Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Stadions leeg weens rugbybase se lawwe idees
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Friday 29 September 2017, kickoff 19:00 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Stadions leeg weens rugbybase se lawwe idees

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 16018
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stadions leeg weens rugbybase se lawwe idees
    Posted: 05-Sep-2017 at 12:07pm
http://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/stadions-leeg-weens-rugbybase-se-lawwe-idees-20170904

Rugbystadions word ál leër en dit lyk nie of toeskouers gou weer na wedstryde gaan stroom nie, skryf Gert van der Westhuizen.

Dis lankal nie meer ’n geheim dat daar groot probleme in Suid-Afrikaanse rugby is nie. Hoe groot dié probleme egter is, het einde verlede week vir almal duidelik geword. 
Die eens magtige Blou Bulle Maatskappy (BBM), dáár waar die losies en sitplekke op Loftus Versfeld eens op ’n tyd week ná week volgepak is, gaan begin om poste te verminder.

Die BBM sukkel deesdae om geld te maak, want mense in Pretoria kom kyk nie meer rugby nie. 
Die dae toe tot soveel as 50 000 mense op ’n Woensdagmiddag by ’n Curriebeker-uitspeelwedstryd opgedaag het, is skynbaar vir altyd verby. 

’n Dag later lees ons dat dié probleem ook nie net tot Pretoria beperk is nie. 

Die aantal toeskouers by Curriebeker-wedstryde oor die land heen word al hoe minder; selfs by stadions soos Nuweland en Kingspark waar die Westelike Provinsie en Haaie nog altyd toeskouers kon lok.Vanjaar wissel toeskouers by Curriebeker-wedstryde tussen sowat 3 000 tot 5 000 per wedstryd in stadions, soos Loftus, wat plek het vir tien keer soveel mense.

In 2015 was daar ’n gemiddeld van 12 267 toeskouers per Curriebeker-kragmeting en verlede jaar 6 773 per wedstryd.

Dit is duidelik dat Curriebekerrugby doodgaan en die land se rugbybase gee nie om nie.

Die Vrystaat, verlede jaar se kampioen, moes Saterdag met wat eintlik ’n Varsitybekerspan is teen die Haaie uitdraf omdat sy beste groep spelers ’n dag vroeër deel geword het van die nuutste internasionale foefie: die Pro14-reeks. (Van ondersteuners is verwag om tot 21:30 wakker te bly om op televisie te kyk hoe hul span ’n ordentlike pak slae teen Ulster kry.)

Die rugbybase sal in elk geval moet besin oor ’n nuwe plan vir professionele rugby.

Dié reeks is nog ’n voorbeeld van die ongesonde obsessie wat Suid-Afrika se rugbybase het om aan internasionale provinsiale reekse deel te neem, kom wat wil.

Dit word gedoen ondanks die feit dat Suid-Afrika weens sy geografiese ligging eintlik nêrens inpas nie. 

Ons is eenvoudig te ver van Europa en Australasië om ons deelname aan sulke reekse te regverdig.

Dis maklik en relatief goedkoop vir spanne in Europa om teen mekaar mee te ding. ’n Kort vliegtuigrit bring jou by jou teenstander se tuisstad uit. 

Jy kan dit selfs per trein of per bus bereik en gewoonlik is dit ook maklik genoeg vir ondersteuners om wegwedstryde by te woon.

Hoeveel Suid-Afrikaanse toeskouers het die tyd en die geld om hul spanne weg in Pro14-wedstryde te ondersteun? 

Hoeveel oorsese toeskouers kom hierheen vir sulke wedstryde?

Dit is nog veel moeiliker, verder en duurder om Superrugby-wedstryde in Australasië, Argentinië of Asië by te woon of vir mense in dié lande om na Suid-Afrika te kom. 

Unies maak dalk geld met uitsaairegte, maar dit is besig om die siel van rugby elke naweek stukkie vir stukkie uit te suig. 

Leë stadions met wedstryde wat weens televisie-uitsendings op onmoontlike tye soos 14:00 of selfs 19:30 en later begin, doen die spelers, die toeskouers en rugby geen gunste nie.

