The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Swys kies 9 Bokke teen Jaguares |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Feb-2019 at 9:53pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-kies-9-bokke-teen-jaguares-20190212
Die Leeus se breier, Swys de Bruin, het ’n gesonde mengsel van jeug en ervaring in sy beginspan gekies vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Jaguares in Argentinië. De Bruin het nege Springbokke by sy beginspan ingesluit, terwyl verskeie spelers hul eerste proesel Superrugby vir die Leeus sal kry. Die breier sal hoop dié formule sal die Leeus help om hul eerste sege nóg oor die Jaguares in Buenos Aires te behaal. Die aanwins van die Kaap, die vaskopstut Carlu Sadie, sal hoop om homself as die voorste nr. 3 in die Goudstad te vestig. Hy sak langs die haker Malcolm Marx en die loskopstut Dylan Smith in die voorry. Op slot maak die groentjie Rhyno Herbst sy Superrugby-buiging langs die Springbok Marvin Orie. In ’n beweeglike lostrio, sak Hacjivah Dayimani en Marnus Schoeman op flank met die kaptein, Warren Whiteley, op agtsteman. Kwagga Smith is weens ’n kuitbesering nie oorweeg nie, maar kan volgende week reeds weer fiks wees. Stephan Lewies sukkel met ’n boarmspierbesering, maar ook hy kan volgende week weer gereed wees. Agterlangs sal Nic Groom en Elton Jantjies die skakelpaar vorm, met Harold Vorster en Lionel Mapoe die senterkombinasie. Die Springbokke Andries Coetzee, Courtnall Skosan en Aphiwe Dyantyi vorm die agterste driehoek. Vir die Leeus was die Jaguares in Argentinië nog altyd hul Achilleshiel en dit is ’n moeilike ontmoeting om ’n Superrugby-veldtog mee af te skop. Die Argentyne se temperament is egter van só ’n aard, dat dit onmoontlik is om te weet wat om aan die begin van die reeks van hulle te verwag. Daarom sal dit bitter belangrik wees dat Whiteley sy troepe doelgerig hou. ’n Vroeë nederlaag kan hul ambisie om ’n vierde agtereenvolgende eindstryd te haal, ’n groot knou toedien. Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Frans van Wyk, Jacobie Adriaanse, Ruan Vermaak, Robert Kruger, Dillon Smit, Wandisile Simelane, Ruan Combrinck. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |