Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Wen is nie alles, sê Swys ná Leeus weer kleitrap
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Wen is nie alles, sê Swys ná Leeus weer kleitrap

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Wen is nie alles, sê Swys ná Leeus weer kleitrap
    Posted: 14-Apr-2019 at 8:18am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wen-is-nie-alles-se-swys-na-leeus-weer-kleitrap-20190413

33 verbroude duikslae. ’n Hele handvol aangeë wat in niemandsland beland het. Twee lynstaanballe oor die springers se koppe en twee skrum-inploffings deur die voorry.

Swys de Bruin, die Leeus se afrigter, was gistermiddag vasberade dat daar positiewe aspekte in sy span se Superrugby-wedstryd teen die Brumbies in Canberra was – maar hy kan nie ontken dat daar meer negatiewes was in hul nederlaag van 20-31 nie.

Die Johannesburgers het meer as genoeg balbesit gehad en ook nie ’n uitspattige hoeveelheid tyd in hul eie helfte deurgebring nie, maar hulle het keer op keer in hul eie pad gaan staan wanneer dit gelyk het of hulle begin momentum bou.

Te gereeld is balle net oor die skouer gewerp in die hoop dat ’n spanmaat naby genoeg is om dit op te tel. Te gereeld is ondeurdagte grondskoppies na die dankbare hande van Brumbies-spelers gelanseer. Te gereeld het die Leeus nie hul besit op die grond beskerm nie.

Die span van Johannesburg se groot doodsteek was egter sy verdediging, wat nooit georganiseerd was om die Brumbies aan bande te lê nie. Die Australiërs is net ’n skaduwee van die span wat verdedigingslinies in die Super12 flenters gesny het, maar die Klas van 2019 het steeds die vermoë om met fasespel en flinke voete chaos te saai.

Waar die Leeus ’n paar keer stadig en sleepvoet op die aanval was, het die Brumbies alles volspoed gedoen. Malcolm Marx was in die middelveld ’n yster op die verdediging en gretig om amok op die grond te maak, maar rondom hom het sy spanmaats gevou onder die Brumbies se volgehoue druk.

Hul middag is min of meer opgesom deur ’n oomblik in die 63ste minuut toe hulle ná drie minute van volgehoue aanval in die Brumbies-kwartgebied by ’n losgemaal van die bal af gedruk en tot terug in hul eie helfte gedwing is.

Dit was net een van twee handevol verspeelde kanse.

De Bruin het ná die tyd aan die Australiese media gesê hy is teleurgesteld, maar dat sy span in die lig van die groot aantal jongelinge wat vanjaar aangewend word, nie net speel om te wen nie.

“In dié stadium gaan dit nie oor wen of verloor nie. Dit klink vreemd dat ek dit sê, maar daar is soveel ouens wat ons nou inbring en moet grootmaak,” het De Bruin gesê. “Ons het sedert verlede jaar 13 spelers verloor wat in Europa gaan speel het. Vandag (gister) het ons ’n loskop gehad wat net 20 is (Nathan McBeth), Hacjivah (Dayimani, die agtsteman) is net 20 . . . Dié wedstryde is hoe hulle leer.

“Ons is min of meer op dieselfde plek as wat ons in 2014 was.”

De Bruin moet daarteen waak om net deur daardie bril na gister se wedstryd te kyk. Sy veterane het immers gesukkel om hul stempel af te druk.

Elton Jantjies het die wedstryd uitstekend begin deur die bal met perfekte tydsberekening vleuel toe te stuur vir Aphiwe Dyantyi se drie, en later self agter die doellyn gaan kuier nadat hy ’n los bal opgepik en om drie verdedigers gedans het. Maar hy het ook ’n strafskop weggegooi deur die bal oor die doodlyn te skop, byna die helfte van sy duikslae gemis en twee stelskoppe verbrou.

Ruan Combrinck, wat vir die eerste keer in ses weke in die Leeus se beginspan was, het gewys hy het steeds ’n vaartversnelling om oor huis toe te skryf en ’n oog vir ’n gaping, maar hy het ook sy kanaal wyd oop gelaat om ’n bal te probeer onderskep en saam met sy spanmaats toegekyk hoe die Brumbies se linkervleuel, Toni Pulu, doellyn toe storm sonder dat ’n hand op hom gelê word.

