The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Wiese Cheetahs se 5de geskorste |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40235 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 13-Nov-2019 at 9:33am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wiese-cheetahs-se-5de-geskorste-20191112
Hy is jammer oor die voorval in die Cheetahs se Pro14-wedstryd teen die Cardiff Blues wat sy span met 14 spelers gelaat het en bygedra het tot hulle derde nederlaag in net soveel toerwedstryde. So sê die agtsteman Jasper Wiese na sy rooikaart in die eerste kwartier in die spanne se kragmeting Saterdagaand in Cardiff, waar die tuisspan toe met 30-17 gewen het. Wiese sê dis vir hom moeilik om te sê presies wat deur sy kop gemaal het toe hy daardie gewraakte skouerloop by die losgemaal uitgevoer het. “Dit was maar in ’n oomblik van woede. Ek het my spanmaats om verskoning gevra, want ek het geweet ons kon daardie wedstryd gewen het. Ek voel maar sleg,” sê Wiese. Hy gaan nou die vyfde speler van die Cheetahs wees wat ’n skorsing moet uitdien. ’n Aankondiging hieroor word later die week verwag. Al drie Pro14-rooikaarte wat die Cheetahs tot dusver ontvang het, is vir presies dieselfde oortreding. Die slot Justin Basson (drie weke, teen Zebre in 2018 in Bloemfontein) en die senter Dries Swanepoel (drie weke, 2019 teen Connacht in Galway) is ook geskors nadat hulle teenstanders met die skouer by losgemale bygedam het. Die stut Ox Nche en senter Nico Lee moes vroeër ook skorsings na uitwysing uitdien. Wie sal die skorsing van 13 weke wat Lee opgelê is omdat hy sy neus op ’n speler van Connacht uitgesnuit het, vergeet? Nche was vir agt weke geskors vir ’n gevaarlike laatvat met die skouer teen Leinster in Dublin. Die Cheetahs het in hulle 49 wedstryde tot dusver in die Pro14-reeks altesaam 23 geelkaarte vir ongeoorloofde spel gekry, waarvan twee tot langtermynskorsings – dié van Nche en Lee – gelei het. Die Cheetahs is gewoonlik ’n gedissiplineerde span, so daar kan net gewonder word of die kaarte en strafskoppe wat hulle afstaan, nie te make het met hoe die skeidsregters in Europa die reëls vertolk nie. Wiese se voorganger, Henco Venter, wat hom aan die begin van die maand by die Haaie in Durban aangesluit het, sê hy het nie die Wiese-voorval gesien nie, maar dink tog Swanepoel was ongelukkig. “Sien die prentjie as volg: as jy gaan om die bal op die grond te steel en jou hande en kop is afwaarts, is al hoe jy die teenstander uit weg te kry met jou skouers,” verduidelik Venter. Hy sê dis duidelik dat die Cheetahs op hulle toer van Ierland en Wallis erg gefrustreerd was. “Daar moes frustrasies gewees het, veral in daai eerste wedstryd teen Connacht. Met die laaste skrum was dit ’n strafskop vir ons, maar hulle kry dit. ”Hy sê die wedstryde was so naby aanmekaar wat alles nog meer frustrerend maak, maar gee ook toe dat die Cheetahs te veel strafskoppe afstaan. “Die eerste drie wedstryde by die huis is daar baie minder strafskoppe afgestaan en ons het goeie oorwinnings behaal, so dis beslis iets wat gehanteer moet word. “Die ouens verstaan hoe belangrik dit is om balle te steel, maar dis ook waar die oortredings plaasgevind het,” sê Venter. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40235 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>>Die Cheetahs is gewoonlik ’n gedissiplineerde span,
>>>>Die Cheetahs het in hulle 49 wedstryde tot dusver in die Pro14-reeks altesaam 23 geelkaarte vir ongeoorloofde spel gekry, waarvan twee tot langtermynskorsings – dié van Nche en Lee – gelei het. ja right
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |