gesê. Teichmann, ’n produk van Maritzburg College, Cedara en Maritzburg Varsity, is weg van die rugbyveld ’n gerekende sakeman en is al langer as 20 jaar die eienaar van Teichmann Civils – ’n maatskappy wat masjinerie vir die konstruksiebedryf, paaie en grondverskuiwings in Afrika verskaf. Hy sal sy salaris weer heeltyds in sy onderneming verdien. Hy het destyds met sy aanstelling beklemtoon dat hy nie om geldelike redes by die Haaie betrokke raak nie, maar eerder oor sy passie en liefde vir die unie. Al was Teichmann die Haaie se uitvoerende hoof, het hy steeds baie van sy tyd aan sy eie onderneming bestee. Voordat Teichmann by Kingspark loop, sal sy grootste uitdaging wees om te verseker dat die Haaie ’n nuwe hoofborg het. Cell C se borgskap loop einde vanjaar tot ’n einde nadat hulle van 1 Januarie 2014 die hoofborg van die Durbanse span was. Rapport verneem Cell C was vroeër erg daarteen gekant om sy borgskap van die Haaie te verleng, maar ná onlangse bestuurskuiwe by die selfoondiensverskaffer is positiewe gesprekke met die unie gevoer, wat die Haaitenk hoop gegee het dat Cell C tog sy borgskap sal verleng. Die Haaie is so desperaat op soek na ’n hoofborg dat hy vroeër selfs gepoog het om Toyota Suid-Afrika te oortuig om hulle, eerder as die Cheetahs, te borg. Dié borgskap beloop sowat R90 miljoen oor drie jaar. SuperSport moes die Haaie ná die John Smit-era met sowat R40 miljoen uit ’n geldelike penarie help. In Durban word Eduard Coetzee, voormalige stut van die Haaie, as die mees geskikte plaasvervanger vir Teichmann beskou. Hy is die Haaie se bedryfshoof en is by die werwing van spelers betrokke. |
|
![]() |
|
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Dankie Tvl
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |