Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - WP gee Griekwas streepsuiker
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in a Super Rugby Quarter-Final at Ellis Park on Saturday 22 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

WP gee Griekwas streepsuiker

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14697
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: WP gee Griekwas streepsuiker
    Posted: 17-Jul-2017 at 8:24am
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-gee-griekwas-streepsuiker-20170716

Dis bitter selde dat ’n sege vir die Stormers oor die Bulle nie deur die rugbygemeenskap in die Moederstad as die naweek se hoogtepunt gereken word nie, maar die Westelike Provinsie het met die wen van die SuperSport-uitdaagreeks Sondag die kollig gesteel.

Met hul sege van 28-19 oor Griekwas in die eindstryd op Floridapark in Ravensmead het die Streeptruie boonop hul veldtog onoorwonne afgesluit.

Anders as verlede jaar, toe die Kapenaars grappenderwys hul eie trofee vir die wen van die Provinsiale Reeks gekoop het, het hulle hierdie jaar silwerware gekry. Daarby ook prysgeld van R500 000, wat Kaapse rugbybase in hierdie moeilike tye breed sal laat glimlag.

Seker die enigste groot fout wat met die WP se vertoning gevind kan word, is dat hy gepoog het om ’n groot voorsprong te beskerm eerder as om daarop voort te bou.

As jy egter rustyd reeds met 28-0 voor is, is dit seker onafwendbaar dat jy in die tweede helfte van die agtervoet af gaan speel.

Griekwas verdien wel baie krediet vir hul manmoedige poging om terug in die wedstryd te kom, maar die agterstand was te groot om uit te wis.

By tye was die besoekers ook aan verbeeldinglose rugby skuldig. As jy sulke groot baldraers het sal die versoeking altyd daar wees om direk te speel, maar die WP se verdediging was veral in die eerste helfte uitstekend.

Dis veral die lostrio van die kaptein, Eital Bredenkamp, Johan du Toit en Jaco Coetzee wat hul stemme by die afbreekpunte dik gemaak het.

Agterlangs was die flair van manne soos die losskakel Kurt Coleman, die vleuels Bjorn Basson en Marcello Sampson, en heelagter Craig Barry ook bepalend.

Die voormalige SA o.20-losskakel Brandon Thomson verdien ook ’n pluimpie vir ’n goeie vertoning op binnesenter. Sy binne-aangee na Barry was bepalend in die skep van ’n drie vir Jurie van Vuuren en dit was ook ’n slim skop deur hom wat reg gespring het vir Sampson se tweede drie.

Basson moes vroeër die skeidsregter, Egon Seconds, uit die pad stamp om by die doellyn uit te kom om die telbord aan die rol te kry, terwyl hy ook die omkeerbesit help afdwing het vir Sampson se drie daarna.

Griekwas het tot hul groot krediet gesorg dat die tuisskare eers in die laaste 10 minute ophou naels kou, maar sal seker ruiterlik erken dat die WP sy sege verdien het.

Met die Stormers se grofgeskut en al wat grootbaas was van die WP deel van ’n geesdriftige tuisskare, was hierdie inderdaad ’n spesiale dag vir die unie.

Die WP het nie net ’n trofee gebuit nie, maar dit in die hart van sy rugbygemeenskap gedoen.

Puntemakers:

Westelike Provinsie 28 (28): Drieë: Bjorn Basson, Marcello Sampson (2), Jurie van Vuuren. Doelskoppe: Kurt Coleman (4).

Griekwas 19 (0): Drieë: Nicolaas Oosthuizen, Koch Marx, Tertius Kruger. Doelskoppe:André Swarts (2).

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.088 seconds.