Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Skosan: Leeus moet krane nóú oopdraai
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Waratahs at Ellis park on Saturday 28 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Skosan: Leeus moet krane nóú oopdraai

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 22361
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Skosan: Leeus moet krane nóú oopdraai
    Posted: 12-Jul-2018 at 7:34am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/skosan-leeus-moet-krane-nou-oopdraai-20180711

“Wanneer die druk op sy ergste is, is ons vegters.”

Só sê die Leeus se Springbok-vleuel Courtnall Skosan, iemand wat weet wat dit verg om terug te veg wanneer jy katswink op die grond lê.

’n Besering wat hy in ’n voorseisoense oefening opgedoen het, het hom vir vyf maande op die krukkelys gehou. Sy eerste Superrugby-kragmeting vanjaar was eers op 29 Junie, in die Leeus se vorige kragmeting met die Haaie.

“Geestelik was dit veral baie taai om nie deel van die aksie te kon wees nie en veral daardie eerste paar weke ná die besering was die ergste tydperk in my rugbyloopbaan,” erken hy.

“My geloof en die ondersteuning van my vrou (Semone) het my deur hierdie tydperk gedra. Die een voordeel om uit te moes wees, is dat dit my gehelp het om ’n noue band met my kind (CJ) te vorm en ook meer gehaltetyd saam met my vrou deur te bring. Van die eerste vier maande van my kind se lewe was ek weens rugby vir net een daarvan deel en nou kon ons ’n veel hegter band met mekaar vorm,” vertel Skosan.

Terwyl hy langs die kantlyn was, het Aphiwe Dyantyi nie net die kans aangegryp om hom in die nr. 11-trui van die Leeus te vestig nie, maar het hy só goed gevaar dat hy nou ook die Springbokke se voorkeur-kandidaat as linkervleuel is.

“Dit wys nou maar net weer hoe dinge kan gebeur. Aphiwe speel skitterende rugby en die mededinging tussen ons om vir die Leeus te begin, sal baie straf wees,” vertel Skosan.

“Ons veg albei om een trui en ek glo dit gaan die beste in ons albei na vore bring,” sê Skosan.

Wat Saterdag se laaste ligastryd teen die Bulle op Ellispark betref, sê Skosan dit is die belangrikste wedstryd van die seisoen.

“Die Leeus het nog nie vanjaar vir die volle 80 minute gespeel soos ons kan nie en ons moet nou daardie soort vertonings begin lewer,” sê hy.

Neil de Bruin, die aanvalsafrigter, voel ook die tyd vir praat is nou verby en dat die praatwerk nou op die veld gedoen moet word.

“Ons wil steeds met vryheid speel, maar nie te veel foute maak nie. Ons sal beslis ook nie nou in ons dop kruip net omdat hierdie wedstryd amper soos ’n uitspeelstryd is nie,” vertel hy van die kragmeting teen die Bulle.

Hierdie is sy eerste seisoen as deel van die Leeus se senior afrigtingspan en hy sê hy het soveel wyser geword en sy afrigtingshorison verbreed.

Hoe is dit om saam met sy pa, Swys (die hoofafrigter), te werk?

“Dit kan nogal met tye ’n uitdaging wees om jou pa as jou baas te hê, maar ons het soveel wedersydse respek vir mekaar dat ons baie goed saamwerk,” vertel hy.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1474
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 8:31am
I agree 100% with Skosaan. If the Lions play to their potential, there are very few teams that can match them.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1560
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 8:47am
I agree.. we need to be switched on right from the start, back ourselves, play for eachother and play for 80 (plus) minutes. Go Lions!!! Lay down a marker this week end!
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1755
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 9:07am
Kom ons hoop en dit is al wat ons vra,click nou net vir die laaste 4 games...
Once a Lion always a lion
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Online
Points: 3014
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 9:30am
As dit n close game is, vat asb tog net die 3 punte!!!!
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1560
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 9:35am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

As dit n close game is, vat asb tog net die 3 punte!!!!
Stem! Wen eers die wedstryd en bekommer dan oor die bonuspunt (dis nou indien die Waratahs vasval teen die Brombere).
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1474
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 9:42am
Winning the game is the most important thing. Bonus points just that a bonus. We need to earn the right to try for the bonus point. If the rolling maul doesn't work twice, take the kick. Build scoreboard pressure and force the Bulls into making mistakes.
Back to Top
petri View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 04-Apr-2016
Status: Offline
Points: 181
Post Options Post Options   Thanks (1) Thanks(1)   Quote petri Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Jul-2018 at 11:08am
Ek het nie geweet Neil is die aanvalsafrigter nie. Was nog die hele tyd onder die indruk dat Swys daardie pos behou het.

Dit verduidelik vir my baie hoekom ons aanval so "in-ept" lyk. Ek's jammer, maar met die talent wat ons het, behoort ons meer uit ons spelers te kry. Ek wonder of Swys sy eie seun sal afdank omdat hy nie die mas opkom nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.