’n Mens kan nie help om te wonder of dit nie beter sou wees as ons eerder plaaslike rugby sedert 1992 behoorlik in alle gemeenskappe ontwikkel het nie as om alles op te offer ter wille van oorsese reekse.

Die rugbybase sal in elk geval moet besin oor ’n nuwe plan vir professionele rugby. 

Die ondersteuners het gewys hulle hou nie van die manier waarop dinge deesdae gedoen word nie. 

Rugby sukkel ook om nuwe ondersteuners te lok, want dit word nie behoorlik ontwikkel in gemeenskappe waar dit nog onbekostigbaar is en wat ’n nuwe geslag toeskouers kan oplewer nie. 

Dit is ’n ope vraag of die probleme waarmee rugby te kampe het dié sportsoort se base tot besinning sal bring.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, het byvoorbeeld onlangs gesê die deelname aan die Pro14-reeks kan die plaaslike rugbylandskap ingrypend verander.

Dit is selfs moontlik, het hy gesê, dat daar twee Springbokspanne gekies kan word: een wat in die Suidelike Halfrond speel en een wat in die Noordelike Halfrond meeding.

Dit sál nogal die rugbylandskap verander, kan ’n mens jou voorstel. Menige rugbyondersteuner sal dan nog verder wegbly van enigiets wat na ’n kaartjiekantoor lyk.

Hulle het mos al klaar gewys hulle is nie langer bereid om net as kitsbanke gebruik te word vir rugbybase se lawwe idees nie.



Edited by Transvaal - 05-Sep-2017 at 12:10pm
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Sep-2017 at 12:27pm
Baie goeie aetikel maar kwotas en die swak ekonomie het ook n groot uitwerking op die min ondersteuners
Back to Top
Rooibonte8 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Location: Rayton
Status: Offline
Points: 247
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rooibonte8 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Sep-2017 at 8:58pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Baie goeie aetikel maar kwotas en die swak ekonomie het ook n groot uitwerking op die min ondersteuners
Kwotas het die blou bulle sharks en wp op hulle kniee, ek was die laaste paar seisoene baie trots op Ackerman wat nie soos die ander gaan omrol en dood speel het nie en aanhou die beste spelers gekies, vir my lyk dit of ons nou die trein na die afgrond ook volg
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 5:59am
Ja Rooibonte dis waar dalk het die druk op Ackerman ook so begin raak dat hy nie me na die jaar se super rugby kon aangehou het om min kwotas te kies nie
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1001
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 6:22am
Kwotas speel beslis 'n rol, maar daar is hopeloos te veel rugby en dit veroorsaak ook dat belangstelling afneem. Dis wat met krieket ook gebeur het.. met al hierdie T20 toernooie het mense stadig maar seker versadig geraak. Ek is mal oor krieket maar kyk omtrent nou net wanneer SA teen een vd groot lande speel of as dit 'n Wêreldbeker is. In rugby oorvleuel elke liewe toernooi nou met 'n ander toernooi... so dis non-stop toernooie maar nie een van hulle kom tot sy reg as iets spesiaal nie want dis net nog 'n rugby wedstryd met nog verswakte spanne.