Op die ander vleuel het Dyantyi sterk gestaan onder die hoë bal en 120 m op die aanval gewen, maar ’n bal in sy eie 22 by die kantlyn uitgewerp, terwyl daar nog ’n skrale kans op ’n terugvegpoging was.

Die buitesenter Lionel Mapoe het in sy 100ste Super-wedstryd vir die Leeus ’n vinger in die oog gekry en met ’n bebloede gesig van die veld gestap, maar geen werklike impak gemaak nie.

De Bruin kan met reg tevrede wees dat sy spelers die tempo probeer opdruk het met die bal in die hand – maar hy móét hulle help om dit slimmer te doen. Vinnige hande is meer ’n las as ’n bate wanneer ’n speler nie seker is dat daar ’n ondersteunende spanmaat naby is nie. Aangee net ter wille van aangee, kry nie punte op die bord nie.

Ná twee agtereenvolgende nederlae dreig die wiele nou om van die Leeus-bus te val – en met wegwedstryde teen die Chiefs en Crusaders in die volgende twee weke is dit dalk net om die draai.

Om te skuil agter die leerskool waardeur jou jongelinge gaan, sal dit nie kan keer nie.

Punte:
Lachlan McCaffrey, Toni Pulu, Tevita Kuridrani, Tom Banks, Tom Wright. Doelskoppe: Christian Lealiifano (3).
Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Sylvian Mahuza. Doelskop: Jantjies. Strafdoel: Jantjies.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Apr-2019 at 11:13am
Nee wat, stem nie met Swys saam nie. Ons is nie n skadu van die span wat die ondersteuners opgewonde gemaak het in 2014 nie... Ons het bie veel gewen nie, maar ons was opwindend, ons spelers het alles volspoed gedoen en ons het week na week verbeter. Ons het ook nie teen die SA spanne op Ellispark pakslae gekry nie. Ons raak wragtig van verlede jaar af, net swakker en swakker... Kom ons wees ook maar eerlik, as dit nie vir die simpel konferensie sisteem was nie sou ons waarskynlik ook nie verder as die kwarteindrondte gevorder het nie. 
Ons "bou" alweer soos in Loffie se tyd... Oor 2 jaar met Swys en sy laaitie aan die stuur, gaan ons weer n seisoen met 0 wenne afsluit, hopelik sal ons bestuur dan besef ons is in die moeilikheid en n ordentlike hoofafrigter aanstel...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Billy3 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 23-Feb-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 49
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Billy3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Apr-2019 at 11:49am
Ek se altyd dis investment seisoen.Ek dink ons moet dit so sien. En ons moet eerder Currie beker teiken. 
Back to Top
Billy3 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 23-Feb-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 49
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Billy3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Apr-2019 at 12:01pm
Sean Erasmus moet ook Currie beker span afrigter wees. Hy met Baie van Jong talent gewerk op skool vlak. 
Back to Top
Red_Machine View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 14-Mar-2018
Location: Vanderbijlpark
Status: Offline
Points: 558
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Red_Machine Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Apr-2019 at 8:55pm
wen is nie alles nie???? A professional sports team can not have that kind of mindset, winning must be your only goal.
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 514
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Apr-2019 at 10:16pm
Entertainment is a large part for sport, but being competitive is even a more important. At present we're heading on the same path to where we were before being kicked out of SR. 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 7:24am
Wat 'n bol twak!!! Hoe de hel kan wen nie alles wees in professionele sport nie? Nee regtig Swys!
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 8:20am
Hoe kan n hoof afrigter sulke dinge kwytraak? Confused
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 8:24am
Ek het nogal gedink die artikel gaan reaksie uitlok, want natuurlik is wen alles in professionele sport
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 8:28am
Dit is nie die eerste keer wat hy dit se nie. Hy het al baie keer gese wen is nie sy prioriteit nie, aanskoulike rugby en driee druk is. Ek dink regtig die GLRU bestuur moet 'n geselsie met hom he en vertel dat WEN rugby toeskouers se boude op Ellispark sit! Nie 5 prag driee vir ons maar 8 driee vir die opposisie nie!
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 8:41am
Weet ons al of Emirates hulle borgskap aan ons gaan hernu? 
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 9:22am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Weet ons al of Emirates hulle borgskap aan ons gaan hernu? 

