Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby World Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Skandaal in w├¬reldrugby skend WB se integriteit
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Skandaal in wêreldrugby skend WB se integriteit

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Skandaal in w├¬reldrugby skend WB se integriteit
    Posted: 16-May-2018 at 11:24am
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/skandaal-in-wereldrugby-skend-wb-se-integriteit/

Waarskynlik die grootste skandaal in die geskiedenis van wêreldrugby, te wyte aan opperste nalatigheid en arrogansie aan die kant van die rugbybase, is op die koop toe ʼn flagrante skending van die Wêreldbeker se integriteit.

W├¬reldrugby (WR), die internasionale beheerliggaam van die sport, het Dinsdag ÔÇô n├í ╩╝n gesloer van drie maande ÔÇô Roemeni├ź, Spanje ├ęn Belgi├ź uit die WB-aanspraakstryd geskors.

Dit beteken onder meer dat Rusland, wat die vierde beste op die vlak onder die Sesnasiesreeks gevaar het (dus Europa se tiende beste span), nou Japan toe gaan vir die WB-toernooi; en dat Duitsland wat vanjaar nie ╩╝n enkele toets kon wen nie, ╩╝n kans in die uitspeelstryd teen die Europese derdevlakwenner, Portugal, kry.

Roemeni├ź, Spanje en Belgi├ź is geskors omdat hulle onverkiesbare (onwettige) spelers in hul spanne vir die Europese aanspraakreeks ingesluit het.

Benewens die reekspunte wat afgetrek is, is die spanne met tussen £50 000 (byna R850 000) en £125 000 (oor die R2,1 miljoen) beboet.

WR is konsuis ÔÇťuiters teleurgestel in die ongelukkige en onvermydelike gebeureÔÇŁ, maar kan hoegenaamd nie sy hande in onskuld was nie. As internasionale beheerliggaam is hy in die beste posisie om verkiesbaarheid te kontroleer, en hy moet doodgewoon sy verantwoordelikheid in di├ę opsig aanvaar.

Die groot vraag is hoe ╩╝n span onwettige spelers in ses tot agt toetse kan gebruik sonder dat die owerhede lont ruik. Dis eenvoudig nie goed genoeg nie.

Dalk moet WR maar aanvaar hy is onbekwaam om die spel wêreldwyd te vestig en na behore te beheer.

Die hele onverkwiklike aff├¬re het begin toe Rugby Europa (RE), die gewestelike beheerliggaam, ╩╝n Roemeense skeidsregter aangestel het om die wedstryd tussen Spanje en Belgi├ź in die Europese WB-aanspraakreeks te hanteer.

Spanje het daarop aangedring dat ╩╝n onbetrokke blaser aangestel word omdat ╩╝n Spaanse nederlaag Roemeni├ź se plek in die WB-toernooi ten koste van Spanje sou verseker. ╩╝n Arrogante amptenary het die Spaanse versoek van die hand gewys.

Die Spaanse Leeus het teen alle verwagting in verloor, die vinger na die skeidsregter gewys, en ge├źis dat die wedstryd oorgespeel word.

Dis t├│├ę dat die beskuldigings van onwettige spelers links en regs begin vlieg, en dit RE se verwaande amptenary totaal ontredderd laat, sodat WR uiteindelik met die aanstelling van ╩╝n regskommissie moes ingryp.

Die resultaat is die driedubbele skorsing.

Dit volg nadat Tahiti ook vroe├źr in Oseani├ź uit die WB-aanspraakreeks geskors is, nadat hy onwettige spelers teen die Cook-eilande gebruik het.

WR sal ╩╝n plan moet maak om behoorlik toesig oor die verkiesbaarheid van spelers in toetsspanne onder sy toesig te hou. Hy kan nie di├ę verantwoordelikheid verplaas nie.

Die WB-toernooi en die spel in geheel se integriteit is ernstig in gedrang.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3302
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-May-2018 at 11:50am
Wat is n onwettige speler? Speler van ander lande?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-May-2018 at 11:55am
Blykbaar wat gebeur het is dat hulle spelers gekies het wat reeds vir ander lande se 2de internasionale span gespeel het, soos Frankyk se onder 20 span.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-May-2018 at 11:56am
Maar dis erg dat al 3 lande hieraan skuldig bevind is. Dalk is dit meer algemeen as wat ons dink.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3302
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-May-2018 at 12:39pm
Ja dis erg dat al 3 lande dit gedoen het, vir n aantal wedstryde, sonder dat die IRB dit agterkom. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.039 seconds.