Edited by Goue Leeu - 06-Sep-2017 at 6:24am
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 7:32am
Goue leeu daai is verseker die waarheid ek onthou nog toe dis super 12 was, was van die wedstryde half 4 in die oggende en ek het opgestaan om te kyk nou is ek nie meer so erg oor dit nie sal die highlights kyk of so
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 876
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 9:35am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Kwotas speel beslis 'n rol, maar daar is hopeloos te veel rugby en dit veroorsaak ook dat belangstelling afneem. Dis wat met krieket ook gebeur het.. met al hierdie T20 toernooie het mense stadig maar seker versadig geraak. Ek is mal oor krieket maar kyk omtrent nou net wanneer SA teen een vd groot lande speel of as dit 'n Wêreldbeker is. In rugby oorvleuel elke liewe toernooi nou met 'n ander toernooi... so dis non-stop toernooie maar nie een van hulle kom tot sy reg as iets spesiaal nie want dis net nog 'n rugby wedstryd met nog verswakte spanne.
Very good summary of the issue. Just too much rugby. We struggle to even fit the Currie Cup in. 
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 591
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 11:40am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Kwotas speel beslis 'n rol, maar daar is hopeloos te veel rugby en dit veroorsaak ook dat belangstelling afneem. Dis wat met krieket ook gebeur het.. met al hierdie T20 toernooie het mense stadig maar seker versadig geraak. Ek is mal oor krieket maar kyk omtrent nou net wanneer SA teen een vd groot lande speel of as dit 'n Wêreldbeker is. In rugby oorvleuel elke liewe toernooi nou met 'n ander toernooi... so dis non-stop toernooie maar nie een van hulle kom tot sy reg as iets spesiaal nie want dis net nog 'n rugby wedstryd met nog verswakte spanne.


Dit is die groot probleem. Daar is ook nie meer `n game wat nie op tv is nie. Jare terug was al die games dieselfde tyd gespeel en net een was uitgesaai op TV (Nog goeie SAUK op  Topsport) . As jou span se game nie op TV was moes jy gaan kyk by die stadion as jy dit wou sien. Deedae kan jy sleg wees en met `n kas bier heel dag rugby kyk op `n saterdag en alles sien.

Interesante een vir die jonger mense op die site. TV was eers in 1975 uitgesaai in RSA e. Een van die groot opponente van TV was Doc Craven. Hy het daai tyd gese dat rugby op tv sal veroorsaak dat stadions leeg loop. EK dink hy het `n punt gehad en dit is een van die redes.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 16018
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 11:45am
TV het eintlik eers amptelik in 1976 begin, die 1975 uitsendings was toets uitsendings
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 12:53pm

Ja dis nogal interessant en Doc Craven was in die kol met die stadions gaan leeg loop maar kotas het ook die proses verder aangehelp

Back to Top
valie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 637
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 1:02pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Ja dis nogal interessant en Doc Craven was in die kol met die stadions gaan leeg loop maar kotas het ook die proses verder aangehelp

Ek dink darem nie dis tv seskuld dat stadions leegloop nie. Dan sou dit al in die vroee 80's begin leegloop het.

Ek dink dis n kombinasie van te veel rugby en swak kompetisie formaat. As die administrateurs beter beplan, kan ons weer begin skares trek.
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 591
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 2:33pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Ja dis nogal interessant en Doc Craven was in die kol met die stadions gaan leeg loop maar kotas het ook die proses verder aangehelp

Ek dink darem nie dis tv seskuld dat stadions leegloop nie. Dan sou dit al in die vroee 80's begin leegloop het.

Ek dink dis n kombinasie van te veel rugby en swak kompetisie formaat. As die administrateurs beter beplan, kan ons weer begin skares trek.


Ek weet nie jong. Ek het al baie mense hoor sê hulle gaan kyk nie want hulle kan beter sien op TV etc.
Back to Top
valie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 637
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 3:07pm
Originally posted by AK  AK  wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Ja dis nogal interessant en Doc Craven was in die kol met die stadions gaan leeg loop maar kotas het ook die proses verder aangehelp

Ek dink darem nie dis tv seskuld dat stadions leegloop nie. Dan sou dit al in die vroee 80's begin leegloop het.

Ek dink dis n kombinasie van te veel rugby en swak kompetisie formaat. As die administrateurs beter beplan, kan ons weer begin skares trek.


Ek weet nie jong. Ek het al baie mense hoor sê hulle gaan kyk nie want hulle kan beter sien op TV etc.
Dis ook waar, maar iemand soos ek, wat ver van Ellispark af woon, sou darem swaar gekry het as games nie op TV uitgesaai was nie.
Ek dink tv gee rugby en die spelers baie meer blootstelling as wat die geval sou wees sonder tv. Geen maatskappye sou ook spanne borg, as dit nie vir tv  was nie.

Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 591
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 3:17pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by AK  AK  wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Ja dis nogal interessant en Doc Craven was in die kol met die stadions gaan leeg loop maar kotas het ook die proses verder aangehelp

Ek dink darem nie dis tv seskuld dat stadions leegloop nie. Dan sou dit al in die vroee 80's begin leegloop het.

Ek dink dis n kombinasie van te veel rugby en swak kompetisie formaat. As die administrateurs beter beplan, kan ons weer begin skares trek.


Ek weet nie jong. Ek het al baie mense hoor sê hulle gaan kyk nie want hulle kan beter sien op TV etc.
Dis ook waar, maar iemand soos ek, wat ver van Ellispark af woon, sou darem swaar gekry het as games nie op TV uitgesaai was nie.
Ek dink tv gee rugby en die spelers baie meer blootstelling as wat die geval sou wees sonder tv. Geen maatskappye sou ook spanne borg, as dit nie vir tv  was nie.



Kyk, TV is nodig. Inkomste van TV is ver meer as enige iets by die stadion. Maar dink wel dit is deels hoekom stadions leer is.
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 808
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 4:37pm
Ek dink weer dit gaan oor kwaliteit . As mens dit met die musiek bedryf vergelyk , mens kan songs op cd of Itunes of enige ander plek kry . Maar tog as Mumford & sons kom toer verkoop hulle kaartjies binne minute uit . 

Mens wil die beste rugby spelers sien speel . hoekom sal mense wil gaan currie cup kyk as daar so n klomp spelers by die bokke en japan is . en die hele vrystaat groep sit in die Uk . 


Back to Top
valie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 637
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 6:11pm
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Ek dink weer dit gaan oor kwaliteit . As mens dit met die musiek bedryf vergelyk , mens kan songs op cd of Itunes of enige ander plek kry . Maar tog as Mumford & sons kom toer verkoop hulle kaartjies binne minute uit . 

Mens wil die beste rugby spelers sien speel . hoekom sal mense wil gaan currie cup kyk as daar so n klomp spelers by die bokke en japan is . en die hele vrystaat groep sit in die Uk . 


Ek stem saam. Daar is ook te veel rugby. As Mumford & sons elke naweek vir 8 maande sing, gaan hulle ook begin getalle verloor.
Back to Top
emiel View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 122
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Sep-2017 at 8:04pm
Glo nie TV is 'n noemenswaardige rede nie , d's meestal a.g.v. 'n keuse van kwantiteit bo kwaliteit sowel as te veel politiek (ras gedrewe politiek sowel as die die boetie boetie amateur politiek).
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 808
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Sep-2017 at 10:24am
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Ek dink weer dit gaan oor kwaliteit . As mens dit met die musiek bedryf vergelyk , mens kan songs op cd of Itunes of enige ander plek kry . Maar tog as Mumford & sons kom toer verkoop hulle kaartjies binne minute uit . 

Mens wil die beste rugby spelers sien speel . hoekom sal mense wil gaan currie cup kyk as daar so n klomp spelers by die bokke en japan is . en die hele vrystaat groep sit in die Uk . 


Ek stem saam. Daar is ook te veel rugby. As Mumford & sons elke naweek vir 8 maande sing, gaan hulle ook begin getalle verloor.

Net so . 

Ek voel ons moet se verkort Super rugby . Skyf die currie cup na die begin van die jaar . top 4 van Currie cup gaan deur Super rugby toe . selfde met die ITM cup , en die ozzie comp . en dan top 1 van Japan en Argentina . 

En as die bulel nie SR maak nie is dit tough stuff . en as die Lions dit nie maak nie . selfde storie  
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 876
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Sep-2017 at 12:31pm
Zibbie, I think you have hit the nail on the head. There is too much rugby, and the quality is not always the best. Add to that the price of tickets. I have found season tickets better value for money than single match tickets, especially if your team makes the play offs. And also the value adds are very different to the ones we used to get. I would love jersey's with my tickets like they used to give, but don't get anymore. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.055 seconds.