Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Super-swarigheid lê vir Stormers, Leeus voor
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 30 June 2018, kickoff 17:15 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Super-swarigheid lê vir Stormers, Leeus voor

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 21405
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Super-swarigheid lê vir Stormers, Leeus voor
    Posted: 13-Jun-2018 at 5:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/super-swarigheid-le-vir-stormers-leeus-voor-20180612

’n Witwarm Noord-Suid-stryd tussen die Bulle en Stormers op Loftus sal aanstaande jaar se Superrugby-reeks help afskop.

Volgens die amptelike bepalingslys wat Dinsdag deur Sanzaar, die beheerliggaam van die Superreeks, bekend gemaak is, is al vier Suid-Afrikaanse spanne op die eerste naweek in aksie. Die Haaie en Leeus het albei wegwedstryde oorsee – onderskeidelik teen die Sunwolves en Jaguares.

Die Bulle en Stormers sal egter vir ’n hoogtepunt in die eerste ronde sorg met hul ontmoeting in Pretoria.

Hoewel sekere van die SA spanne beter lotings as ander het, wag daar op almal ’n steil paadjie. Daar is volgende jaar vanweë die Wêreldbeker-toernooi in Japan geen toetse in Junie nie. Gevolglik sal die Superreeks oor 21 agtereenvolgende weke beslis word.

Die formaat van die reeks bly dieselfde. Elke span speel 16 groepwedstryde met tuis- en wegwedstryde in hul eie groep en dan vier wedstryde teen spanne in elk van die ander groepe. Al die spanne het twee loslootjies. Dit kom neer op 120 ligawedstryde, wat gevolg sal word deur kwart- en halfeindrondes voor die eindstryd.

Die Haaie het straks die beste loting wat die Suid-Afrikaanse spanne betref, met ses van hul eerste nege wedstryde wat in Durban gespeel gaan word. Hulle speel net drie wedstryde op toer in Australasië, maar daardie wedstryde is taaies teen die Waratahs, Crusaders en Chiefs.

Die Bulle kan ook nie kla nie.

Vyf van hul eerste agt wedstryde is op Loftus en hulle het loslootjies ná hul vierde en agtste wedstryde. Ongelukkig beteken die tydsberekening van daardie loslootjies dat hulle agt ligawedstryde agtereenvolgens speel in die aanloop tot die uitspeelrondes.

Indien hulle die reeks wil wen, sal hulle dus 11 wedstryde agtereenvolgens moet speel.

Hulle toer vir vier weke Australasië toe met wedstryde teen die Rebels, Brumbies, Blues en Highlanders.

Die Leeus en Stormers het aan die agterste speen gesuig met die loting.

Wegwedstryde teen die Jaguares en Stormers is die Leeus se voorland in hul eerste twee wedstryde. Ses van hul eerste tien wedstryde is weg van Ellispark en die teenstanders op die toer van drie weke in Australasië is die Brumbies, Chiefs en Crusaders.

Die Stormers, wat vanjaar ook ’n nagmerrie-loting in die reeks het, kan hulself ongelukkig ag om weer deur te loop. Aanstaande jaar is ses van die Kapenaars se eerste agt wedstryde weg van Nuweland, wat ’n Australasiese toer van vier weke insluit. Die enigste ligpunt is dat die Blues, Reds en Rebels onder die teenstanders op toer tel.

Die toernooi begin op Vrydag 15 Februarie en die eindstryd vind op Saterdag 6 Julie plaas.

Kliek hier vir die volledige bepalings.

SA spanne se bepalings

Bulle:

Stormers (tuis), Jaguares (weg), Leeus (weg), Haaie (tuis), loslootjie, Chiefs (tuis), Haaie (weg), Jaguares (tuis), Reds (tuis), loslootjie, Stormers (weg), Waratahs (tuis), Crusaders (tuis), Rebels (weg), Brumbies (weg), Blues (weg), Highlanders (weg), Leeus (tuis).

Speel nie teen: Sunwolves en Hurricanes.

