Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - Terug by Pumas ná 3 jaar in Japan
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis park on Saturday 21 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Terug by Pumas ná 3 jaar in Japan

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 22215
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Terug by Pumas ná 3 jaar in Japan
    Posted: 28-Jan-2018 at 9:18pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/terug-by-pumas-na-3-jaar-in-japan-20180127

Toe Jimmy Stonehouse drie jaar gelede Suid-Afrika verlaat het, was ’n mate van moedeloosheid ’n vername rede vir sy besluit om in Japan te gaan afrig.

Toe al gekroon as Suid-Afrika se Afrigter van die Jaar en met ’n getuigskrif waarop staan dat hy ’n magtige Puma-span uit niks laat verrys het, was daar vir hom geen teerpad boontoe nie.

Geeneen van die grotes in Suid-Afrikaanse rugby het na hom gekyk nie.

Uit effense wanhoop het Stonehouse oorsee gekyk om sy rugbyhorison te verbreed. Sy hoop was dat ’n nuwe kultuur en ’n nuwe uitdaging hom sou pas.

Drie jaar later, en ’n jaar voor die einde van sy kontrak by die Toshiba Brave Lupus in Japan, is Stonehouse nou terug in Suid-Afrika.

Die voormalige afrigter van die Poemas het die week ingeval in sy nuwe pos as die Pumas se 
direkteur van rugby – die eerste stap in die unie se strategie om later vanjaar aan die Anglo-Welsh-bekerreeks deel te neem.

“Dis lekker om weer in Suid- Afrika te wees; dis lekker om weer in Nelspruit te wees. Dis lekker om terug te wees en by die Pumas te wees,” sê Stonehouse met ’n glimlag, en hy’s lus vir die nuwe uitdaging.

“Toe ek weg is by die Pumas, was ek coach van die jaar en ek het nooit ’n kans by ’n groot unie gekry nie.

“In ’n stadium het ek besluit ek moet buiteland toe gaan, dat ek daar ’n geleentheid moet skep om te wys wat in my steek.

“Ek het drie goeie jare in Japan gehad. Al het my span in my eerste jaar in Japan in die eindstryd gespeel, het ek geen woord uit Suid-Afrika gehoor nie.

Al het my span in my eerste jaar in Japan in die eindstryd gespeel, het ek geen woord uit Suid-Afrika gehoor nie.

“Ek het besef ek word ouer en dat dit my straks nie beskore is om ’n Super-span te brei nie.

“En soos dit is het die Pumas se pos van direkteur van rugby hom voorgedoen.

“Ek het besluit as ek terugkom, moet ek ten minste in ’n oorsese kompetisie speel. Toe die ding op die tafel kom en Hein Mentz met my praat oor die Pumas wat in die Anglo-Welsh gaan speel, het ek besluit dit is miskien die regte geleentheid om aansoek te doen vir die pos.”

Stonehouse het al vergader met Brent Janse van Rensburg, die talentvolle Pumas-afrigter. Hy glo vas die nuwe rigting waarin die unie beweeg, sal die Pumas sterker maak.

“Ek dink daar is gewis plek vir ons albei. My pos as direkteur van rugby sluit alles in – talent- identifisering, wedstrydplan, afrigtersbystand en die ontwikkeling van rugby in Mpumalanga.

“Dis ’n nuwe pos vir my en vir die Pumas, so ek sal mettertyd leer wat werklik uiteindelik gaan gebeur. Dis ’n moeilike pad, maar ja, as ek eers in die pos is, sal ons kan sien.”

Stonehouse sê Japan was ’n goeie leerskool.

“Ek het baie geleer uit die ondervinding en veral oor spelers se werksetiek. Jy kan vir daai ouens van werksetiek niks leer nie; hulle wil te veel doen.

“So ook was dit vir my baie bevredigend om met spelers soos Michael Leitch, Stephen Donald, Cory Jane, Liam Messam en Richard Kahui te kon werk. Dit gee jou ’n ander perspektief en ek het baie by hulle geleer.

“Van die veld af was Japan ’n ongelooflike land met ongelooflike mense. Dis ’n land waar jy maklik jou kinders sal wil grootmaak. Baie dissipline en respek. Ek dink die respekfaktor, by rugby en weg van rugby af, is een van die dinge wat ’n ou by hulle kan leer. Respek vir mekaar, vir die natuur, vir enigiets. Dit is ’n lewensles vir ons almal.”

Oor Suid-Afrikaanse rugby is hy nog optimisties, hoewel sy eie ondervinding hom geleer het hy moet op niemand staatmaak nie, maar liewer fokus op sy eie harde werk.

“Ek sê soms dis moeiliker om by rugby in te kom as om uit rugby te gaan. Kyk maar net na die breiers; hulle skuif van die een plek na die ander.

“Ek het in ’n stadium die idee gekry dat die ouens na mekaar kyk in Suid-Afrikaanse rugby. Enige afrigter wil ouens om hom kry met wie hy kan saamwerk, en dit is seker hoe dit oral gaan. Oorsee werk dit ’n bietjie anders.

“Baie mense sê ek is uitgesproke, maar ek tref ’n fyn onderskeid. Ek glo dit is nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê.”

Met die Pumas het Stonehouse die uitdaging om die span op gelyke voet met die Noordelike Halfrond se grotes te laat meeding. Dit gaan vereis dat hy hom van voor af as breier sal moet bewys. As afrigter het hy dit al gedoen; nou lê die nuwe uitdaging as direkteur van rugby vir hom voor.

En hy is gretig om te begin.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.043 seconds.