The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Brumbies 'aangeskakel' vir Leeus |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Online Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 11-Apr-2019 at 5:27am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/brumbies-aangeskakel-vir-leeus-20190410
Die Brumbies is op koers om van hul groot kanonne terug te verwelkom wanneer die Leeus in Canberra aankom vir Saterdag se Superrugby-kragmeting by die GIO-stadion. Boaan daardie lys sterre is die Wallaby-staatmaker David Pocock, wat uiteindelik weer fiks is nadat hy die afgelope klompie weke weens ’n kuitbesering langs die kantlyn was. Allan Alaalatoa (gewrig) is ook gereed om terug te keer. Die Brumbies gaan gebuk onder beserings. Pocock, Alaalatoa, Toni Pulu, Henry Speight, Sam Carter en Rob Valetini, almal gereelde name in die beginspan, is genoop om ’n deel van die seisoen mis te loop. Dit het die span se vermoë om kontinuïteit te handhaaf gekelder, terwyl Rugby Australië se versoek om ’n rotasiebeleid op sleutelspelers toe te pas, ook ’n impak het. Die Brumbies kon vanjaar slegs in Canberra seëvier, met oorwinnings teen die Chiefs en die Waratahs. Hulle beklee tans die vierde plek op die Australiese Konferensie nadat hulle vyf nederlae gely het, slegs een minder as die Sunwolves wat onderaan die punteleer pronk. Die Brumbies het verlede week in Christchurch vir 40 minute teen die Crusaders vasgebyt en was teen rustyd met 7-0 voor. ’n Bedrewe tweede helfte deur die tuisspan het egter verseker dat die Kiwi’s met 34-14 seëvier en ses drieë in die tweede 40 minute aanteken. Tom Banks, heelagter van die Brumbies, sê ná ’n “taai” oorsig is die span oorgehaal in die aanloop tot die kragmeting teen die Leeus. “Hulle is mal daaroor om die bal wyd te speel,” sê hy. “Ons moet vir die duur van die wedstryd aangeskakel wees. Ons moet in daardie tydperk ná rustyd onsself ingrawe en die wedstryd sterk klaarmaak. “Almal sien daarna uit om weer by die huis te speel, so ons is gereed om ons beste te lewer. Dan McKellar, afrigter van die Brumbies, maak Donderdag sy span bekend. |
|
![]() |
|
rooibont ![]() Pasgebore Leeu ![]() Joined: 15-Jun-2016 Location: Vereeniging Status: Offline Points: 72 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
HKGK my arme Lions !!
|
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
![]() |
|
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Mens kan hoop maar ek vir een gaan nie enige weddenskappe op die een aangaan nie...
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |