Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Wynand geskok oor wat by Bulle aangaan
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Wynand geskok oor wat by Bulle aangaan

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Wynand geskok oor wat by Bulle aangaan
    Posted: 13-Mar-2018 at 8:30am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wynand-geskok-oor-wat-by-bulle-aangaan-20180312

Daar kan vandeesweek ’n magstryd om die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) se presidentskap agter die skerms afspeel.

Die BBRU-president, Gert Wessels, is in die spervuur nadat daar verlede week ’n mosie van wantroue teen hom ingedien is by Loftus Versfeld.

Wessels, wie se termyn aan die einde van die jaar ten einde loop, het in uniegeledere in onguns gekom – glo grotendeels weens lenings wat die unie in 2017 aan die Blou Bulle Maatskappy (BBM) gemaak het.

Die BBRU het ’n 50%-aandeel in die BBM, so ook die beleggingsmaatskappy Remgro.

Luidens die mosie het die unie aanvanklik ’n lening van R8,43 miljoen aan die BBM, wat onder gewelde finansiële druk is, toegestaan.

Die lening moes glo teen Februarie 2017 terugbetaal word, maar dit het nie gebeur nie.

’n Groep gegriefdes voer in die mosie aan dr. Eugene Hare, die unie se uitvoerende hoof, het op 30 Oktober 2017 “sonder enige goedkeuring of voorlegging van voorwaardes aan die unie” ’n verdere lening van R5 miljoen goedgekeur.

Hierdie lening is eers terugbetaalbaar wanneer die BBM weer winsgewend is.

Die lening en die voorwaardes daarvan is eers op 28 Januarie 2018 op ’n uniekomitee-vergadering voorgelê.

Die unie het boonop ook waarborg gelewer vir R7,5 miljoen van die maatskappy se skuld.

In die mosie, onder leiding van Henri van Aswegen, ’n adjunkpresident van die BBRU, word aangevoer die lening en waarborg is “roekeloos” en dat die lening eintlik as ’n skenking beskou moet word “aangesien die terugbetaal daarvan hoogs onwaarskynlik is”.

Van Aswegen-hulle is van mening Wessels se oordeel as president het hom in so ’n mate in die steek gelaat dat die unie finansiële krisis op hande het.

Wessels het aangedui hy sal die komende week sy saak stel nadat hy ’n regsmening gekry het.

Wynand Claassen, ’n oud-kaptein van die Bulle en die Springbokke, sê dit is skokkend om te verneem wat by die unie aangaan.

In die ou dae het jy manne soos wyle Fritz Eloff in die raadsaal gehad. Hulle was top-akademici en rugbymanne in murg en been.

“Dit is duidelik dat swak bestuur die eens magtige unie op die rand van ’n finansiële ramp het. En dit word eintlik weerspieël in die vertonings op die veld.

“In die ou dae het jy manne soos wyle Fritz Eloff in die raadsaal gehad. Hulle was top-akademici en rugbymanne in murg en been.”

Claassen sê die lening wat eers terugbetaalbaar is wanneer die BBM weer ’n wins behaal, gaan die verstand te bowe.

“Watter soort lening is dit? Dit lyk of goeie bestuur en tradisie by die agterdeur uit is.

“Die geel truie waarmee die span Saterdag (teen die Reds) gespeel het, is ’n manifestasie wat by Loftus aangaan.”

Die mosie teen Wessels kan dalk al aanstaande week op ’n buitengewonde algemene vergadering ter tafel gelê word.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2018 at 8:43am
>>>“Die geel truie waarmee die span Saterdag (teen die Reds) gespeel het, is ’n manifestasie wat by Loftus aangaan.”

LOL!
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 759
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2018 at 11:41am
Daar is lank al probleme met hulle administrasie. Lyk my hulle is nou waar ons was in die tyd van Manie v1.0 .
Back to Top
rooitrui View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 17-Apr-2016
Status: Offline
Points: 217
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote rooitrui Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2018 at 1:46pm
Spelers wat nie eers ib sr groep is nie,kry dsn 800 plus per jaar
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.