Nee ons weet nog nie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 9:23am
Of dalk weet die Leeus al maar ek weet nie
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 9:51am
Die "wen is nie alles nie" filosofie het by Ackerman begin. Ek dink die media ruk ook die dinge n bietjie uit verband uit. 
Wen is belangrik, maar hoe stop jy die gate toe wat spelrs wat weg, beseer of uit vorm is gelaat het, sonder om kombinasies te toets?
Klomp van ons het gekla oor oa Vorster se vorm. Nadat hy gedrop was, het kry Naude speelkans. Hy vaar nie veel beter nie, inteendeel, hy was ook maar power. Die volgende move was om Mapoe 12 toe te skuif - 'n move wat ek nogal dink suksesvol was - en Simelane op 13 te begin. Hy speel n game of wat goed, maar word teen die Rebels vervang oor hy ook kleitrap. Apiwe kom op 13 op, en gryp sy kans met albei hande aan. Nou kla almal dat n vleuel op 13 gespeel word, en n 13 op 12, maar nie een van die ander ouens wat nie gespeel het, het regtig hulle kanse benut nie.
Wat is n afrigter se volgende stap? Hou hy aan probeer om die regte kombinasie te soek, of volstaan hy met Naude op 12 en Mapoe op 13, en gee nie ander spelers n kans nie?
Volstaan hy met sekere spelers wat nie op vorm is nie, word hy gekritisser. Kies hy jong spelers in hulle plek, word hy gekritiseer.
Ons wil nie een die woord bou hoor nie, want Loffie het van bou n loopbaan gemaak. As daar dan nie ge bou mag word aan n span nie, hoe vul jy die gate wat gelaat is? Hoe bring jy spelers deur die sisteem as jy hulle nie op die vlak mag toets nie?
Geen unie het meer die geld om n kampioenspan te koop nie. 
Back to Top
Red_Machine View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 14-Mar-2018
Location: Vanderbijlpark
Status: Offline
Points: 558
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Red_Machine Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 9:59am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Of dalk weet die Leeus al maar ek weet nie
please inform us as well TVL.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 10:12am
Originally posted by valie valie wrote:

Die "wen is nie alles nie" filosofie het by Ackerman begin. Ek dink die media ruk ook die dinge n bietjie uit verband uit. 
Wen is belangrik, maar hoe stop jy die gate toe wat spelrs wat weg, beseer of uit vorm is gelaat het, sonder om kombinasies te toets?
Klomp van ons het gekla oor oa Vorster se vorm. Nadat hy gedrop was, het kry Naude speelkans. Hy vaar nie veel beter nie, inteendeel, hy was ook maar power. Die volgende move was om Mapoe 12 toe te skuif - 'n move wat ek nogal dink suksesvol was - en Simelane op 13 te begin. Hy speel n game of wat goed, maar word teen die Rebels vervang oor hy ook kleitrap. Apiwe kom op 13 op, en gryp sy kans met albei hande aan. Nou kla almal dat n vleuel op 13 gespeel word, en n 13 op 12, maar nie een van die ander ouens wat nie gespeel het, het regtig hulle kanse benut nie.
Wat is n afrigter se volgende stap? Hou hy aan probeer om die regte kombinasie te soek, of volstaan hy met Naude op 12 en Mapoe op 13, en gee nie ander spelers n kans nie?
Volstaan hy met sekere spelers wat nie op vorm is nie, word hy gekritisser. Kies hy jong spelers in hulle plek, word hy gekritiseer.
Ons wil nie een die woord bou hoor nie, want Loffie het van bou n loopbaan gemaak. As daar dan nie ge bou mag word aan n span nie, hoe vul jy die gate wat gelaat is? Hoe bring jy spelers deur die sisteem as jy hulle nie op die vlak mag toets nie?
Geen unie het meer die geld om n kampioenspan te koop nie. 

Die media ruk dit nie uit verband nie, Swys het dit al menigte kere gese.

