Print Page | Close Window

Haaie maak 4 veranderings vir Bulle-stryd

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7612
Printed Date: 17-Jun-2024 at 6:16pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Haaie maak 4 veranderings vir Bulle-stryd
Posted By: Transvaal
Subject: Haaie maak 4 veranderings vir Bulle-stryd
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/haaie-maak-4-veranderings-vir-bulle-stryd-20190307%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/haaie-maak-4-veranderings-vir-bulle-stryd-20190307

Robert du Preez, die Haaie se breier, het daad by woord gevoeg en vier veranderinge aan sy beginspan vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Bulle op Loftus Versfeld aangebring.

Du Preez het dieselfde beginspan vir die eerste drie wedstryde van die seisoen gekies, maar ná die nederlaag van 11-16 teen die Stormers verlede week in Durban gesê hy gaan ’n paar rotasieskuiwe maak.

In die agterlyn vervang Rhyno Smith die beseerde Aphelele Fassi op heelagter, terwyl die Springbok André Esterhuizen vir Jeremy Ward op binnesenter plek maak. Esterhuizen skuif na die plaasvervangersbank.

Voorlangs kry die flank Wian Vosloo ’n kans in Tyler Paul se plek, terwyl Gideon Koegelenberg op slot in Ruan Botha se plek sak.

Die jong slot wat hom verlede jaar van die Bulle by die Haaie aangesluit het, Ruben van Heerden, kan sy Superrugby-buiging vir die Haaie van die plaasvervangersbank af maak.

Die jong haker Fez Mbatha is ook op die bank gekies.

* Haaie: Rhyno Smith, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Jeremy Ward, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Jacques Vermeulen, Wian Vosloo, Hyron Andrews, Gideon Koegelenberg, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Fezokhule “Fez” Mbatha, Juan Schoeman Thomas du Toit, Ruben van Heerden, Phepsi Buthelezi, Grant Williams, André Esterhuizen en Curwin Bosch.



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:36am
Drop Rob vir Ruan Botha.. haha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:39am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Drop Rob vir Ruan Botha.. haha

Ruan Botha en Esterhuizen...2 "groot" name wat hy gedrop het


Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:42am
En AE is die bokke se 2de keuse 12. Na Duh Duh. Ooooh ons het probleme in die wereldbeker!

Daar is huidiglik nie een 12 in SA wat goeie rugby speel nie. 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net