Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Club Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - SA spanne 'stel Europeers teleur'
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Friday 29 September 2017, kickoff 19:00 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

SA spanne 'stel Europeers teleur'

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 16018
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: SA spanne 'stel Europeers teleur'
    Posted: 13-Sep-2017 at 12:05pm
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sa-pro14-spanne-stel-europeers-teleur-20170913

Die power vertonings deur die Vrystaat-Cheetahs en Southern Kings in die eerste twee weke van hul toetrede tot die Pro14-rugbyreeks, is met teleurstelling in Europa begroet.

Die Cheetahs en Southern Kings het tot dusver gesukkel om fisiek die mas teen die Europese klubs op te kom. 

Dié twee spanne, wat met groot fanfare ’n nuwe tuiste in dié kompetisie gekry het ná hulle uit Superrugby gepos is, het reeds 180 punte afgestaan en net 57 aangeteken.

Dan van Zyl, wat ’n enkele toets vir die Springbokke gespeel het en deesdae Leinster se ontwikkelingsbeampte en ook ’n afrigter by die klub is, het vanuit Dublin gesê die klubs in die Pro14-kompetsie het baie beter spel van die Cheetahs en Kings verwag.

Leinster is een van die sterkste klubs in die Pro14-reeks en in Europa.

Van Zyl, wat onder andere vir die Stormers op sy dag uitgedraf het, het gesê hy dink beslis Suid-Afrikaanse spelers en die rugbypubliek het die gehalte van rugby in die Noordelike Halfrond, asook in die Pro14-reeks onderskat.

Dit was in die Kings se twee wedstryde, teen die Scarlets en Connacht en die Cheetahs se wedstryde teen Ulster en Munster duidelik dat hulle fisiek ’n tree agter hul Europese eweknieë is en dikwels by die afbreekpunte en vaste fasette uitoorlê word. 

“Almal hier het gedink die Suid-Afrikaanse spanne sou beter wees, aangesien hulle reeds ’n Superrugby-seisoen agter die rug het. Die Europese spanne is nog maar in die voorseisoen met geen van hul voorste internasionale spelers wat al in aksie is nie.

“Ek dink die klipharde verdediging in Europa en die spel by die afbreekpunte was tot dusver vir die Suid-Afrikaanse spanne moeilik om baas te raak.”

“Die verdedigingslinies hier is baie beter en nie so passief soos in die Suidelike Halfrond nie. Hulle sal moet leer om dié tipe opskietverdediging baas te raak.”

Dit is egter nie al wat moet verbeter nie.

“Die vaste fasette moet ook sterk wees en daar moet verskillende maniere wees waarop jy aanval. Suid-Afrikaanse rugby is baie patroonmatig, maar hulle sal moet leer om meer aanpasbaar en instinktief op die veld te wees.”

Daar wag nou ’n uitdagende tydperk op die Suid-Afrikaanse spanne om hul insluiting in die reeks te regverdig. Die Cheetahs speel in die komende weke tuiswedstryde teen Zebre, Leinster, Ospreys en Glasgow, terwyl die Kings tuiswedstryde teen Leinster en Zebre sal speel. 

“Hulle sal hul tuiswedstryde moet wen, anders sal die belangstelling wat hul toetrede tot die kompetisie gewek het, vinnig kwyn,” waarsku Van Zyl.

“Indien die Cheetahs en Kings die Europese spanne wil klop, sal hulle hul vaardighede moet uitbrei en die tempo van die wedstryd verhoog. Hulle sal ook die omgekeerde besit wat hulle afstaan tot minder as 12 kere per wedstryd moet beperk.”

Die tyd, meen Van Zyl, sal leer of die Cheetahs en Kings die mas sal opkom. 

“Dit sal natuurlik tyd neem om by ’n nuwe kompetisie en omgewing aan te pas, maar dit moet vinnig gebeur.”

Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 876
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 1:42pm
Right, so the Kings have had to rebuild, so are in a similar position to the European Clubs. The Cheetahs are not exactly the best SA team either. They play exciting rugby, but have forgotten about defence. The Cheetahs played 2 of the best teams in the comp, while the Kings played mid table teams. Both SA teams should beat Zebre. The other teams will be a different kettle of fish, but the SA teams should provide a sterner test at home.
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 1:59pm
Die probleem met die cheetahs is hulle het nie n pak om daai spanne soos munster en so aan te vat nie
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 876
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 2:30pm
The heavier and softer fields up north would not have helped the Cheetahs cause at all. It will get worse during winter. They will have to practice in mud to get used those conditions that they will face. The Kings are fortunate. They can just go down to a beach and do some runs in the sand.
Back to Top
gertjie0000 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Mar-2017
Status: Offline
Points: 207
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote gertjie0000 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 2:32pm
Dis waar daai weer daikant raak rof op stadiums jy speel partymal omtrent is sneeu
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 876
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 2:42pm
However, the Cheetahs pack will have to adapt, move the ball wide, and the loosies to hit the breakdowns hard, and try to avoid scrums.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 2129
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Sep-2017 at 3:17pm
Wat de donner het hulle verwag van ons 2 swakste spanne in SA??? Hulle is uit super rugby geskop vir n rede...
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 808
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Sep-2017 at 1:01pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wat de donner het hulle verwag van ons 2 swakste spanne in SA??? Hulle is uit super rugby geskop vir n rede...

ja confuse my ook . almal het aangegaan oor hoe goed hulle verwag ons spanne gaan doen . 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.039 seconds.