The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus op hete kole oor Whiteley |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 24-Feb-2019 at 7:53am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-op-hete-kole-oor-whiteley-20190223
Die Leeus sal dalk ’n ruk lank sonder hul besielende kaptein, Warren Whiteley, moet regkom in hul Superrugby-veldtog. Whiteley het die veld laat in die eerste helfte van die Leeus se nederlaag van 19-17 Saterdag teen die Stormers op Nuweland verlaat. Swys de Bruin, die Leeus se afrigter, kon onmiddellik ná die wedstryd nog nie sê hoe ernstig Whiteley se borsspierbesering is nie. “Dit lyk nie te positief nie. Ons hoop en bid hy sal reg wees. Ons sal kyk,” het De Bruin gesê. Die verlies van Whiteley kort voor rustyd was vir die Leeus ’n groot slag. Hulle was met die omdraaislag 14-6 voor, maar het in die tweede helfte beheer oor die wedstryd verloor. “Wazza is ’n ongelooflike leier en mens. Dis vir hom sleg dat hy moes afgaan. Jy kon sy emosie aan die einde sien. Dan is ek net só trots op die leierskap wat Elton Jantjies en Kwagga Smith daarna gewys het,” het De Bruin gesê. De Bruin was beïndruk deur sy voorspelers se spel in die eerste helfte, maar teleurgesteld in hoe sy span hul greep op die wedstryd verloor het. “Ons voorspelers was tot in ’n stadium uitstekend. En toe raak ons die pad byster met ons dissipline. Ons moes ons kanse benut het,” het hy gesê. “Ons het geweet die Stormers gaan kom met alles wat hulle het. Veels geluk aan Fleckie (die Stormers se afrigter, Robbie Fleck) en sy span dat hulle tot in die 84ste minuut baklei het. Ek’s bly vir Fleckie. Ek het vooraf met hom gesels. Hy was onder geweldige druk.” |
|
![]() |
|
Rooibonte8 ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: Rayton Status: Offline Points: 414 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Elton is nie n goeie kaptein nie hy gaan soos Bismark aan met die refs
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |