Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Valke in 2019 deel van nuwe rugbyreeks
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Valke in 2019 deel van nuwe rugbyreeks

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Valke in 2019 deel van nuwe rugbyreeks
    Posted: 17-Dec-2018 at 4:21pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/valke-in-2019-deel-van-nuwe-internasionale-rugbyreeks-20181215

Die Valke gaan volgende jaar aan ’n blinknuwe internasionale rugbyreeks deelneem.

Die Valke gaan een van sewe of agt spanne wees wat aan die Global Rapid Rugby-toernooi, ’n breinkind van die Australiese miljoenêr Andrew Forrest, gaan deelneem. Die toernooi het ontstaan nadat daar gesoek is na ’n mededingende kompetisie waarin die Western Force kan speel nadat hulle verlede jaar uit die Superrugby-reeks geboender is.

Benewens die Force en Valke, sal spanne van Fidji, Hongkong, Japan, Maleisië, Samoa en Singapoer ook aan dié toernooi deelneem, wat van Februarie tot middel Junie sal plaasvind.

Rudy Joubert, die Valke se direkteur van rugby, sê die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die nodige goedkeuring gegee. Wêreldrugby het ook sy goedkeuring vir Global Rapid Rugby gegee sodat die Valke aan dié toernooi kan deelneem.

Joubert sê die Valke sal aan dié toernooi en aan die SuperSport-uitdaagtoernooi deelneem.

Volgens hom sal die Valke se deelname aan dié kompetisie ’n welkome finansiële inspuiting bied. Nog ’n pluspunt is die ervaring wat die spelers gaan opdoen.

Rapid Rugby eksperimenteer met ’n paar gewaagde reëls, soos onder meer “kragdrieë” wat nege punte tel as die beweging in die teenstander se kwartgebied begin is.

Robbie McRobbie, Hongkong Rugby se uitvoerende hoof, het glo ’n groot rol gespeel in die Valke se deelname in die toernooi.

McRobbie en Mal Thompson, ’n voormalige voorsitter van die Valke Rugbymaatskappy, is goed bevriend.

Die wedstryde sal in al die deelnemende lande, behalwe Suid-Afrika, gespeel word.
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 8:23am
Enige verdere nuus hieroor? Ek sien daar's 'n artikel op gister se Netwerk24 maar ek het nie toegang nie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 8:29am
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Enige verdere nuus hieroor? Ek sien daar's 'n artikel op gister se Netwerk24 maar ek het nie toegang nie



Valke sprei vlerke en maak nes in Maleisië


Die Valke gaan die Maleisiese hoofstad Kuala Lumpur as sy oorsese tuiste gebruik wanneer hulle binnekort hul buiging maak in die splinternuwe rugbyreeks Rapid Rugby.

Die nuwe rugbyreeks – die idee van die Australiese miljoenêr Andrew Forrest – bestaan hoofsaaklik uit spanne van Asië. Die Western Force, wat in 2017 sy Superrugby-status verloor het, en die Valke is albei deel van die deelnemende spanne.

Rudy Joubert, ’n direkteur van Valke Rugby, het aan Rapport gesê hulle is “opgewonde” oor die kans om hul staal teen internasionale spanne te wys. En hy glo ook die Valke sal mededingend wees nadat hulle verlede jaar in die eindstryd van die Eerste Liga teen die SWD-Arende gespeel het, al het hulle in die eindstryd verloor.

Die kompetisie sal tussen ses en agt spanne huisves, waarvan die Western Force, Fidji, Samoa, Singapoer en Hongkong al bevestig is.

“Ons is ver gevorder. Wêreldrugby het hulle goedkeuring vir die toernooi gegee en SA Rugby het nou ook vir ons toestemming gegee om in die toernooi te speel. Ons is nog besig om die ooreenkomste te finaliseer, maar dit is in ’n baie ver gevorderde stadium. Dit is werklik net ’n kwessie van dae voordat dit gefinaliseer sal wees,” het Joubert aan Rapport gesê.

Dit is opwindend en iets nuuts. Die neiging is al meer en meer om sulke kompetisies met ’n internasionale geur aan te bied.

“Ons is letterlik besig om al die papierwerk af te handel en dan hoop ons om so teen middel volgende maand oorsee te gaan. Ons gaan ons voorseisoense voorbereiding op die eiland Borneo in Sandakan doen.

“Ons gaan vir eers daar akklimatiseer en ons hoop ook om ’n opwarmwedstryd teen die Maleisiese nasionale span te speel – die hele idee is om te help om die rugby in Maleisië op te hef.

“Daar gaan afrigtingsklinieke gehou word en die idee is om hulle op te lei en hul rugby te verbeter. Hulle wil uiteindelik kwalifiseer vir die Wêreldbeker. Daar is ontsettend baie rugbyondersteuners in daardie lande.”

Die Rapid Rugby-reeks gaan op 29 Maart begin en Joubert sê sy span sal minstens tien wedstryde speel, en betyds terug wees in Suid-Afrika vir die begin van vanjaar se Curriebeker.

“Dit is opwindend en nuut. Die neiging is al hoe meer om sulke kompetisies met ’n internasionale geur aan te bied. Jy kan nie net staatmaak op die plaaslike mark om jou rugby te ondersteun nie. Ons was eintlik verplig om iets vir onsself te vind en gelukkig het ons dit nou reggekry. Vir ons kon dit nie op ’n beter tyd gebeur nie.”

Hy glo ook die veranderings aan die Suid-Afrikaanse kontrakteringsmodel – met die Super-franchises wat net 40 tot 45 spelers mag kontrakteer – gaan spanne soos die Valke help om talent te werf.

“Daar is ouens wat belang stel om by ons aan te sluit, dis ’n lekker geleentheid vir hulle, en dis iets nuuts. Dit gaan ouens wys hulle kan op ’n hoër vlak presteer as net op Curriebeker-vlak.”

Joubert glo dit gaan ’n goeie toets vir sy spelers wees om vier maande van die huis af weg te wees.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 8:31am
Ek neem aan die Valke gaan dan ook nie aan die SuperSport Challenge deelneem nie
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 8:36am
Dankie
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 10:36am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek neem aan die Valke gaan dan ook nie aan die SuperSport Challenge deelneem nie


Joubert sê die Valke sal aan dié toernooi en aan die SuperSport-uitdaagtoernooi deelneem.
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 10:42am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek neem aan die Valke gaan dan ook nie aan die SuperSport Challenge deelneem nie


Joubert sê die Valke sal aan dié toernooi en aan die SuperSport-uitdaagtoernooi deelneem.

Het daai een gemis, maar dit maak nie sin nie, hy se dan sy span gaan 4 maande weg van die huis af wees, gaan hulle dan 2 squads kontrakteer? Van wanneer af het die Valke geld vir 2 squads?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 10:49am
O ek sien dis in die 1ste artikel waar hy se hulle gaan in die SuperSport Challenge speel, hy noem dit nie in die 2de artikel nie. Ek dink dinge het seker verander tussen die 2 artikels, want die 2de een se hulle gaan 4 maande weg van die huis af wees. 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 27-Jan-2019 at 9:44am
Ek het gister vir Rudy Joubert by Loftus raakgeloop en bietjie met hom hieroor gesels. Hy en sy CEO vlieg more om die reelings te gaan finaliseer. Maar ja, hulle gaan 4 maande in Maleisie gebasseer wees en beslis aan die kompetisie deelneem. Hulle is baie opgewonde en hulle word ook oorvalk deur navrae van spelers, en soos Rudy gese het, dis nou die "regte" spelers
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.