Valie, mens verstaan as spelers uit form uit is dat Swys ander dinge gaan probeer. Partykeer werk dit en partykeer nie. In die begin was Vorster en Mapoe horribaal uit form uit. Swys doen die regte ding en probeer 'n ander kombinasie met Mapoe op 12 en Simelani op 13. 2 games was dit 'n great kombinasie, maar na 1 halwe van minder goeie spel en Simelani het nognie weer die 23 tal gehaal nie. En ek het dalk die sukses van Apiwe op 13 heeltemal gemis, want wat ek van hom daar gesien het was nie great nie. Franco Naude het nou 'n paar wedstryde gehad en nog gladnie impress nie. 

Waarom gee Swys dan nie die Mapoe-Simelani kombinasie weer n kans nie? Combrick, Boeboes en Skosan is almal al geroteer of gedrop oor hul form af was, maar elkeen het weer kans gekry om te bewys sy form is terug. Maar Vorster nie.. 

En dan is daar nog Reynolds wat ek regtig glo meer kanse gegun word. 

Maar ek is nie die coach nie, ek ken die ouens nie persoonlik nie en sien nie hoe hulle oefen nie. Al wat ek weet is ons staan op 4 wenne uit 8, en dit is nie goed genoeg met die squad wat Swys het nie. 
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 10:29am
Originally posted by valie valie wrote:

Die "wen is nie alles nie" filosofie het by Ackerman begin. Ek dink die media ruk ook die dinge n bietjie uit verband uit. 
Wen is belangrik, maar hoe stop jy die gate toe wat spelrs wat weg, beseer of uit vorm is gelaat het, sonder om kombinasies te toets?
Klomp van ons het gekla oor oa Vorster se vorm. Nadat hy gedrop was, het kry Naude speelkans. Hy vaar nie veel beter nie, inteendeel, hy was ook maar power. Die volgende move was om Mapoe 12 toe te skuif - 'n move wat ek nogal dink suksesvol was - en Simelane op 13 te begin. Hy speel n game of wat goed, maar word teen die Rebels vervang oor hy ook kleitrap. Apiwe kom op 13 op, en gryp sy kans met albei hande aan. Nou kla almal dat n vleuel op 13 gespeel word, en n 13 op 12, maar nie een van die ander ouens wat nie gespeel het, het regtig hulle kanse benut nie.
Wat is n afrigter se volgende stap? Hou hy aan probeer om die regte kombinasie te soek, of volstaan hy met Naude op 12 en Mapoe op 13, en gee nie ander spelers n kans nie?
Volstaan hy met sekere spelers wat nie op vorm is nie, word hy gekritisser. Kies hy jong spelers in hulle plek, word hy gekritiseer.
Ons wil nie een die woord bou hoor nie, want Loffie het van bou n loopbaan gemaak. As daar dan nie ge bou mag word aan n span nie, hoe vul jy die gate wat gelaat is? Hoe bring jy spelers deur die sisteem as jy hulle nie op die vlak mag toets nie?
Geen unie het meer die geld om n kampioenspan te koop nie. 


Dit is nie heeltemaal waar nie. Simelane het na die Rebels game ook nog teen die Sunwolves gespeel en baie goed daar gedoen en begin mooi kombineer met Mapoe, maar was toe vir some reason ewe skielik volgende game gedrop vir n vleuel.


Edited by TunaLion - 15-Apr-2019 at 10:30am
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1505
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 12:49pm
Originally posted by valie valie wrote:

Die "wen is nie alles nie" filosofie het by Ackerman begin. Ek dink die media ruk ook die dinge n bietjie uit verband uit. 
Wen is belangrik, maar hoe stop jy die gate toe wat spelrs wat weg, beseer of uit vorm is gelaat het, sonder om kombinasies te toets?
Klomp van ons het gekla oor oa Vorster se vorm. Nadat hy gedrop was, het kry Naude speelkans. Hy vaar nie veel beter nie, inteendeel, hy was ook maar power. Die volgende move was om Mapoe 12 toe te skuif - 'n move wat ek nogal dink suksesvol was - en Simelane op 13 te begin. Hy speel n game of wat goed, maar word teen die Rebels vervang oor hy ook kleitrap. Apiwe kom op 13 op, en gryp sy kans met albei hande aan. Nou kla almal dat n vleuel op 13 gespeel word, en n 13 op 12, maar nie een van die ander ouens wat nie gespeel het, het regtig hulle kanse benut nie.
Wat is n afrigter se volgende stap? Hou hy aan probeer om die regte kombinasie te soek, of volstaan hy met Naude op 12 en Mapoe op 13, en gee nie ander spelers n kans nie?
Volstaan hy met sekere spelers wat nie op vorm is nie, word hy gekritisser. Kies hy jong spelers in hulle plek, word hy gekritiseer.
Ons wil nie een die woord bou hoor nie, want Loffie het van bou n loopbaan gemaak. As daar dan nie ge bou mag word aan n span nie, hoe vul jy die gate wat gelaat is? Hoe bring jy spelers deur die sisteem as jy hulle nie op die vlak mag toets nie?
Geen unie het meer die geld om n kampioenspan te koop nie. 


