Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Snorre is nié in Saru-visier, sê Colquhoun
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Snorre is nié in Saru-visier, sê Colquhoun

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Snorre is nié in Saru-visier, sê Colquhoun
    Posted: 20-Feb-2018 at 3:38pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/snorre-nie-in-sy-visier-se-saru-20180220

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) beoog geen regsaksie teen die voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers nie, sê Andy Colquhoun, Saru se woordvoerder.

Dit volg op bewerings deur De Villiers dat Saru hom “op ’n swartlys geplaas het” nadat De Villiers, wat onlangs as die afrigter van Zimbabwe se nasionale span aangewys is, Maandag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg oor Saru mond uitgespoel het.

“Ek het ’n oproep van die Zimbabwiese Rugbyunie gekry wat sê daar is ’n probleem, hy kan my nie aanstel nie, omdat Saru my op ’n swartlys geplaas het,” het De Villiers volgens Sport24 gesê.

De Villiers beweer voorts Saru het ’n plaaslike unie geld aangebied om hom nie aan te stel nie.

“Toe Boland my as afrigter wou aanstel, het Saru hom R2 miljoen aangebied om my nie aan te stel nie. ’n Klein unie soos Boland kan nie nee sê vir daardie soort geld nie,” sê De Villiers.

Netwerk24 het De Villiers Dinsdag om kommentaar genader. Daar is aan hom genoem dat Saru sy uitlatings ten sterkste ontken.

“Mense kan maar sê wat hulle wil. Jy moet maar vir jouself besluit wat waar is,” sê De Villiers.

Toe hy gevra is of dit relevant is om sowat sewe jaar nadat hy weg is as die Bokke se afrigter in ’n woordestryd met sy voormalige werkgewer betrokke te raak, het hy sy humeur verloor.

“Dit is ’n baie swak vraag om te vra. Vra vrae wat relevant vir die land is,” het De Villiers gesê.

Saru het Dinsdag volstaan by sy antwoord oor die uitlatings wat De Villiers Maandag gemaak het.

“Ons wens Peter geluk met sy aanstelling as afrigter van Zimbabwe. Daar is geen waarheid in sy aantyging dat ons in sy pad wil staan nie,” sê Colquhoun.

Die Boland Rugbyunie het Dinsdag by monde van sy president, Ivan Pekeur, ontken dat die unie geld aangebied is om nie De Villiers as breier aante stel nie.

Boland sal nooit geld van enige persoon of instansie aanvaar as dit om duistere redes is nie. Ons is arm maar nooit korrup nie.

"Boland sal nooit geld van enige persoon of instansie aanvaar as dit om duistere redes is nie. Ons is arm maar nooit korrup nie. Ons wil ons nie laat betrek by moddergooiery nie.

"SARU is ons moederliggaam en ons het alle respek vir haar. ‘n Goeie naam is mos beter as al die goud en silwer van hierdie wêreld. Ons kry liewer swaar maar aanvaar geen omkoopgeld nie."

De Villiers was van 2008 tot 2011 die Springbokke se afrigter.

* Die Boland-rugbyunie is om kommentaar genader, maar het nog nie gereageer nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.031 seconds.