Forum Home Forum Home > Lions Section > Union, Management and Coach discussions
  New Posts New Posts RSS Feed - Straeuli nie Bulle toe nie
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Straeuli nie Bulle toe nie

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Straeuli nie Bulle toe nie
    Posted: 10-Oct-2018 at 5:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/straeuli-nie-bulle-toe-nie-20181009

Rudolf Straeuli bly by die Leeus.

Dié maanhaar van Leeus-rugby het Dinsdag bevestig dat hy nêrens heen gaan nie en daarmee yswater gegooi op die Blou Bulle se strewe om hom nader te hark as hul nuwe uitvoerende hoof in die plek van Barend van Graan.

Van die Jukskeirivier oorsteek is daar dus geen sprake vir Straeuli nie.

Straeuli se naam was op die Bulle se kortlys om by Van Graan oor te neem, maar die uitvoerende hoof van die Leeus het gesê nee dankie.

“Ek het nie eens vir die onderhoud gegaan nie,” het Straeuli bevestig.

“Dit is vir my ’n groot pluimpie dat die Bulle in my belang gestel het, maar die feit is dat ek nie eens aansoek gedoen het vir daardie pos nie. Dit is hulle wat my genader het en nie ek vir hulle nie.

Die feit is dat ek nie eens aansoek gedoen het vir daardie pos nie. Dit is hulle wat my genader het en nie ek vir hulle nie.

“Ek voel dit sou in elk geval ’n klap in die gesig van die ander kandidate op die Bulle se kortlys gewees het as ek nou sommer ook daar opgedaag het vir ’n onderhoud.

“Hulle (ander kandidate) is almal mense wat aansoek gedoen het vir die pos en graag die werk sal wil hê. Hulle het almal moeite gedoen met voorleggings en as ek nou sommer hier van die kant af inkom, terwyl ek nie eens aansoek gedoen het vir die werk nie, sou dit net nie reg gewees het nie,” het Straeuli in ’n openhartige onderhoud in sy kantoor op Ellispark gesê.

“Ek het in elk geval nog baie onvoltooide werk wat ek hier by die Leeus moet doen en dit is my doelwit en strewe om hierdie unie nog verder uit te bou.

My lojaliteit lê hier by Ellispark en ons is ’n hegte gesin wat saamstaan in belang van Leeus-rugby.

“Ek kan en wil nie nou my rug op die Leeus keer nie. My lojaliteit lê hier by Ellispark en ons is ’n hegte gesin wat saamstaan in belang van Leeus-rugby,” sê Straeuli.

Hy wil veral nog die drie verskillende entiteite van Leeus-rugby verder byeenbring en uitbou.

“In Leeus- en ook Suid-Afrikaanse rugby is daar nog baie en groot uitdagings en daar lê harde werk voor om die spel te kry op die vlak wat dit moet wees.

“Ek het baie respek vir die Blou Bulle en waardeer dit regtig dat hulle in my belang gestel het. Dit is ’n riem onder die hart as ’n unie van daardie statuur in jou belangstel, maar ek moet hulle belangstelling van die hand wys en voortbou op dit wat ons hier by die Leeus gevestig het,” sê Straeuli.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Oct-2018 at 5:15am
Goeie nuus vir ons
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Online
Points: 1669
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Oct-2018 at 5:54am
Yes!!!
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Online
Points: 262
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Oct-2018 at 6:37am
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1004
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Oct-2018 at 8:09am
great stuff . baie bly
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1570
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Oct-2018 at 10:16am
Good news. Brings much needed stability after the retirement of Kevin De Klerk, and the departure of some senior players.

Edited by Lion4ever - 10-Oct-2018 at 10:16am
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.051 seconds.