Die doel van alles wat jy hier noem is mos tog om te wen? Jy wil mos nou spelers ontwikkel en kombinasies toets om te wen.
Up the Vaal!
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 1017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 12:56pm
Ek dink ons groot probleem le by die aanvals en defence coach steeds kyk hoe het ons aanval agter uitgegaan en ons defence die ouens het definitief nie meer baie vertroue in die aanval nle defence sisteme nie en mens kan mos nie iets he wat werk en eweskielik werk dit nie meer nie jy kan nie op die vlak groentjie coaches ingooi en dink mens gaan resultate kry nie gaan kyk maar al die ander super spanne se coaching teams teen ons sinne meeste van hulle sit met ouens met jare se ondervinding ons sit met n defence coach wat homself nog nie op laer vlakke bewys het as n defence coach nie en die hoofafrigter se seun wat ek nie eers weet waat kom hy vandaan nie, weet een van julle manne waar het swys se seun voorheen afgerig? Ek het al try google maar kry niks oor hom nie
Back to Top
petri View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 04-Apr-2016
Status: Offline
Points: 230
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote petri Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 9:31am
Ek dink Swys doen homself 'n onreg aan deur die filosofie verkeerd aan te haal. Onder hom en Ackers, het hulle besluit geneem om 'n span te bou van karakter. Deur 'n hegte eenheid te vorm, 'n "band of brothers" soos Jaco Kriel dit genoem het na ons Currie beker-sege, was wen die resultaat van sisteme en prosesse wat in plek gesit is. So die fokus was nooit op die eindresultaat nie, maar op hoe om daar te kom. As ek moet raai, volg hulle die filosofie van John Wooden, basketbal-afrigter wat 10 kampioenskappe gewen het, waarvan 7 in 'n ry was!

Hier is 'n klein snippet van sy (Wooden se filosofie)

John Wooden, the legendary American College basketball coach, encouraged his players to develop their character. He never mentioned winning but his teams won more titles than any other in College basketball history. His view of success was:

Success is peace of mind which is a direct result of self-satisfaction in knowing you did your best to become the best you are capable of becoming.


In 2014 het die outjies opgewonde gelyk, lus vir speel, en saam met die baie foute het ons ongelooflike groei gesien. En trots. Hulle het in die losgemaak ingevlieg, en verdedig asof hulle lewens daarvan afhang. Die doellyn was hulle fort, en niemand mag daaroor gegaan het nie. En hulle het vir mekaar gespeel. En van die veld af, kon hulle opkyk nie Ackers, Swys en JP, almal absolute experts in hul veld, om hulle te help verder groei.

Huidiglik weet ek nie waar ons fokus is nie, en dis wat my bekommer. Hierdie jaar hang die ouens se skouers, niemand lag meer nie, alles is moeite. Waar kom die groei in? Vorm ons nogsteeds die ouens se karakter, wat die basis van die filosofie is? Kyk die spelers regtig op na 'n hulpafrigter wat niemand weet waar hy vandaan kom, behalwe dat hy die hoofafrigter se seun is? Of 'n hulpafrigter wat verlede jaar hulp moes kry in afrigting, en dan is ons nogsteeds onderaan die lys van driee toegelaat en verbroude duikslae?

So dit help nie jy haal 'n filosofie aan, maar jy vergeet hoekom jy die filosfie in die eerste plek gebruik nie.