Haaie:

Sunwolves (weg), Blues (tuis), Stormers (tuis), Bulle (weg), loslootjie, Rebels (tuis), Bulle (tuis), Leeus (weg), Jaguares (tuis), Reds (tuis), Waratahs (weg), Crusaders (weg), Chiefs (weg), loslootjie, Leeus (tuis), Hurricanes (tuis), Jaguares (weg), Stormers (weg).

Speel nie teen: Brumbies en Highlanders.

Leeus:

Jaguares (weg), Stormers (weg), Bulle (tuis), Jaguares (tuis), Rebels (tuis), Sunwolves (weg), loslootjie, Haaie (tuis), Brumbies (weg), Chiefs (weg), Crusaders (weg), loslootjie, Waratahs (tuis), Highlanders (tuis), Haaie (weg), Stormers (tuis), Hurricanes (tuis), Bullle (weg).

Speel nie teen: Reds en Blues.

Stormers:

Bulle (weg), Leeus (tuis), Haaie (weg), loslootjie, Jaguares (tuis), Hurricanes (weg), Blues (weg), Reds (weg), Rebels (weg), Brumbies (tuis), Bulle (tuis), Jaguares (weg), loslootjie, Crusaders (tuis), Highlanders (tuis), Leeus (weg), Sunwolves (tuis), Haaie tuis.

Speel nie teen: Waratahs en Chiefs.
Back to Top
monster View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 136
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 6:53am
Die Jaquars het bewys hulle begin stadig, Stormers 2de game weg gaan taai wees daarna die Bulle Jaqs, Rebels en Sunwolfs , ek glo ons behoort 5 van daai 6 te wen en dan is 3 weg wedstryde ook afgehandel

Edited by monster - 13-Jun-2018 at 6:54am
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1346
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 7:45am
Originally posted by monster monster wrote:

Die Jaquars het bewys hulle begin stadig, Stormers 2de game weg gaan taai wees daarna die Bulle Jaqs, Rebels en Sunwolfs , ek glo ons behoort 5 van daai 6 te wen en dan is 3 weg wedstryde ook afgehandel
Eish... Ek is nie so posittief soos jy nie, ek dink weer ons gaan 3 of 4 van die eerste 6 verloor... Onthou, ons begin volgende jaar sonder 'n Dryer, Mostert, Kriel, Ross, Jantjies, RjvR, Mapoe en Coetzee...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 1172
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 8:53am
Ek dink ons moet nie volgende jaar kyk nie.. sal ons goed doen om weer n breek te vat 
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1690
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 10:30am
Ek stem dink nie ons moet nou sit en worry oor volgende jaar ,ons het nou nog n reeks om te probeer wen of finaal te maak,maar ek moet se ek hou van ons loting vir volgende jaar...n goeie begin weg kan ons sommer dadelik in n goeie posisie sit....
Once a Lion always a lion
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1391
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 10:38am
Originally posted by LeeuBrul LeeuBrul wrote:

Ek stem dink nie ons moet nou sit en worry oor volgende jaar ,ons het nou nog n reeks om te probeer wen of finaal te maak,maar ek moet se ek hou van ons loting vir volgende jaar...n goeie begin weg kan ons sommer dadelik in n goeie posisie sit....
And our first game is a chance to break our losing streak in Argentina. Whoever the coach is will have to send his strongest team.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 21405
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 10:42am
I'm fairly certain that Swys will still be the coach....what makes you doubt that?
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1481
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 10:42am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by monster monster wrote:

Die Jaquars het bewys hulle begin stadig, Stormers 2de game weg gaan taai wees daarna die Bulle Jaqs, Rebels en Sunwolfs , ek glo ons behoort 5 van daai 6 te wen en dan is 3 weg wedstryde ook afgehandel

Eish... Ek is nie so posittief soos jy nie, ek dink weer ons gaan 3 of 4 van die eerste 6 verloor... Onthou, ons begin volgende jaar sonder 'n Dryer, Mostert, Kriel, Ross, Jantjies, RjvR, Mapoe en Coetzee...
Het jy dalk 'n link na waar dit sê dat Ross en Mapoe oppad is? Almal noem dit, maar ek kry niks daaroor nie.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 21405
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 10:50am
Ek dink dit gaan daaroor dat hulle twee nog nie hulle kontrakte hernu het nie
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1690
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 11:36am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

