Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - WP lyk onstuitbaar
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

WP lyk onstuitbaar

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: WP lyk onstuitbaar
    Posted: 01-Oct-2018 at 6:24am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-lyk-onstuitbaar-20180930

Tensy die Westelike Provinsie homself nou met ’n haelgeweer in die voet skiet, is hy op koers om sy Curriebeker-titel vanjaar op Nuweland te kan verdedig.

Die WP het die Haaie Saterdag met 50-28 verniel en ’n ligapunt uit sy oorblywende wedstryd teen die Blou Bulle op Loftus behoort genoeg te wees om seker te maak dat hy bo-aan die puntelys eindig. Danksy die naweek se sege is die WP reeds seker van ’n tuishalfeindstryd.

Vir die Haaie is die deur nog op ’n skrefie oop. ’n Bonuspuntsege oor Griekwas in Kimberley kan hulle bo-aan die puntelys laat eindig indien die WP met leë hande van Loftus af terugkeer.

Te oordeel aan wat die Streeptruie tot op hede opgedis het, is dit egter hoogs onwaarskynlik dat hulle in Pretoria gaan droogmaak. Inteendeel, hulle sal uitsien na die wedstryd in toestande op die Hoëveld wat waarskynlik bevorderlik vir hardlooprugby gaan wees.

Al wat die WP se kaptein, Chris van Zyl, ná Saterdag se sege gepla het was sy span se swak dissipline. Hy meen dis die rede waarom die Haaie 21 onbeantwoorde punte aangeteken het en van ’n agterstand van 31-7 tot by 31-28 uitgekom het.

“Een ongedwonge strafskop op die middellyn het nog vier tot gevolg gehad as gevolg van die druk. Die energie van die wedstryd is deur dissipline verskuif,” sê hy.

Terselfdertyd was die WP se afrigter, John Dobson, in sy noppies dat sy span kon hergroepeer en uiteindelik gemaklik kon wen.

“Op 31-28 was dit die eerste keer vanjaar dat ons werklik getoets is. Die momentum was by die Haaie en hulle was vyf meter voor ons doellyn. Om daarna terug te kom en drie drieë aan te teken, spreek boekdele van die span se karakter,” sê Dobson.

Die Haaie se afrigter, Robert du Preez, het die nederlaag op die ken gevat en erken dat die WP “briljant” was.

Du Preez kon wel die positiewe vind dat sy span byna ’n verlore saak beredder het.

“Ons het baie goed gevaar deur terug in die wedstryd te kom, maar is deur foute gekelder. Die WP se uitvoering was goed,” het Du Preez gesê.

“Ons het ook ’n gulde geleentheid verbrou om punte aan te teken met ’n ingooi bo-oor die lynstaan. Dit het die gang van die wedstryd verander.”

Die Haaie het dikwels deur die WP se verdedigingslinie gebreek, maar die tuisspan het hom deur desperate dekverdediging uit die moeilikheid gewikkel.

Moontlik het die Haaie ook die fout gemaak om die wedstryd aanvanklik op die Kapenaars se terme te speel.

Teen die WP is die beste benadering waarskynlik om direk te speel eerder as om uitnodigings aan sy buiteagterspelers te rig om betrokke te raak.

Hoe losser hoe beter vir die WP, wat van buitesenter tot heelagter weer eens vlymskerp was.

“Die ouens het baie karakter en veggees gewys, maar dis ’n bietjie van ’n wekroep en terug tekenbord toe vir ons,” sê Du Preez.

* Die reeks hervat op 12 Oktober.

* Puntemakers: Westelike Provinsie 50 (31): Drieë: Jaco Coetzee, Ruhan Nel, Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Salmaan Moerat, JJ Engelbrecht, Chad Solomon. Doelskoppe: SP Marais (6). Strafdoel: Marais. Haaie 28 (21): Drieë: Marius Louw, Tyler Paul, Gideon Koegelenberg, Aphelele Fassi. Doelskoppe: Robert du Preez (4).
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3302
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Oct-2018 at 7:58am
Ongelukkig is dit so, WP ganie sommer hierdie CC verloor nie
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 1292
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Oct-2018 at 9:55am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ongelukkig is dit so, WP ganie sommer hierdie CC verloor nie

Stem, maar dit sal lekker wees as hulle doen Big smile
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3302
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Oct-2018 at 10:16am
Enigste manier is as hulle te oorgerus raak, en iemand verras hul in die uitklop rondtes. Maar ek dink nie dit gaan sommer op Nuweland gebeur nie. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.