Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Pro 14
  New Posts New Posts RSS Feed - Vasbyt vir Kings, of nog slae wag
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis Park on Saturday 24 February 2018, kickoff 15:05 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Vasbyt vir Kings, of nog slae wag

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 18157
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Vasbyt vir Kings, of nog slae wag
    Posted: 12-Feb-2018 at 5:27am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/vasbyt-vir-kings-of-nog-slae-wag-20180211

Die Southern Kings sal vinnig van hul Noord-Ierse nagmerrie moet herstel anders wag daar nog twee lang weke vir hulle in Brittanje.

Ulster het die Kings Vrydagaand in Belfast in ’n Pro14-wedstryd met 59-10 afgeransel.

“Ek is natuurlik bitter teleurgesteld met die uitslag omdat ek voel die groep het heelwat verbeter sedert die begin van die reeks en ons het gehoop om Ulster te verras,” sê Barend Pieterse, die Oos-Kapenaars se hulp-afrigter.

Daar was vooraf baie selfvertroue in die Kings se kamp omdat hulle Ulster vroeër in die reeks byna geklop het.

Maar die Kings het Vrydagaand in Belfast een van hul swakste vertonings hierdie seisoen gelewer.

In die eerste helfte was dit eenrigting verkeer en het die Kings omtrent net verdedig.

In die tweede helfte het hulle darem hier en daar beter gelyk, maar dit was steeds die Ierse span wat hulle met lang-afstand teenaanvalle seergemaak het.

Min van die Kings kan trots voel op hul spel. Die slot Bobby de Wee en die flank Tienie Burger het wel met met oorgawe verdedig.

Ulster het die meeste besit geniet en het skitterend en doelgerig aangeval.

Veral in die eerste helfte was die Kings se taktiese skopwerk ’n bron van frustrasie. In dié opsig was die heelagter masixole Banda die grootste sondaar.

Twee Kings, die skrumskakel Rowan Gouws en die plaasvervanger-vaskopstut, Dayan van der Westhuizen, het enkelbeserings opgedoen.

Die losskakel Martin du Toit se rugbesering het hom volgens die spandokter, Clement Plaatjies, ook weer probleme gegee.

Die Kings speel Vrydag in Swansea teen die Ospreys voor hulle Leinster die week daarna in Dublin pak.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1204
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Feb-2018 at 11:11am
Unfortunately, the Kings are an embarrassment for SA rugby. They had a reasonable SR season, but have imploded spectacularly, being cannon fodder in most matches. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.