Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Wêreldliga: ‘SA sal nie oorhaastig besluit’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Wêreldliga: ‘SA sal nie oorhaastig besluit’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Wêreldliga: ‘SA sal nie oorhaastig besluit’
    Posted: 11-Mar-2019 at 5:40am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wereldliga-sa-sal-nie-oorhaastig-besluit-20190309

Wêreldrugby se besluitnemers kom dié week in Dublin byeen om die voorstel te bespreek van ’n Wêreldliga, wat rugby soos ons dit ken, drasties kan verander.

Planne vir die nuwe toetsliga, wat van 2022 ingestel sal word, het tot groot ongelukkigheid gelei toe dit vroeër uitgelek het.

Ons sal geen besluit neem totdat ons die besonderhede aan ons rugbyunies kan voorlê nie. Só sal ons ’n besluit in belang van die toekoms van rugby in Suid-Afrika kan neem.

Die plan behels dat die Sesnasies-reeks, Rugbykampioenskap en Leeus-toere as “juwele” behou sal word. ’n nuwe Wêreldliga sal in twee afdelings beslis word, met ’n stelsel van promosie en relegasie.

Daar sal afsonderlike konferensies vir die Sesnasies- en Rugbykampioenskap-spanne wees en twee tweederangse nasies, Japan en Fidji, sal hulle by die Rugbykampioenskap aansluit.

SA Rugby se twee verteenwoordigers by Wêreldrugby – Mark Alexander, SARU se president, en Jurie Roux, uitvoerende hoof, het Vrydagaand na Dublin vertrek om die land se standpunt oor te dra

Hulle het belowe geen besluite sal geneem word voordat dit aan aandeelhouers voorgelê word nie.

“Ons sal geen besluit neem totdat ons die besonderhede aan ons rugbyunies kan voorlê nie. Só sal ons ’n besluit in belang van die toekoms van rugby in Suid-Afrika kan neem,” het Alexander gesê.

Sir Bill Beaumont, wêreldrugby se grootbaas, het die krisisgesprek in Ierland aangelê nadat spelers van die Stille Oseaan-eilande gedreig het om te staak omdat hulle aanvanklik uitgesluit is uit die Wêreldliga.

Beaumont het die dringende vergadering die week met Sanzaar en Sesnasies-lande belê, en Japan en Fidji saamgenooi vir samesprekings.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter en SA Rugby se direkteur van rugby, het die Wêreldliga se voorgestelde stelsel van promosie en relegasie verwelkom.

“Tans speel jy nie ’n wedstryd nie en jy beweeg op en af op die ranglys en niemand is regtig seker of jy eintlik nommer een of vyf is nie,” sê Erasmus.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.088 seconds.