Ons almal, dink ek, sou ingekoop het in 'n bou-jaar as ons weer daardie innovasie en opgewondenheid en eksperimentering kon sien, maar daar's niks.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 10:03am
Baie goeie post Petri! Ek dink nie die senior spelers glo meer hulle kan super rugby wen nie. Na die 3de gefaalde probeerslag weet hulle hul het die kans om die kompetisie te wen verbrou. As hul dit nie kon doen met ster spelers soos Jaco Kriel, Mostert, Faf ens nie, gaan hulle dit nou nie kan doen nie. Daai honger is nie meer daar nie.. 

En ons weet meeste van hulle gaan waai die einde van die seisoen, so op die oomblik gaan hulle maar net deur die motions. 
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 10:13am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Die "wen is nie alles nie" filosofie het by Ackerman begin. Ek dink die media ruk ook die dinge n bietjie uit verband uit. 
Wen is belangrik, maar hoe stop jy die gate toe wat spelrs wat weg, beseer of uit vorm is gelaat het, sonder om kombinasies te toets?
Klomp van ons het gekla oor oa Vorster se vorm. Nadat hy gedrop was, het kry Naude speelkans. Hy vaar nie veel beter nie, inteendeel, hy was ook maar power. Die volgende move was om Mapoe 12 toe te skuif - 'n move wat ek nogal dink suksesvol was - en Simelane op 13 te begin. Hy speel n game of wat goed, maar word teen die Rebels vervang oor hy ook kleitrap. Apiwe kom op 13 op, en gryp sy kans met albei hande aan. Nou kla almal dat n vleuel op 13 gespeel word, en n 13 op 12, maar nie een van die ander ouens wat nie gespeel het, het regtig hulle kanse benut nie.
Wat is n afrigter se volgende stap? Hou hy aan probeer om die regte kombinasie te soek, of volstaan hy met Naude op 12 en Mapoe op 13, en gee nie ander spelers n kans nie?
Volstaan hy met sekere spelers wat nie op vorm is nie, word hy gekritisser. Kies hy jong spelers in hulle plek, word hy gekritiseer.
Ons wil nie een die woord bou hoor nie, want Loffie het van bou n loopbaan gemaak. As daar dan nie ge bou mag word aan n span nie, hoe vul jy die gate wat gelaat is? Hoe bring jy spelers deur die sisteem as jy hulle nie op die vlak mag toets nie?
Geen unie het meer die geld om n kampioenspan te koop nie. 

Die media ruk dit nie uit verband nie, Swys het dit al menigte kere gese.

Valie, mens verstaan as spelers uit form uit is dat Swys ander dinge gaan probeer. Partykeer werk dit en partykeer nie. In die begin was Vorster en Mapoe horribaal uit form uit. Swys doen die regte ding en probeer 'n ander kombinasie met Mapoe op 12 en Simelani op 13. 2 games was dit 'n great kombinasie, maar na 1 halwe van minder goeie spel en Simelani het nognie weer die 23 tal gehaal nie. En ek het dalk die sukses van Apiwe op 13 heeltemal gemis, want wat ek van hom daar gesien het was nie great nie. Franco Naude het nou 'n paar wedstryde gehad en nog gladnie impress nie. 

Waarom gee Swys dan nie die Mapoe-Simelani kombinasie weer n kans nie? Combrick, Boeboes en Skosan is almal al geroteer of gedrop oor hul form af was, maar elkeen het weer kans gekry om te bewys sy form is terug. Maar Vorster nie.. 

En dan is daar nog Reynolds wat ek regtig glo meer kanse gegun word. 

