Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - WP ontlont geldbom nét betyds
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Waratahs at Ellis park on Saturday 28 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

WP ontlont geldbom nét betyds

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 22372
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: WP ontlont geldbom nét betyds
    Posted: 07-Jul-2018 at 7:59am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-ontlont-geldbom-net-betyds-20180706

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) het Vrydag net betyds ’n tydbom ontlont oor sy skuld van etlike miljoene aan die sakereus Remgro.

Dit volg op ’n aanmaningsbrief op 7 Junie deur die regsfirma ENSafrica, namens Remgro, waarin aan die WPRU gesê is dat hy teen 6 Julie sekuriteit móét kan gee deur ’n verband op een van sy eiendomme te registreer.

Indien ’n verband nie in Remgro se guns geregistreer is nie, sou hy sy lening binne vyf dae kon opeis.

Daardie krisis is egter nou gesystap, het Remgro bevestig.

“Die WP het vir ons sekuriteit vir die lening gegee,” sê Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro.

Hy wou nie sê watter een van die WP se eiendomme betrokke is nie, maar Netwerk24 verneem by betroubare bronne dat dit die Nuweland-stadion is.

Vir die WPRU se grootbase was dit ’n geval van benoude boude nadat die unie se klubs aanvanklik daarteen gekant was om ’n eiendom as sekuriteit te bied. Die klubs het egter vandeesweek ten gunste daarvan gestem.

Remgro het aan die einde van 2016 by vier geleenthede geld aan die WP voorgeskiet toe die unie se sakevleuel, WP Rugby (Edms.) Bpk., gelikwideer moes word.

Daar was drie lenings aan die WPRU – R7,51 miljoen op 3 November, nóg R7,51 miljoen op 25 November en R19 miljoen op 22 Desember.

Op 22 Desember is daar deur Remgro ook R9,88 miljoen geleen aan Newco, die maatskappy wat ná WP Rugby (Pty) Ltd se likwidasie gestig is.

Die totale lenings was R43,9 miljoen en rente word sedertdien teen primakoers gehef.

Remgro het die geleentheid gehad om sy lenings in aandele te omskep, maar het uiteindelik daarteen besluit op grond van die voorwaardes wat deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gestel word vir buitepartye om in provinsiale unies te kan belê.

Dit het die WPRU in ’n tamaai geldkrisis gedompel en daar is gehoop dat ’n nuwe belegger bekom sou word om die skuld te kan betaal. Daar is herhaaldelik deur die WP om uitstel gevra totdat Remgro se geduld opgeraak het.

Met die krisis voorlopig gesystap, sal die fokus nou verskuif na die WP se onderhandelinge met ’n nuwe belegger wat hopelik die skuld sal kan afbetaal.

Daar is ook nog die kwessie van die skuif na die Kaapstad-stadion, maar ’n finale ooreenkoms is glo nog nie tussen die WPRU en Stad Kaapstad onderteken nie.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3014
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jul-2018 at 8:08am
Hmm.. Skuif hulle nie nou na Cape Town Stadium toe nie? Die vorige bok toets was mos die laaste een op Nuweland? In daai geval wonder ek maar net hoeveel is Nuweland self dan nog werd, en dalk was dit baie slim van WP om dit vir Remgro te gee?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 22372
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jul-2018 at 8:11am
Wel blykbaar is die eindom BAIE werd, so dalk eerder 'n slim skuif van Remgro om dit goedkoop te bekom. Klink in elk geval soos 'n wen wen vir almal
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 459
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jul-2018 at 10:51am
Twee groot issues wat ons rugby in die geheel, en sommer uit die staanspoor kelder word aangeraak in hierdie artikel:

"Vir die WPRU se grootbase was dit ’n geval van benoude boude nadat die unie se klubs aanvanklik daarteen gekant was om ’n eiendom as sekuriteit te bied. Die klubs het egter vandeesweek ten gunste daarvan gestem."

Dat die klubs moet stem en besluit oor die bestuur van die unie is verouderd en om eerlik te wees belaglik. Hierdie model moet sou gou as moontlik geskarp word. Maar ons sê dit al vir 20 jaar...

"Remgro het die geleentheid gehad om sy lenings in aandele te omskep, maar het uiteindelik daarteen besluit op grond van die voorwaardes wat deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gestel word vir buitepartye om in provinsiale unies te kan belê."

Deur die bestuur en beheer van 'n unie aan "buitepartye" te verkoop kan NET goed wees.
Up the Vaal!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 22372
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jul-2018 at 11:01am
2 baie geldige punte wat jy maak
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.