The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Ervare bok Jannie kan Leeus kom regdokter |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Nov-2019 at 8:01am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ervare-bok-jannie-kan-leeus-kom-regdokter-20191120
Met die terugkeer van die veteraan Springbok-vaskopstut Jannie du Plessis na Suid-Afrika, sal sy nuwe span, na verwagting die Leeus, baat by sy magdom ervaring. Só sê een van Du Plessis se voormalige spanmaats by die Franse klubspan Montpellier, die Cheetah-kaptein, Ruan Pienaar. Montpellier het Du Plessis Dinsdag op Twitter gegroet, wat ’n aanduiding is dat hy op pad huis toe is. Daar is die naweek berig dat onderhandelinge met Du Plessis en die Westelike Provinsie se stut Carlu Sadie in ’n gevorderde stadium is. Ná die twiet is die kans goed dat Du Plessis voortaan Johannesburg sy huis sal noem. Du Plessis (37, 70 toetse) sal net soos Pienaar (35, 88 toetse), wat hom vanjaar by die Cheetahs aangesluit het, méér as net ’n rugbyspeler wees. Hy sal ook as mentor vir die jonger spelers dien – in Du Plessis se geval vir die stutte en in Pienaar se geval vir die skrumskakels. Gegewe die uittog van senior spelers met hope ervaring, is dit goed dat kundigheid en ervaring na die land terugkom. Du Plessis is een van ’n paar spelers wat besluit het om na Suid-Afrika terug te keer en terug te ploeg. “Jannie sal ongetwyfeld baie ervaring na die Leeus bring en ek dink vir enige stut wat nog ontwikkel en vroeg in sy loopbaan is, is Jannie die perfekte persoon om daar te hê,” sê Pienaar, wat sommer in sy eerste week met sy aankoms by die Cheetahs, die Junior Springbok-skrumskakel Rewan Kruger, onder hande geneem het. Hy sal beslis kom om sy rugby te geniet en ’n nuwe hoofstuk saam met die Leeus in Johannesburg te begin. “Jannie het baie kennis, hy is ’n wyse ou en die ouens by die Leeus sal beslis baie by hom leer. Ek dink dit gaan vir hom ook goed wees om terug te kom en tyd met sy familie te kan deurbring. Ek glo hy sal ’n goeie aanwins wees vir die Leeus.” Du Plessis, ’n mediese dokter, se senior loopbaan het in 2003 by die Vrystaat begin voor hy hom in 2008 by die Haaie aangesluit en toe in 2015 na Montpellier is. Ook Pienaar het sy loopbaan by die Blikore begin en self later Bloemfontein vir Durban verruil. Du Plessis se jonger broer, die Springbok-haker Bismarck, die senters Frans Steyn en Jan Serfontein, die losskakels Johan Goosen en Handré Pollard, die heelagter Henry Immelman, die slotte Jacques du Plessis en Paul Willemse (wat al vir Frankryk gespeel het), is die ander Suid-Afrikaners wat vir die Franse klub uitdraf. Steyn (32), wat vanjaar die tweede Springbok-speler naas die legendariese Os du Randt geword het om ’n tweede Wêreldbeker-wennersmedalje om sy nek te hang, se kontrak met Montpellier verstryk in Junie 2020. Hy het reeds ’n huis in Bloemfontein gekoop en in die wandelgange is daar gissings dat hy hom moontlik by die Cheetahs kan aansluit, maar na wat vertroulik verneem word, moet daar nog baie water in die see loop voor dit kan gebeur. Pienaar sê dat Du Plessis ’n taai rugbyspeler met ’n goeie werketiek is, wat hy glo sal afvryf op sy spanmaats. “Behalwe vir sy harde werk, beskik hy ook oor goeie leierseienskappe. Hy was betrokke by spanne wat baie suksesvol was en bekers gewen het. Ek dink nie net die stutte by die Leeus nie, maar al die spelers sal baie by hom kan leer,” sê Pienaar. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>Hy het reeds ’n huis in Bloemfontein gekoop en in die wandelgange is daar gissings dat hy hom moontlik by die Cheetahs kan aansluit
Klink of die onderhandelinge met hom dan deur die mat geval het, bietjie ver om elke dag van Bloem af JHB toe te ry vir oefening
|
|
![]() |
|
Paul ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 22-Apr-2017 Location: Gauteng Status: Offline Points: 244 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Lees dat Warren nie in 2020 gaan speel nie
|
|
![]() |
|
Niela ![]() Ervare Leeu ![]() Joined: 29-Apr-2019 Location: Johannesburg Status: Offline Points: 515 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Dit lyk so ja.
Not suprised , Ek voel baie jammer vir hom . Ek wonder wat so gebeur het as hy nie die game teen die chiefs gespeel het nie. Die hele Swys issue , het dalk WW so bietjie ge push om te speel , nou is hy basies klaar met speel. Weereens ,dink ek nie hy moet die forwards coach wees nie. Lemmer is goed, Julian ook. WW kan eerder die defense en line out coach wees, hy kon altyd die game goed lees en was altyd "op die regte plek" op defense |
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Waar lees julle dit?
|
|
![]() |
|
Paul ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 22-Apr-2017 Location: Gauteng Status: Offline Points: 244 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |