Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - 'Stonehouse 'n breier sonder weerga'
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

'Stonehouse 'n breier sonder weerga'

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: 'Stonehouse 'n breier sonder weerga'
    Posted: 10-Aug-2018 at 6:25am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/stonehouse-n-breier-sonder-weerga-20180809

Jimmy Stonehouse is ’n afrigter wat met ’n rugbyspeler se “hart en siel” werk, sê die Puma-stut De-Jay Terblanche.

Stonehouse, wat vroeër vanjaar as die Pumas se direkteur van rugby aangestel is, neem noodgedwonge weer dié span se leisels in die Curriebeker-reeks, nadat Brent Janse van Rensburg Woensdag onverwags uit dié amp bedank het.

Stonehouse se naam het toevallig die laaste week of wat ook opgeduik as ’n potensiële kandidaat om die Bulle se Superrugby-afrigter te word, met hardnekkige gerugte wat die ronde doen dat John Mitchell moontlik Engeland se verdedigingsafrigter gaan word.

Hoe dit ook al sy, die 33-jarige Terblanche het net die hoogste agting vir Stonehouse se vermoëns as ’n afrigter.

“Hy is een van die beste afrigters wat daar is. En dis op meer as ’n afrigtingsvlak. Wat hom so goed maak, is dat hy goeie menseverhoudings met sy spelers handhaaf. As hy jou vertrou, sal hy jou altyd steun,” sê Terblanche.

Dié boorling van Knysna in die Suid-Kaap speel sedert 2008 vir die Pumas en het hulle reeds in ’n rekord 185 wedstryde verteenwoordig.

Nadat Terblanche in 2007 in Ierland vir die klubspan Dungannon gespeel het, het hy na Suid-Afrika teruggekeer en ’n heenkome gesoek.

“ ’n Vriend het aanbeveel dat ek vir Jimmy bel. Ek het hom toe gekontak en gevra of hy my ’n kans sal gee,” sê hy.

Stonehouse het ingewillig en kort voor lank het Terblanche vir die Pumas, wat toe nog in Witbank (eMalahleni) gesetel was, uitgedraf.

Terblanche het hom gou as een van die staatmakers in die span, wat vroeër vanjaar die SuperSport-uitdaagreeks gewen het, gevestig.

Hy sê hy glo steeds die taaiste spelers is onbekende ouens wat vir klubs en klein unies speel.

“Die klipharde ouens is spelers van spanne soos die Griffons, ouens wat jy nie eens die name van ken nie, wat die oggend nog in die myn was en die middag op die rugbyveld is,” sê Terblanche.

Gevra wanneer hy halt gaan roep, sê hy dat hy dit “dag vir dag en wedstryd vir wedstryd vat.

“My kontrak verval aan die einde van die jaar en ek hoop om nog ’n jaar te speel.”

Terblanche sê die Pumas is “beslis nie” net in die Curriebeker-reeks, wat aanstaande week begin, om deel te neem nie.

“Ons is daar om dit te wen, ek glo die SuperSport-uitdaagreeks het ons ’n goeie platform gegee.”

Ook van die rugbyveld af lê ’n besige paar maande vir Terblanche voor. Hy en sy vrou, Andrea, verwag in November hul tweede seun.

* Stonehouse het tot in Februarie nog die Toshiba Brave Lupus (’n span in Japan se Topliga) afgerig, voordat hy na Nelspruit teruggekeer het.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1451
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 7:57am
Ek kan regtig nie glo dat Stonehouse nog nie 'n kans gegee is op Super rugby vlak nie... Glo nie die Bulle kan verkeerd gaan om hom te teken nie.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1030
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 11:24am
Ek dink nie De Jay het al onder vreeslik baie ander coaches gespeel nie. Hoewel ek ook vir Stonehouse rate, dink ek darem nie hy staan so ver bo al die ander coaches in SA uit, dat ek sal se hy het nie sy gelyke nie.
Ek ken n ou wat deel was van die Pumas se junior afrigtings strukture en ons het al so n bietjie gepraat oor Jimmy. Ek weet nie of hy lekker gaan inpas by die leeus se kultuur nie. Ek dink daar is n paar redes hoekom hy nie op Super rugby vlak kans kry by die ander franchises nie. Hy was al by n paar unies genoem as kandidaat, sowel as by ons.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 11:28am
Ek wonder wa kry Jimmy die tyd om af te rig tussendeur sy gym ure.. Dit lyk altyd vir my of hy roid rage het! LOL
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1451
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 12:15pm
Originally posted by valie valie wrote:

Ek dink nie De Jay het al onder vreeslik baie ander coaches gespeel nie. Hoewel ek ook vir Stonehouse rate, dink ek darem nie hy staan so ver bo al die ander coaches in SA uit, dat ek sal se hy het nie sy gelyke nie.
Ek ken n ou wat deel was van die Pumas se junior afrigtings strukture en ons het al so n bietjie gepraat oor Jimmy. Ek weet nie of hy lekker gaan inpas by die leeus se kultuur nie. Ek dink daar is n paar redes hoekom hy nie op Super rugby vlak kans kry by die ander franchises nie. Hy was al by n paar unies genoem as kandidaat, sowel as by ons.
Ek verbeel my iemand het so paar maande terug ook genoem dat hy nie sal inpas by ons "kultuur" nie.. Wat presies bedoel jy daarmee? Vir my wil dit voorkom of hy 'n baie "humble" sout van die aarde tiepe mens is? Ek kan seker verkeerd wees, aangesien ek hom nie persoonlik ken nie, maar met die Pumas hier 2013 rond het hy sommer tussen die skare gaan sit op matchday en ek dink hy het 'n groot aandeel in die Pumas se relatiewe sukses die afgelope paar jaar?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 363
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 12:48pm
Een van die betere afrigters in die land, wat baie verig het met min hulpbronne, maar ek glo nie dat hy die tipe is wat tevrede sal wees om met iemand anders se kalwers te ploeg nie (spelers en mede hulpafrigters). 
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1030
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 1:24pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Ek dink nie De Jay het al onder vreeslik baie ander coaches gespeel nie. Hoewel ek ook vir Stonehouse rate, dink ek darem nie hy staan so ver bo al die ander coaches in SA uit, dat ek sal se hy het nie sy gelyke nie.
Ek ken n ou wat deel was van die Pumas se junior afrigtings strukture en ons het al so n bietjie gepraat oor Jimmy. Ek weet nie of hy lekker gaan inpas by die leeus se kultuur nie. Ek dink daar is n paar redes hoekom hy nie op Super rugby vlak kans kry by die ander franchises nie. Hy was al by n paar unies genoem as kandidaat, sowel as by ons.
Ek verbeel my iemand het so paar maande terug ook genoem dat hy nie sal inpas by ons "kultuur" nie.. Wat presies bedoel jy daarmee? Vir my wil dit voorkom of hy 'n baie "humble" sout van die aarde tiepe mens is? Ek kan seker verkeerd wees, aangesien ek hom nie persoonlik ken nie, maar met die Pumas hier 2013 rond het hy sommer tussen die skare gaan sit op matchday en ek dink hy het 'n groot aandeel in die Pumas se relatiewe sukses die afgelope paar jaar?
Ek het nie genoeg feite om dit as die waarheid te vertel nie, maar stories van coaching meetings wat sommer by strip clubs gehou word, het al die rondte gedoen. Die huidige Leeus bestuur sal nie sulke goed duld nie.

Hy het defnitief n groot aandeel in hulle sukses, tesame met die feit dat hulle dit nogal goed regkry vir n klein unie, om aan hulle spelers vas te hou. Baie van hulle huidige spelers speel ook al 4 of 5 jaar by die unie.

Sy naam is al genoem as moontlike kandidaat by elke groot unie, wanneer hulle in die mark is vir n afrigter, maar elke keer word iemand anders die pos aangebied. Daar moet tog n rede wees hoekom hy nog nie deur n groot unie aangestel is nie - miskien niks met sy afrigting as sulks te doen nie, maar dalk iets anders, soos dat hy dalk nie die maklikste ou is om mee saam te werk nie, ek weet nie.
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 759
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 1:34pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Ek dink nie De Jay het al onder vreeslik baie ander coaches gespeel nie. Hoewel ek ook vir Stonehouse rate, dink ek darem nie hy staan so ver bo al die ander coaches in SA uit, dat ek sal se hy het nie sy gelyke nie.
Ek ken n ou wat deel was van die Pumas se junior afrigtings strukture en ons het al so n bietjie gepraat oor Jimmy. Ek weet nie of hy lekker gaan inpas by die leeus se kultuur nie. Ek dink daar is n paar redes hoekom hy nie op Super rugby vlak kans kry by die ander franchises nie. Hy was al by n paar unies genoem as kandidaat, sowel as by ons.
Ek verbeel my iemand het so paar maande terug ook genoem dat hy nie sal inpas by ons "kultuur" nie.. Wat presies bedoel jy daarmee? Vir my wil dit voorkom of hy 'n baie "humble" sout van die aarde tiepe mens is? Ek kan seker verkeerd wees, aangesien ek hom nie persoonlik ken nie, maar met die Pumas hier 2013 rond het hy sommer tussen die skare gaan sit op matchday en ek dink hy het 'n groot aandeel in die Pumas se relatiewe sukses die afgelope paar jaar?
Ek het nie genoeg feite om dit as die waarheid te vertel nie, maar stories van coaching meetings wat sommer by strip clubs gehou word, het al die rondte gedoen. Die huidige Leeus bestuur sal nie sulke goed duld nie.

Hy het defnitief n groot aandeel in hulle sukses, tesame met die feit dat hulle dit nogal goed regkry vir n klein unie, om aan hulle spelers vas te hou. Baie van hulle huidige spelers speel ook al 4 of 5 jaar by die unie.

Sy naam is al genoem as moontlike kandidaat by elke groot unie, wanneer hulle in die mark is vir n afrigter, maar elke keer word iemand anders die pos aangebied. Daar moet tog n rede wees hoekom hy nog nie deur n groot unie aangestel is nie - miskien niks met sy afrigting as sulks te doen nie, maar dalk iets anders, soos dat hy dalk nie die maklikste ou is om mee saam te werk nie, ek weet nie.


Hy het mos ook die een game (as Pumas coach) so lekker blou oog gehad. Was my ouers se buurman wat vir Jimmy gevang het met sy vrouEmbarrassed
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 2:01pm
Wahahahahaha! 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.