Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Toulon glo op Etzebeth se spoor, maar . . .
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 22 September 2018, kickoff 17:15 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Toulon glo op Etzebeth se spoor, maar . . .

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24107
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Toulon glo op Etzebeth se spoor, maar . . .
    Posted: 14-Sep-2018 at 1:27pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/toulon-glo-op-etzebeth-se-spoor-maar-20180914

Hoewel verskeie Franse publikasies vandeesweek bespiegel het dat Eben Etzebeth hom ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi by die Franse klub Toulon kan aansluit, was dié groot Springbok-slot Vrydag geheimsinnig oor sy toekomsplanne.

“Ek is nog tot 2019 gekontrakteer,” is al wat dié 26-jarige wou sê oor die gerugte dat Toulon bereid sal wees om R17 miljoen per jaar vir sy dienste te betaal.

“ ’n Mens sal eers daarna (die WB-toernooi) moet sien of ek bly en of ek oorsee gaan speel. Solank ek net vir Suid-Afrika kan speel, dis my hoofdoel. Dit maak nie saak waar ek is nie.

“Ek is lief vir Suid-Afrika. Ek is ook lief vir my familie en Kaapstad. Ek het nie vroeër geskuif nie aangesien ek nie seker was of ek vir die Bokke sou kon speel nie.

“Dis my droom om vir die Bokke te speel. Ek wil dit lewend hou.”

Indien Etzebeth wel besluit om Toulon sy tuiste te maak einde volgende jaar, sal hy die voorbeeld van spelers soos Bakkies Botha, Danie Rossouw, Bryan Habana en Duane Vermeulen volg, wat ook vir dié Franse klub gespeel het.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3283
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Sep-2018 at 1:45pm
Dit sal stupid wees om dit NIE te doen nie. Teen daai tyd het hy al naby 90 toetse en 2? wereldbekers gespeel. Tyd om te gaan geld maak.. Of eerder nog meer as wat hy al klaar kry!

En hy is over-rated by the way, so ek sal nie enige krokkedil trane huil as hy weg is nie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24107
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Sep-2018 at 1:51pm
Dis verseker baie meer geld as wat hy kan verdien as hy by die Stormers bly, so beste is om dir kans aan te gryp. Kan dit vir 5 jaar of so doen en dan amper R100m in die bank he...LOL!
Back to Top
Paul View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 22-Apr-2017
Location: Gauteng
Status: Offline
Points: 135
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Paul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Sep-2018 at 1:53pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Dit sal stupid wees om dit NIE te doen nie. Teen daai tyd het hy al naby 90 toetse en 2? wereldbekers gespeel. Tyd om te gaan geld maak.. Of eerder nog meer as wat hy al klaar kry!

En hy is over-rated by the way, so ek sal nie enige krokkedil trane huil as hy weg is nie
stem leeubok hy is baie overated, din as Snyman meer kans kry sal hy beter speel.
Back to Top
Billy2 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 26-Jun-2018
Status: Offline
Points: 42
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Billy2 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Sep-2018 at 2:13pm
Wil hulle hom nie al more vat nie!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.