Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Willemse ‘wil rassisme in hof ontbloot’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Willemse ‘wil rassisme in hof ontbloot’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Willemse ‘wil rassisme in hof ontbloot’
    Posted: 21-Jun-2018 at 5:32am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/willemse-wil-rassisme-in-hof-ontbloot-20180620

Dit wás rassisme en Ashwin Willemse gaan die gelykheidshof nader om dít aan die lig te bring, sê Nqobizitha Mlilo, die oud-Springbok-vleuel se regsverteenwoordiger.

Hy glo ook die verslag deur adv. Vincent Maleka SC is ’n “tragedie wat nie die papier waarop dit gedruk is, werd is nie”.

Dit blyk hieruit duidelik die stof het nog lank nie gaan lê nadat SuperSport Dinsdag bekend gemaak het dat Maleka in sy ondersoek geen aanduiding van rassisme of selfs subtiele rassisme van Nick Mallett of Naas Botha teenoor Willemse kon vind nie.

Die uitsaaier het Maleka verlede maand dié mandaat gegee nadat Willemse op 19 Mei in ’n regstreekse uitsending aangevoer het hy word (deur Mallett en Botha) ondermyn en verkleineer voordat hy uit die ateljee gestap het.

SuperSport het bevestig Willemse het nie aan die ondersoek deelgeneem nie omdat hy aangedui het hy was nie daarvan oortuig dat dit die regte forum is om sy griewe te lug nie.

Gideon Khobane, SuperSport se uitvoerende hoof, sê dit is jammer dat Willemse nie aan die ondersoek wou deelneem nie, veral aangesien hy nie aanvanklik daarteen kapsie gemaak het nie.

Mlilo het egter teenoor SuperSport uitgevaar en sê hulle het reeds op 5 Junie, toe Willemse en sy regspan met Maleka vergader het, hul kommer oor die aard van die ondersoek uitgespreek.

“Ons het gevra wat is die wetlike status van die ondersoek wat adv. Maleka uitvoer.

“Die kontraktuele verhouding tussen Ashwin en SuperSport is die van ’n onafhanklike kontrakteur, so wat presies is die wetlike grondslag van die ondersoek? Maak dit sin om bloot afsonderlik met al die partye onderhoude te voer en dan ’n verslag op te stel?”

Maleka gee in sy verslag toe dit is “armer” met Willemse se insette wat ontbreek.

Mlilo sê SuperSport het uit die staanspoor – ter wille van skadebeheer – eensydig besluit daar was nie rassisme betrokke nie.

Dit blyk uit Maleka se verslag dat Willemse homself weerspreek het in die week ná die voorval.

Luidens die verslag het Willemse op 21 Mei – in ’n vergadering met Khobane en Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice – gesê hy dink nie Mallett en Botha was rassisties teenoor hom nie. Hy het ook gesê hy is nie van mening dat sy medeontleders rassiste is nie en is bereid om weer saam met hulle te werk.

“Ek het geen rede om dié weergawe in twyfel te trek nie, aangesien albei uitvoerende hoofde dit afsonderlik bevestig het,” het Maleka bevind.

Willemse het wel daarna in opvolgvergaderings met Khobane en Mawela (van 22 tot 24 Mei) aangevoer dit was rassisme wat tot die uitstapvoorval gelei het.

SuperSport het in die lig hiervan besluit op ’n onafhanklike ondersoek.

Mlilo sê sy kliënt het kennis geneem van Khobane se voorneme om na hom toe uit te reik.

“Hy wag nog daarvoor, want dit het beslis nog nie gebeur nie.”

Op die vraag van wanneer Willemse die gelykheidshof gaan nader, het Mlilo geantwoord: “Die dokument (wat aan die gelykheidshof voorgelê sal word) word geproeflees.”

Die kantoor van Tokozile Xasa, minister van sport en ontspanning, sê intussen daar is geen rede waarom sy Mallett en Botha om verskoning moet vra oor die mediaverklaring wat sy ’n dag ná die voorval uitgereik het nie.

“Daar is in die verklaring duidelik verwys na beweerde rassisme en daardie bewoording was korrek,” sê Vuyo Mhaga, haar woordvoerder.

Xasa het onder meer in die verklaring gesê “die neiging van sekere wit Suid-Afrikaners wat aanhou dink hulle velkleur verteenwoordig beter, moet tot ’n einde kom”.

Mhaga sê die minister het kennis geneem van die Maleka-verslag, maar meen dit skets nie die volle prentjie nie met Willemse wat nie deelgeneem het nie.

“Dit word steeds verwelkom, veral gegewe die aanbevelings wat adv. Maleka gemaak het.”
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 289
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jun-2018 at 6:36am
Sal dit nie oulik wees as ou As deur die nader ander twee aanbieders van naamskending aangekla word nie. Trek sommer die minista ook by...
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Online
Points: 1874
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jun-2018 at 8:05am
Hierdie storie dink ek gaan nog lank aan hou.

Once a Lion always a lion
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jun-2018 at 9:15am
Weet regtig nie wat dink hy gaan hy bereik nie. Almal is ondervra en daar was geen rasse kwessie nie. Moet 'n regter nou beslis dat dit net in Ashwin se kop rassisme was? Hy maak sy naam gat. Die man het regtig issues.
Back to Top
petri View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 04-Apr-2016
Status: Offline
Points: 184
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote petri Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jun-2018 at 1:05pm
Ek dink die sleutelwoorde hierso is "unintended racisism" and "perceived racisism". Hulle is baie lief vir die tweede een, want niemand kan vir jou se hoe jy moet voel, of hoe jy iets moet interpreteer nie. Word ook die "lived experience" genoem.

Ek kan sien hoe hy die hofsaak wen.
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 381
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jun-2018 at 3:46pm
Ons leef in 'n land waar 'n vrou tronk to gestuur word vir rassistiese taalgebruik na sy geroof is, so enige iets is moontlik.
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 394
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 3:47pm
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1629
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 4:04pm
It's his perception, but unfortunately a person's perception is his reality.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.