Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Junior Bokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Waar’s 2012 se Junior Wêreldkampioene dan heen?
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Hurricanes in a Super Rugby Semi-Final at Ellis Park on Saturday 29 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Waar’s 2012 se Junior Wêreldkampioene dan heen?

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14744
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Waar’s 2012 se Junior Wêreldkampioene dan heen?
    Posted: 06-Jan-2017 at 6:22am
http://rugby.maroelamedia.co.za/2017/01/06/waars-2012-se-junior-wereldkampioene-dan-heen/

As net twee van 2012 se Junior Wêreldkampioenspan in 2016 vir die Springbokke gespeel het, wat het dan van die res geword?

Die twee manne uit 31 wat verlede seisoen die Groen en Goud gedra het, was Suid-Afrika se speler van die jaar, Pieter-Steph du Toit (slot en flank), wat sy getal toetse tot 20 opgeskuif het, en Steven Kitshoff (stut) met tien toetse agter sy naam.

Wat die ander drie Bokke betref wat die groep opgelewer het, het Handré Pollard (losskakel), `n Bok in 20 toetse, van `n langtermynbesering herstel; en het Jan Serfontein (26 toetse) en Raymond Rhule (geen toetse nie) naas 12 ander groeplede Superrugby gespeel. Twee van hulle het na afloop van die seisoen – nes agt ander wat die stap reeds vroeër geneem het – hul heil oorsee gaan soek.

Tussen dié het Allan Dell (stut, Skotland) en Braam Steyn (agsteman, Italië) verlede jaar toetsrugby vir ander lande gespeel.

Drie van 2012 se wêreldkampioene het verlede jaar Curriebekerrugby gespeel; nog twee het in die Eerste Liga van die Curriebekerreeks gespeel; en nóg een in die reeks se opstelronde. `n Ander het klubrugby in die Westelike Provinsie gespeel.

Jan Serfontein - sy seisoen dalk klaar (Foto: Inus Grobler)

Jan Serfontein (Foto: Inus Grobler)

Superrugby

Buiten Rhule (driekwart of heelagter) het William Small Smith (senter) en Maks van Dyk (stut) vir die Cheetahs gespeel. Hy het sedertdien by die Franse Top14-klub Toulouse aangesluit.

Paul Jordaan (senter), Ruan Botha (slot) en Franco Marais (haker en flank) het vir die Sharks, en Fabian Booysen (losvoorspeler) vir die Lions gespeel. Jordaan speel nou vir La Rochelle in die Franse Top14.

Oli Kebble (stut),  Dillyn Leyds (vleuel) en Jaco van Wyk (senter) het Superrugby vir die Stormers gespeel.

Benewens Serfontein, wat die Junie-toetse teen Ierland weens `n besering misgeloop het, het Travis Ishmael (vleuel) en Marvin Orie (slot) vir die Bulls uitgedraf. Ishmael het Suid-Afrika A teen die Engelse Saxons verteenwoordig.

Shaun Adendorff (Foto: The Mac Attack)

Shaun Adendorff (Foto: The Mac Attack)

Curriebeker

Shaun Adendorff (flank) het `n Blitsbok (2014) geword en in 2016 Curriebekerrugby vir die Boland gespeel. Khaya Majola (flank) het op dié vlak vir die Sharks en Tony Jantjies (losskakel) vir die Blou Bulle gespeel

In die reeks se Eerste Liga het Mark Pretorius (haker) vir die SWD Arende en Vian van der Walt (skrumskakel) vir die OP Kings gespeel.

David Schmidt (losskakel) het vir die Blou Bulle in die opstelronde van die reeks gespeel.

Tshotsho Mbovane (vleuel) het vir die klub Hamiltons in die WP se Superliga A gespeel.

Oorsee

Dean Hammond (vleuel) blink vir die klub Worcester Warriors in die Engelse Premierliga uit.

Allan Dell (Foto: The National)

Allan Dell (Foto: The National)

In die Franse Top14 is daar naas Van Dyk en Jordaan ook Wiaan Liebenberg (flank) en Paul Willemse (slot) by Montpellier.

In die Europese Pro12-reeks speel Pat Howard (senter) vir Newport Gwent Dragons, en die toetsspelers Dell vir Edinburgh en Steyn vir Benetton Treviso.

Abrie Griesel (skrumskakel) het ná `n tydperk by die Ierse klub Young Munster in Limerick tot Munster se provinsiale span deurgebreek.

Jason Thomas (haker) het in 2014 by die Engelse Kampioenskapsklub Jersey aangesluit. Hy is egter deur beserings gery en kon na twee vriendskaplike wedstryde nie weer die eerste span haal nie. Die klub het hom later laat gaan en hy het oënskynlik van die radar verdwyn.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14744
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 6:23am
Dis presies wat fout is met die junior Bokke, hulle kies NIE die beste spelers nie
Back to Top
petri View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 04-Apr-2016
Status: Online
Points: 122
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote petri Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 9:26am
Maar dis nie nuus nie.

As mens moet eerlik wees, het beide Handre en Jan 'n paar toetse gekry meer op reputasie as spelpeil. Handre het in die Bokke ingewals, en vanjaar was Jan nie naastenby die beste senter nie.

Ek hou niks van Toetie nie, maar hel, hy het ook maar 'n moeilike werk met al die droog wat die mense onder hom maak.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 774
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 10:35am
Cream will always rise to the top. It is actually sad that many of the players that do well at age group level do not make it to provincial and SR teams. 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 1933
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 1:28pm
Dit maak mos nie sin dat elke junior bok eendag n senior bok moet word nie? Soos ek die artikel verstaan het meeste van daai junior bok span wel super rugby of ten minste senior rugby iewers gespeel. Hulle het obviously as n span en kombinasies goed gespeel op junior vlak, maar dit beteken nie al 15 individue is goed genoeg om senior bokke te word nie...

En ek stem oor Pollard. Hy het destyds reguit van daai junior toernooi in die bok span ingestap. Sonder enige super rugby ervaring (as ek reg onthou). Ja hy het hier en daar n goeie game gehad, maar hy word nes Lambie so opgehemel dis nie eers snaaks nie
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 774
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 1:43pm
Leeubok, I agree with your first statement/question. It does not follow that every junior bok will make the Springboks, through a variety of factors, plus the fact that incumbents are still there. However those are players that should be snapped up by franchises and brought into their systems. They have shown they have the talent, and mental capacity to play at the highest levels. If I was Toetie, or any other Bok coach for that matter would want to cast my net wide to bring as many potential Bokke into the systems. Especially if a ban or limit is placed on the number of overseas players a coach can use. 

Collaboration between the Bok coach and junior coaches is a must. That is where a DOR comes in handy, because he can facilitate that. By identifying and making sure young talent is correctly utilised, one can then make sure that only the best of the best are selected to play for South Africa.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 1933
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 1:59pm
Lion4ever, sure, I agree with you. Recognizing and KEEPING young talent local is a must. 

But what I'm saying is that a lot of that talent did get a chance of playing high level rugby in SA. Only 2 players were "lost", the 2 okes that went on to play for Scotland and Italy. 

4 of them made it to the springbok team. 12 of them played super rugby and several played currie cup. 

Many of them have since then gone overseas, but that's just part of a bigger problem we have. 
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 774
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Jan-2017 at 2:53pm
If SARU and the SR franchises identified and brought through the correct young talent, the only thing we would be worrying about would be how to match the Euro and the Yen.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.121 seconds.