I'm fairly certain that Swys will still be the coach....what makes you doubt that?
Ek het ook so feeling as die bokke goed vaar volgende 2 wedstryde en die RC kan hy dalk permanent betrek word by die bokke om Stick te leer.....
Once a Lion always a lion
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1481
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 11:41am
Permanent betrek word om Stick te leer?? 'n full time backline coach coach. Hehehehe....

Edited by Goue Leeu - 13-Jun-2018 at 11:42am
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1481
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 11:49am
Dink Swys sal vorentoe slegs nou en dan gebruik word as 'n konsultant by die Bokke.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1391
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 11:52am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

I'm fairly certain that Swys will still be the coach....what makes you doubt that?
I still have faith in Swys as a coach. He has had a lot of injury related disruptions, and a new coaching team, resulting in a less than stellar performance this year. While we are the best SA team by far and lying 3rd on the overall and true log, many people are questioning his ability as a head coach. Add to that the exodus we are going to have at the end of SR. All issues conducive to making the executive at Ellis Park consider what steps take. One of them is firing the coach.....!
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1481
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 12:16pm
It would be very surprising if Swys is fired. He actually did fairly well with all the changes and disruptions. Also, the loss to the Blues and the sleepy first half against the Reds was not the coach's fault. Had we won those two games, we would be challenging for top two on the overall log now. Sure, there's lots to work on and some thinking to do for Swys, but we can still have a good run from here and even reach the final again this year. Swys will definitely be there next year in my opinion.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1391
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 12:21pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

It would be very surprising if Swys is fired. He actually did fairly well with all the changes and disruptions. Also, the loss to the Blues and the sleepy first half against the Reds was not the coach's fault. Had we won those two games, we would be challenging for top two on the overall log now. Sure, there's lots to work on and some thinking to do for Swys, but we can still have a good run from here and even reach the final again this year. Swys will definitely be there next year in my opinion.
The one certain thing in sport is that nothing is certain. Some of the results we have seen this year are proof of that. In the English Soccer Premiership, Sam Allardyce got fired because fans did not like his playing style, in spite of him bring Everton up from the relegation zone to 5th. 
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1481
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 12:36pm
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

It would be very surprising if Swys is fired. He actually did fairly well with all the changes and disruptions. Also, the loss to the Blues and the sleepy first half against the Reds was not the coach's fault. Had we won those two games, we would be challenging for top two on the overall log now. Sure, there's lots to work on and some thinking to do for Swys, but we can still have a good run from here and even reach the final again this year. Swys will definitely be there next year in my opinion.
The one certain thing in sport is that nothing is certain. Some of the results we have seen this year are proof of that. In the English Soccer Premiership, Sam Allardyce got fired because fans did not like his playing style, in spite of him bring Everton up from the relegation zone to 5th. 
True, but there's no reason at this stage to think that Swys will be fired.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1391
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 1:05pm
I think he needs to be given a chance to work with a settled squad, and establish himself. Even though he was JA's assistant, he had huge shoes to fill. Look at how JA took Gloucester from bottom dwellers to play off contenders in a season. I don't think we realize how good a coach JA really is.
Back to Top
ROOIHART View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Apr-2016
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 289
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote ROOIHART Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Jun-2018 at 12:20am
Ek was by ‘n ontbyt waar Rassie gesê het hy gaan die Super Rugby afrigters roteer. Hy gaan probeer om John Mitchell betrokke te kry vir Rugby Champs en Robert Du Preez vir die jaar-eind toer.

Hy het egter genoem dat sekere afrigters se betrokkenheid permanent kan word.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 21405
Post Options Post Options   Thanks (1) Thanks(1)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Jun-2018 at 9:10am
Ek sien heelwat van ons wedstryde in 2019 op Ellis Park skop 3 uur af....ek dink dis fantasties.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.