Maar ek is nie die coach nie, ek ken die ouens nie persoonlik nie en sien nie hoe hulle oefen nie. Al wat ek weet is ons staan op 4 wenne uit 8, en dit is nie goed genoeg met die squad wat Swys het nie. 
Die rede hoekom ek se die media ruk dit uit verband is as volg:
Die feit feit dat wen nie alles is nie, beteken dit nie dat wen nie vir Swys belangrik is nie. Dit beteken wel dat wen nie die enigste doelwit is wat hy en die span tans het nie. As wen geensins belangrik was nie, soos wat uit die berig afgelei kan word, hoekom sou die span enigsins oefen en nuwe goed probeer?
Geen span se enigste doelwit is net om te wen teen alle koste nie. Daar is ander goed wat ook belangrik is, bv die ontwikkeling van jong spelers, die bestuur en welsyn van spelers, ens.
Die filosofie van dat die span speel om te inspereer en om driee te druk, is nie verkeerd nie, solank die span wen. Sodra die span deur n bad patch gaan, is almal up in arms en soek hulle die afrigter se kop.
Ackerman het help bou aan die filosofie, maar niemand het sy kop geeis as die leeus swak speel nie.
Dis vir my asof die verwagting was dat Swys net kon voortbou op wat hy saam met Ackers begin het.
Ackers as hoofafrigter, tesame met Swys het die Leeus in een van die beste units omskep, en kontinuiteit was een van die dinge wat n reuse rol in ons sukses gespeel het. Ons het nie tans kontiuiteit nie, agv n klomp faktore wat almal van bewus is.
Om weer kontiuiteit te kry het ons wen kombinasies nodig, wat week in en week uit kan saamspeel. Spelers wat weg, beseer, en uit vorm is, maak dit baie moeilik om sulke kombinasies te begin bou. 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 10:24am
Valie ek dink ek en jy kan virewig in sirkels hieroor debatteer. Op die ou einde van die dag wil ons albei net he die span moet suksesvol wees. 

Die laaste punt waaroor ek met jou gaan stry is die: "Dis vir my asof die verwagting was dat Swys net kon voortbou op wat hy saam met Ackers begin het.

My vraag is aan jou, waarom NIE? Inteendeel, hy HET. Hy het weereens die finaal gehaal in sy eerste jaar. Daar was wel meer wobbles deur die jaar as die vorige 2 jare, maar ons het dit gemaak. In sy eerste jaar na Ackers weg is moes hy ook sien kom klaar sonder n paar ster spelers. Hierdie jaar was maar dieselfde. Waarom gaan al ons aspekte van die spel agteruit dan? Ek het iewers op rugby365 in die comments gesien die aantal caps van die span wat die nwk verloor het, en dit was alles behalwe 'n jong en onervare span! Dit is nie net 'n bad patch nie. Ons het die gevaartekens laasjaar al gesien, en dinge word net erger.

Ek se nie Swys moet afgedank word nie. Inteendeel, ek dink dit is goed dat hy aanbly. Ek is wel bekommerd oor sy hulp afrigters en ek voel hulle kom nie die mas op nie. Veral Joey. 
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 11:07am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Valie ek dink ek en jy kan virewig in sirkels hieroor debatteer. Op die ou einde van die dag wil ons albei net he die span moet suksesvol wees. 

Die laaste punt waaroor ek met jou gaan stry is die: "Dis vir my asof die verwagting was dat Swys net kon voortbou op wat hy saam met Ackers begin het.

My vraag is aan jou, waarom NIE? Inteendeel, hy HET. Hy het weereens die finaal gehaal in sy eerste jaar. Daar was wel meer wobbles deur die jaar as die vorige 2 jare, maar ons het dit gemaak. In sy eerste jaar na Ackers weg is moes hy ook sien kom klaar sonder n paar ster spelers. Hierdie jaar was maar dieselfde. Waarom gaan al ons aspekte van die spel agteruit dan? Ek het iewers op rugby365 in die comments gesien die aantal caps van die span wat die nwk verloor het, en dit was alles behalwe 'n jong en onervare span! Dit is nie net 'n bad patch nie. Ons het die gevaartekens laasjaar al gesien, en dinge word net erger.

Ek se nie Swys moet afgedank word nie. Inteendeel, ek dink dit is goed dat hy aanbly. Ek is wel bekommerd oor sy hulp afrigters en ek voel hulle kom nie die mas op nie. Veral Joey. 
Thumbs Up

Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 1017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Apr-2019 at 11:20am
Ek verstaan net nie ons was n span van Ackerman se tyd af wat vir mekaat gespeel het en jy kon hoor as Warren na games gepraat het wat se pasie was daar altyd die laaste twee jaar klink dit of daar n ander vibe in die span is weet nie of ek reg is nie maar dis iets wat ek raak sien na elke week en dit pla my die ouens speel ook nie meer met smiles op hulle gesigte nie weet nie of dit dalk iets was wat Ackerman oorgedra het nie
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.164 seconds.